Japannese letterkunde
Japannese letterkunde is die liggaam van geskrewe werke wat deur Japan se skrywers in Japannees gebesig is, of anders gestel- wat in sy vroegste beginjare, in 'n tydgleuf waarin Japan geen geskrewe taal gehad het in die Chinese klassieke taal nie - gebruik was.
Wat beide hoeveelheid, en kwaliteit, betref, is die Japannese letterkunde een van die belangrikste literatuurbronne en-skatte in die wêreld, vergelykbaar in ouderdom, rykheid van idioom, en omvang, tot die grootste letterkundige bewegings, alhoewel die ontwikkeling daarvan heeltemal anders verloop het.
Die werke wat oorleef het, behels 'n literêre tradisie wat vanaf die 7de eeu tot die hede strek; en gedurende hierdie tyd was daar nooit wat genoem kan word 'n "donker tydperk" sonder enige literêre produksies nie. Nie net het poësie, die roman en die drama 'n lang en deurleefde geskiedenis in Japan nie, maar sommige literêre genres wat nie so hoog geag word in ander lande nie, insluitende dagboeke, reisverhale en boeke van willekeurige gedagtes, is ook prominent.
Die aansienlike getal skrywes van Japannese in die Sjinese klassieke taal (van veel groter omvang en belang as vergelykbare Latynse geskrifte deur Engelse skrywers) getuig van die groot Japannese verskuldigheid aan Sjina, wat die literatuur betref.
Selfs die geskrifte wat geheel en al in Japannees geskryf was, bied 'n buitengewone verskeidenheid style aan, welke nie net in terme van die natuurlike evolusie van die taal verklaar kan word nie.
Sommige style was deurlopend en duidelik beïnvloed deur die oorheersing en belangrikheid van die Chineese woordeskat en sintaksis, maar andere het ontwikkel in reaksie op die interne vereistes van die verskillende genres, of dit nou die teerheid van die haikoe ('n gedig in 17 lettergrepe) was, of die bombasme van die dramatiese resitasie.
Die probleme met die lees van die Japannese letterkunde kan skaars oordryf word; en selfs 'n spesialis sal waarskynlik moeilikhede ondervind om 'n spesifieke werk van dié van 'n ander tydperk of genre te onderskei. Die Japannese styl het deurlopende dubbelsinnighede bevat, en die spraakdeeltjies wat nodig was vir die eenvoudige begrip van 'n stelling was dikwels as onnodig of as te puristies beskou.
Soms is die enigste leidraad betreffende die onderwerp of voorwerp van 'n sin die vlak van beleefdheid waarin die woorde geplaas word; Byvoorbeeld, die werkwoord mesu (wat beteken om te eet, om te dra, om in 'n kar te ry, ens.) dui bloot 'n handeling aan wat deur 'n gesiene persoon uitgevoer word.
In baie gevalle is die begryp van 'n eenvoudige sin afhanklik van vertroudheid met die agtergrond van 'n bepaalde tydperk. Die werkwoord miru, om te sien, het in die 10de en 11de eeu gelykenisse vertoon met om 'n verhouding te hê met, of selfs om te trou tydens die Heian-tydperk, toe mans oor die algemeen net vroumense kon sien nadat hulle intiem geword het.
Die lang tydperk van Japannese isolasie in die 17de en 18de eeu het tot gevolg gehad dat die literatuur baie provinsiaals was, oftewel slegs verstaanbaar vir persone wat 'n gemeenskaplike agtergrond het; byvoorbeeld; die uitdrukking 'n bietjie rook het luidrugtig opgedraal (kemuri tachisawagite), was die enigste aanleiding wat lesers van die laat 17de eeu nodig gehad het om te besef dat 'n skrywer verwys na die Groot Vuur van 1682, wat die Shogunale hoofstad van Edo (die moderne stad Tokio vernietig het.
Ten spyte van die probleme wat voortspruit uit sulke eienaardighede of idiosinkrasiteite, is Japannese letterkunde van alle tydperke, besonder aantreklik vir moderne lesers, of dit nou in die oorspronklike vorm of in die vertaling gelees word.
