Jat (Cyrillies)

Ѣ (kleinletter: ѣ) of "jat" is ’n letter van die Ou Cyrilliese alfabet wat nog net in Kerkslawies gebruik word.

Cyrilliese letter Ѣ
Cyrilliese alfabet
А Б В Г Ґ Д Ђ
Ѓ Е Ё Є Ж Ѕ З
И І Ї Й Ј К Л
Љ М Н Њ О П Р
С Т Ћ Ќ У Ў Ф
Х Ц Ч Џ Ш Щ Ъ
Ы Ь Э Ю Я    
Ou letters
Ҁ Ѹ Ѡ Ѻ Ѿ Ѣ  
Ѥ Ѧ Ѫ Ѩ Ѭ Ѯ Ѱ
Ѵ Ѷ Ѳ        

Dit het waarskynlik aanvanklik die lang klinker /æː/ voorgestel. In moderne Slawiese tale het "jat" mettertyd in ander klanke verander, soos /ʲe/ in Russies, /ʲi/ in Oekraïens, /e/ in Serwies, /ije/ in Kroaties, ens. Dit het dus nie meer ’n onafhanklike foneem voorgestel nie, maar verskillende foneme wat ook deur ander Cyrilliese letters voorgestel is. Die letter is daarna tydens verskeie taalhervormings uit Slawiese alfabette gelaat.

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.