Aangesien dit meestal subjektief is en gekleur is deur 'n emosionele, eerder as intellektuele of moralistiese toon, het die temas 'n universele gehalte wat byna onaangeraak is deur tyd.
Om 'n dagboek deur 'n Japannese hofdame van die 10de eeu te lees, is nog steeds 'n verrykende en genotvolle ervaring, want haar diepste gevoelens word met soveel eerlikheid en intensiteit beskryf, wat as't veroorsaak dat die hedendaagse leser die diskrepansie en afstandelikheid wat deur die verloop van tyd en die geskiedenis veroorsaak is, kan vergeet, en die verskille in sosiale gebruike oor die hoof kan sien wat haar wêreld van vandag se wêreld skei.
Die "suiwer" Japannese taal, onbesmet deur Sjinese invloed, het merkwaardig min woorde van 'n abstrakte aard bevat. Net soos Engels woorde soos moraliteit, eerlikheid, geregtigheid en dies meer uit die vasteland geleen het, het die Japannese hierdie terme van Sjina geleen. Alhoewel die Japannese taal gebreke getoon het betreffende die woordeskat wat geskik is vir 'n Konfúsiese essay, kon dit aan die ander kant byna oneindige skakerings van emosionele inhoud uitdruk.
'n Japannese digter wat ontevrede was met die beperkings wat deur sy moedertaal neergelê is; of wat nie-emosionele begrippe wou beskryf - of dit nou die rustige wandeling van 'n bejaarde aan 'n rivier was; of die digter se bewustheid van sy onbeduidendheid teenoor die grootsheid van die heelal - het van nature gegraviteer daarna om poësie in die Sjinese taal te skryf. Vir die grootste deel het Japannese skrywers; ver van die verwagting dat hulle ontevrede sou voel met die uitdrukkingsmoontlikhede wat deur die beperkinge van hul taal opgelê is; oortuig daarvan geraak dat 'n virtuose perfeksie in frasering, en 'n akute verfyning van sentiment, belangriker was vir poësie as die uitspraak van intellektueel bevredigende konsepte.
Vanaf die 16de eeu is baie woorde wat van die Japannese poësie uitgesluit is weens hul vreemde oorsprong of hul nederige betekenisse; na aanleiding van die voorskrifte van die "kodes" van poëtiese diksie wat in die 10de eeu gevestig is; ingesluit deur beoefenaars van die haikoe, welke oorspronklik 'n ikonoklastiese, gewilde versvorm was. Hierdie kodes van poëtiese diksie, vergesel van 'n aansienlike liggaam van kritiek, het die skepping van 'n akute literêre sensitiwiteit tot gevolg gehad, veral gevorm en gekoester deur die tradisies van die Hof, en is gewoonlik saamgestel deur die voorste digters of dramatiste self. Hierdie kodes het 'n remmende effek op nuwe vorms van literêre samestelling uitgeoefen, maar hulle het ook gehelp om 'n kenmerkende aristokratiese toon te behou. Die Japannese taal self het ook poëtiese instrumente en vorme gevorm. By Japannees ontbreek 'n spanningsaksent en betekenisvolle rym (alle woorde eindig in een van vyf eenvoudige vokale), welke twee tradisionele kenmerke van poësie in die Weste is.
Daarteenoor word poësie in Japannees onderskei van prosa, hoofsaaklik omdat dit bestaan uit wisselende lyne van vyf en sewe lettergrepe. Nietemin, as die intensiteit van emosionele uitdrukking laag is, kan hierdie onderskeid alleen nie 'n gedig daarvan red om in prosa te verval nie.
Die moeilikheid om 'n hoë vlak van poëtiese intensiteit te handhaaf, mag verantwoordelik wees vir die verkieslikheid van kortvers vorms wat met perfeksionistiese sorg geskryf kan word. Maar, hoe hartroerend 'n tanka dan ook mag wees, (vers in 31 lettergrepe) kan dit duidelik nie die funksies vervul van langer poëtiese vorme nie. Daar is ook geen Japannese ekwivalente tot die lang, epiese gedigte van die Westerse letterkunde soos bv. John Milton se Paradys Verlore, N.P. van Wyk Louw se Raka of Dante Alighieri se Die Goddelike Komedie nie. In pleks hiervan, het die Japannese digters hul pogings daartoe gewend om elke lettergreep van hul komposisies te verbeter, die inhoud van 'n tanka deur voorstelle en toespeling uit te brei, en skakerings van toon en diksie meer aan te prys as oorspronklikheid of vryheid van uitdrukking.
Die vloeibare sintaksis van die prosa beïnvloed nie net styl nie, maar ook inhoud. Japannese sinne is soms van buitengewone lengte, reagerende op die subjektiewe draaie en verwringing van die skrywer se gedagtewêreld; en gladde oorgange van een stelling na die volgende, eerder as strukturele eenheid, word beskou as die merk van uitstekende prosa. Die langer werke toon dienooreenkomstig by tye 'n gebrek aan algehele struktuur van die soort wat in die Weste geassosieer word met Griekse konsepte van literêre vorm, maar bestaan in pleks daarvan uit episodes wat chronologies of deur ander assosiasies verbind is.
Die probleme wat Japannese skrywers ondervind om hul indrukke en persepsies in volgehoue werke te organiseer, kan die ontwikkeling van die dagboek en reisverhaal help verduidelik, genres waarin opeenvolgende dae of die opeenvolgende stadia van 'n reis 'n struktuur bied vir andersins nie-verwante beskrywings. Japannese letterkunde bevat sommige van die wêreld se langste romans en toneelstukke, maar die genialiteit daarvan word die beste in die korter werke vertoon, hetsy dit nou die tanka, die haikoe, die Noh opvoering, of die poëtiese dagboeke is.
Japannese letterkunde toon baie direkte invloede uit Sjina, maar die kenmerkende literêre werke is opvallend verskillend. Die tradisie van vroulike skryfwerk, veral van sulke introspektiewe werke soos dagboeke, het 'n unieke skakering aan Japannese prosa gegee wat heeltemal anders is as die meer objektiewe, manlike Sjinese geskrifte. Alhoewel die Japannese (selfs deur sommige Japannese) gekritiseer is vir hul nabootsing van Sjinese voorbeelde, vooruitdateer die vroegste Japannese romans eintlik hul Sjinese eweknieë met eeue, en die Japannese teater het inderdaad onafhanklik van Sjinese invloede ontwikkel.
Omdat die Sjinese en Japannese tale nie verwant is nie, het Japannese digkuns natuurlik verskillende vorme geneem, alhoewel Sjinese poëtiese voorbeelde en literêre teorieë dikwels in die gedagtes van die Japannese digters aanwesig was. Japannees en Koreaans mag verwante tale wees, maar Koreaanse literêre invloede was onbeduidend, hoewel die Koreane 'n belangrike rol gespeel het in die oordrag en verplanting van Sjinese literêre en filosofiese werke na Japan. Poësie en prosa wat in die Koreaanse taal geskryf is, was vir die Japannese tot relatief onlangs heeltemal onbekend.
Van die 8ste tot die 19de eeu het Sjinese letterkunde meer prestige onder geleerde Japannese geniet as hul eie letterkunde; maar hul liefde vir die Japannese klassici, veral dié wat in die Hof in die 10de en 11de eeu geskryf en of gekomponeer is, het geleidelik tussen die hele volk versprei en letterkundige uitdrukking in elke vorm beïnvloed, selfs die liedjies en verhale deur nederige mense wat totaal verwyderd van die aristokratiese wêreld was.
Die eerste literatuurkuns in Japannees is meegebring deur beïnvloeding uit Sjina. Die Japannese was nog steeds relatief primitief en sonder 'n literêre korpus, toe kennis van die Sjinese beskawing hul geleidelik in die eerste vier eeue AD begin bereik het. Spoedig is baie kenmerke van hierdie beskawing geassimileer, en die Japannese skrifgeleerdes het Sjinese karakters as 'n skryfstelsel aangeneem, alhoewel 'n alfabet (as een beskikbaar was) vir die Japannese taal oneindig meer sou beteken en daarvoor geskik sou wees. Die karakters, wat eers ontwerp is om Sjinese eenlettergrepige begrippe voor te stel, kon slegs met groot vindingrykheid gebruik word om die agglutinatiewe vorme van die Japannese taal voor te stel. Die uiteindelike gevolg was chaoties, wat aanleiding gegee het tot een van die mees ingewikkelde skryfstelsels wat ooit uitgevind is. Die gebruik van Sjinese karakters het die uitdrukkingswyses baie beïnvloed en het gelei tot 'n assosiasie tussen literêre samestelling en kalligrafie wat eeue lank geduur het.
Die vroegste Japannese tekste is in Sjinees geskryf, aangesien geen sisteem van transkripsie van die klanke en grammatikale vorme van Japannees toe al uitgevind was nie. Die oudste bekende inskripsie, op 'n swaard wat dateer van ongeveer 440 AD, het reeds 'n mate van normale Sjinese gebruik getoon ten einde Japannese name en uitdrukkings te kon skryf. Die mees akkurate wyse om Japannese woorde te skryf was om Sjinese karakters nie vir hul betekenisse te gebruik nie, maar om hul fonetiese waardes, wat elke karakter 'n uitspraak gegee het wat ooreenstem met die Sjinees. In die oudste bestaande werke, die Kojiki (712) en Nihon Shoki, of Nihon-gi (720; Kronieke van Japan van die vroegste tye tot 697 AD), word meer as 120 liedjies, sommige wat gedateer kan word tot die 5de eeu nC, in fonetiese transkripsie gegee, ongetwyfeld omdat die geluide en artikulasies vir die Japannese baie belangrik was.
In hierdie twee werke, beide as amptelike "histories" van Japan bekend, is baie afdelings geheel en al in Sjinees geskryf; maar dele van die Kojiki was saamgestel uit 'n ingewikkelde mengsel van tale wat somtyds van die Sjinese karakters vir hul betekenis gebruik gemaak het, en somtyds vir hul klank.
Die Kojiki, hoewel vereer as die oudste dokument aangaande die mites en geskiedenis van die Japannese, was nie in literatuurversamelings ingesluit nie tot ten minste die 20ste eeu. Die mites in die Kojiki is somtyds betowerend, maar die enigste ware literêre dele van die werk is die liedjies. Die vroeë liedere het nie 'n vaste metriese vorm nie;en die lyne, bestaande uit 'n onbepaalde aantal lettergrepe, is uitgerek tot onreëlmatige lengtes wat geen begrip van poëtiese vorm toon nie. Sommige liedere is blykbaar herwerk, miskien toe die manuskrip in die 8ste eeu getransskribeer is na wat die klassieke Japannese versvorm sou word naamlik, die tanka (kort gedig), bestaande uit vyf reëls van vyf, sewe, vyf, sewe , en sewe lettergrepe.
Verskeie poëtiese instrumente wat in hierdie liedjies gebruik word, soos die makura kotoba ('kussingswoord'), 'n soort vaste sobriquet, het 'n kenmerk van latere poësie gebly. Altesaam 500 primitiewe liedere is in verskeie versamelings bewaar. Baie beskryf reise, en vertoon 'n fassinasie met plekname, wat sigbaar is in die liefdevolle opsomming van berge, riviere en dorpe met hul profetiese byname. Die liedere was tot groot skaal ontwikkel in die gazetteers (fudoki), en saamgestel in die 8ste eeu. Hierdie werke, van slegs verbygaande literêre belang, bestee baie aandag aan die volksoorsprong van verskillende plekname, sowel as ander plaaslike legendes.
'n Pragtige poësiebundel, die Man'yōshū (saamgestel na 759, Tien Duisend Blare), is die enkele grootste literêre monument van die Nara-tydperk (710-784), alhoewel dit poësie bevat wat in die vorige eeu geskryf is, indien nie vroeër nie. Die meeste van die 4.500 of so gedigte bestaan uit tanka, maar die meesterstukke van die Man'yōshū is die 260 chōka ("lang gedigte"), wat tot 150 lyne in lengte is en in die vorm van alternatiewelike lyne van vyf en sewe lettergrepe gegiet is, gevolg deur 'n afsluitende lyn in sewe lettergrepe.
Die amplitude van die chōka het die digters toegelaat om temas te behandel wat onmoontlik binne die kompas van die tanka tuishoort - of dit nou die dood van 'n vrou of kind is, die glorie van die keiserlike gesin, die ontdekking van 'n goudmyn in 'n afgeleë provinsie of die las van militêre diens.
Die grootste van die Man'yōshū digters, Kakinomoto Hitomaro, het in die laat 7de en vroeë 8de eeu as 'n soort digter-laureaat gedien; wat die hofhoofde tydens hul uitstappies voorsien het van odes en klaagliedere vir oorlede familielede van die keiserlike familie.
Moderne akademici het al gepostuleer dat die chōka as satanuitdrywing van die dooies ontstaan het, en die geeste van pasgestorwe persone kon uitdoof deur hul dade te herhaal en te belowe dat hulle nooit vergeet sal word nie. Sommige van Hitomaro se meesterwerke beskryf op so 'n oortuigende wyse die glorie van prinse of prinsesse wat hy nooit ontmoet het nie, dat enige verskille tussen "openbare" uitdrukkings van verdriet, en sy persoonlike gevoelens, vervaag. Hitomaro se chōka is uniek in die Japannese poësie, danksy hul uitstekende kombinasie van beeldvorming, sintaksis en emosionele krag. Dit is inderdaad werk van manlike uitdrukkingskrag. Hy het egter in sy tanka gewys dat hy ook in staat was om die aantreklike, vroulike eienskappe, tipies van die latere Japannese poësie, te vergestalt.
Die chōka het dikwels met een of meer hanka ("gesante") gesluit wat die sentrale punte van die vorige gedig hervat. Die hanka wat deur die 8de-eeuse digter Yamabe Akahito geskryf is, is so perfek ontwerp dat die chōka wat hulle voorafgaan soms onnodig lyk. Die versnyding en evokasie van hierdie gedigte, identies in vorm met die tanka, is baie na aan die ideale van die latere Japannese poësie. Die digters was beslis nie ongekultiveerde liedereskrywers wat in verwondering was oor die skoonheid van die natuur nie, ( 'n beeld wat dikwels deur sentimentele kritici geskilder word) maar hul emosies was sterker en meer direk uitgedruk as in die latere poësie.
Die lyk van 'n onbekende reisiger, eerder as die val van die kersiebloeisels, het in Hitomaro 'n bewustheid van die onsekerheid van die menslike lewe wakker gemaak.
Die Man'yōshū is uitsonderlik in die aantal gedigte wat buite die hof saamgestel is, hetsy deur grenswagte of persone met 'n nederige beroep. Miskien is sommige van hierdie gedigte eintlik geskryf deur hofgangers onder die dekmantel van gewone mense, maar die gebruik van dialekte en bekende beelde kontrasteer met die streng poëtiese diksie wat in die 10de eeu opgelê is. Die diversiteit van temas en poëtiese vorme onderskei ook die Man'yōshū van die meer gevestigde maar yl verse van latere tye.
In Okura se bekende Dialoog oor Armoede, byvoorbeeld, beskryf twee mans - een arm en die ander oneerlik - hul ongelukkige lot, waaruit blyk die kommer oor maatskaplike toestande; wat van die klassieke tanka afwesig sou wees. Okura se besoek aan Sjina vroeg in die 8ste eeu, as lid van die Japannese ambassade, kan die invloed van Sjinees in sy digkuns verduidelik.
Sy gedigte word ook in baie gevalle voorafgegaan deur gedeeltes in Sjinees wat die omstandighede van die gedigte aandui of Boeddhistiese parallelle noem. Die Man'yōshū is getransskribeer in 'n byna pervers-ingewikkelde stelsel wat Sjinese karakters willekeurig gebruik, soms vir betekenis en soms vir klank. Die gebrek aan 'n geskikte handskrif het waarskynlik literêre produksie in Japan gedurende die Nara-tydperk belemmer. Die toenemende belangrikheid van Sjinese poësie as die teken van literêre vervulling in die howeling, kon dalk ook die ontwikkeling van die Japannese literatuur na sy eerste bloeitydperk in die Man'yōshū onderbreek het. Agtien Man'yōshū digters is verteenwoordig in die Kaifūsō versameling (751) , 'n poësiebundel in Sjinees wat deur lede van die hof saamgestel is. Hierdie gedigte is egter slegs 'n bietjie meer verklarend en oorspronklik as die gedigte van idees en beelde wat direk vanaf Sjina geleen is. Die samestelling van sulke poësie weerspieël die enorme prestige van die Sjinese beskawing op daardie tydstip.
Klassieke Literatuur: Heian periode (794-1185)
Die daarstelling van Heian-kyō (later bekend as Kyōto) as die hoofstad van Japan was die begin van 'n periode van literêre briljantheid. Die vroegste geskrifte van die periode was egter almal geskryf in Sjinees a.g.v. die deurlopende begeerte om die kultuur van die kontinent na te maak. Drie imperialisties gesteunde Sjinese digbundels is geskryf tussen 814 en 827, en dit wou vir 'n tyd voorkom asof literatuur in Japannees uitgerangeer sou word tot 'n mindere posisie. Die mees luisterryke skrywer van Sjinese verse, naamlik die 9de eeuse digter Sugawara Michizane, het 'n finale glans aan hierdie periode van Sjinese leerskap gegee deur sy erudisie en digterlike begaafdheid, maar sy weiering om na Sjina te vertrek toe hy die pos van ambassadeur aangebied is, op die gronde dat Sjina niks meer gehad om Japan aan te bied of the leer nie, het 'n keerpunt daargestel in die reaksie tot Sjinese invloed.
Digkuns
Die uitvinding van die Kana fonetiese lettergreep milieu, wat tradisioneel toegeskryf word aan die gevierde 9de eeuse Shingon priester en Sanskrit geleerde Kūkai, het op enorme vlak die skryfkuns in Japannees gefasiliteer. Privaat versamelings van digkuns in Kana was gekompileer in circa 880, en in 905 is die Kokinshū ('n Versameling van Antieke en moderne gedigte), die eerste groot werk van kana literatuur, saamgestel deur die digter Ki Tsurayuki en andere.
Hierdie digbundel bevat 1,111 gedigte wat verdeel is in 20 boeke en wat gerangskik word deur verskillende onderwerpe, insluitende 6 boeke van seisoenale gedigte, 5 boeke liefdesgedigte, en enkele boeke wat toegewy is aan onderwerpe soos reis, roubeklaery, en gelukwense. Die twee voorwoorde is duidelik baie verskuldig aan die teorieë van digkuns, soos beskryf deur die samestellers van sulke Sjinese bundels soos die Shijing (“Klassieke gedigte”) en die Wen xuan (“Seleksies van Verfynde Literatuur”), maar die voorkeure wat die bundels uitdruk sou weldra deur die meeste Tanka digters gedeel word oor die komende 1000 jare. Die voorwoord deur Tsurayuki, die oudste werk van volgehoue prosa in Kana, vervat die omstandighede wat die mens tot die skryf van die digkuns beweeg. Tsurayuki het geglo dat melancholie of hartseer, of dit nou teweeggebring is deur 'n verandering in die seisoene of deur die beskouing van wit hare wat gereflekteer word in 'n spieël, 'n meer simpatieke bui verskaf het vir die skryf van poësie as die meer strenger emosies wat behandel is in die vroeër, pre-Kana bundel Man'yōshū. Die beste Tanka in die Kokinshū begeester die leser deur hul krag van persepsie en hul tonale prag, maar hierdie foutloos geworde miniature bevat egter nie die variëteit van die Man'yōshū nie.
Vaardighede in die komposisie van Tanka het 'n bate geword in die verkryging van voordele en voorkeur in die Hof; en dit was ook essensieel vir 'n minnaar- wie se boodskappe aan sy minnares (wie vermoedelik nie Sjinees kon lees nie- steeds die taal wat mans gebruik het in amptelike dokumente) dikwels bestaan het uit gedigte wat sy eie emosies beskryf of wat haar smeek om haar goedgesindheid.
Tydens die periode het die Tanka amper die chōka heeltemal oorheers, die lengte waarvan onbepaald was, want die korter Tanka was meer gepas tot die minnaar of verliefde se billet-doux of tot kompetisies op voorgeskrewe temas.
Vir die digters van die Kokinshū en later die Hoflike digbundels; was oorspronklikheid minder verkieslik as perfeksie van taal en toon. Die kritici, wat nie begerig was om nuwighede in effekte aan te prys nie, het afwyking van die standaard poëtiese diksie veroordeel- welke gevestig was deur die Kokinshū en bestaan het uit 2000 woorde - en het aangedring op absolute voldoening aan die poëtiese kodes wat aanvanklik geformuleer was in die 10de eeu. Alhoewel hierdie beperkinge die Japannese digkuns gered het van verval tot slegte smaak of vulgariteit, het hulle effektiewelik die digkuns verhoed om te ontwikkel vanuit die geykte, voorgeskrewe wyses van uitdrukking. Gevolglik kan slegs 'n kritikus met besondere vaardighede 'n tipiese Tanka van die 10de eeu onderskei van een van die 18de eeu.
Die Kokinshū het die presedent geskep vir latere Hofdigbundels, en kennis van sy inhoud was onontbeerlik aan alle digters as 'n gids en bron van literêre verwysings.
Liefdesgedigte okkupeer 'n prominente plek in die Kokinshū, maar die genot van liefde word selde gevier. In stede daarvan skryf digters in die hartseer milieu, soos beskryf in die voorwoord, en beskryf hulle die onsekerhede voor 'n ontmoeting met die geliefde, die pyn daarvan om uitmekaar te gaan, of die hartseer in die besef dat 'n verhouding beëindig is. Die onveranderlike perfeksie van diksie, onbelemmerd of onbevlek deur enige onbehorende pleidooie van die hart, mag mens somtyds laat twyfel oor die opregtheid van die digter. Die laaste stelling is egter nie waar van die groot Kokinshū digters van die 9de eeu (Ono Komachi, Lady Ise, Ariwara Narihira en Tsurayuki, insluitende die Boeddhistiese priesters wie vermoedelik vleeslike liefde vaarwel geroep het) nie, wie liefdesgedigte geskryf het tydens die Hoflike kompetisies, en dit is moeilik om enige verskil tussen sulke poësie en die poësie van die werklike minnaars en minnaresse op te merk.
Prosa
Ki Tsurayuki, word benewens sy digwerk ook o.a. gevier vir sy Tosa nikki (936; Die Tosa Dagboek), naamlik die relaas van sy huiswaartse reis na Kyōto van die provinsie van Tosa waar hy diens gedoen het as goewerneur. Tsurayuki het sy dagboek in Japannees geskryf, alhoewel mans op daardie tydstip normaalweg hul dagboeke in Sjinees geskryf het. (miskien was dit ten einde verwyt te ontkom vir die aanwend van hierdie onmanlike styl dat hy voorgegee het dat 'n vrou in die goewerneur se geselskap die outeur was) Gebeure van die reis word afgewissel met die gedigte wat gekomponeer was op verskillende geleenthede. Die werk is vernaam hartroerend oor die herhaalde, tog gedempte, verwysings na die dood van Tsurayuki se dogter in Tosa.
Tosa nikki is die vroegste voorbeeld van 'n literêre dagboek. Alhoewel Tsurayuki voorgegee het dat dit geskryf was deur 'n vrou, was die meeste van die latere Heian dagboekhouers wat in Japannees geskryf het hofdames; hul skrywes sluit sommige van die uitsonderlike meesterstukke van die literatuur in. Kagerō nikki (Die Gossamer Jare) beskryf die lewe tussen 954 en 974 van die tweede vrou van Fujiwara Kaneie, 'n prominente hofbeampte.
Die eerste volume van Kagerō nikki , geskryf lank na die gebeure, is geskryf in die styl van 'n outobiografiese roman; en die outeur bieg selfs dat haar herinneringe waarskynlik gekleur is deur fiksie. Die volgende twee volumes is meer soos 'n werklike dagboek, met sommige inskrywings war klaarblyklik gemaak is op die dae soos aangewys. Die skrywer (slegs bekend as "die moeder van Michitsuna"), met vele aanduidings van selfbejammering, beskryf haar ongelukkige lewe met haar eggenoot. Sy het klaarblyklik aangeneem dat lesers sal simpatiseer met haar, en dit is wel dikwels die geval, alhoewel haar selfgesentreerde en inhalige klagtes nie as innemend voorkom nie.
In een passasie waarin sy spog oor die dood van 'n mededinger se kind, werk haar obsessie met haar eie smarte tot haar nadeel. Tog is haar joernaal besonders vertederend en innemend juis omdat die outeur eksklusief op universeel, algemeen herkenbare emosies fokus, en die details van die Hoflewe, wat die mans heeltemal geabsorbeer het, uitlaat.
Ander dagboeke van die periode sluit die anekdotiese Murasaki Shikibu nikki (“Die dagboek van Murasaki Shikibu”) in, wat eensklaps 'n absorberende literêre werk is asook 'n bron van inligting oor die Hoflewe; welke hoflewe die outeur (Murasaki Shikibu) op meer romantiese wyse beskryf het in haar meesterstuk Genji monogatari (c. 1010; "Die Verhaal van Genji") en in Izumi Shikibu nikki ("Die dagboek van Izumi Shikibu"), wat minder 'n dagboek is, as 'n kortverhaal wat versier is met digwerk.
Hierdie dagboeke is wat betref inhoud en vorm nou verwant aan die uta monogatari (“digterlike verhale”) wat later in die 10de eeu voorgekom het as 'n literêre genre. Ise monogatari (c. 980; verhale van Ise) bestaan uit 143 episodes, wat elk een of meer gedigte bevat asook 'n verduideliking in prosa van die omstandighede van elke komposisie. Die bondigheid en dikwelse dubbelsinnigheid van die Tanka het aanleiding gegee tot 'n behoefte vir sulke verduidelikings. Wanneer hierdie verduidelikings uitgebreid geraak het of (soos die geval is met Ise monogatari) geïnterpreteer is as biografiese inligting oor een digter (Ariwara Narihira), het hulle die gebied van die fiksie betree.
Saam met die digterlike verhale was daar werke van godsdienstige of denkbeeldige inspirasie wat terugdateer het tot Nihon ryōiki (822) , 'n oproep van Boeddhistiese wonderwerke in Japan wat saamgestel is deur die priester Kyōkai. Priesters het waarskynlik hierdie stories gebruik (wat in Sjinees geskryf was) as 'n bron van preke, met die bedoeling om gewone Japannese, wat nie kon lees nie) te oortuig dat hulle voorbeeldige lewens moes lei indien hulle nie in die Hel wou ly op grond van hulle aardse sondes nie.
Daar is geensins sulke didaktiese bedoelings in Taketori monogatari te bespeur (10de eeu) nie; welke 'n feeverhaal is oor 'n prinses wat van die maan af kom om op Aarde te woon in die huis van 'n nederige bamboessnyer. Die verskeie toetse wat sy op haar minnaars toepas, fantasiegedrewe soos hulle is, word op humoristiese en realistiese wyse beskryf.
Die eerste omslagtige fiksiewerk in Japannees, Utsubo monogatari (“Die verhaal van die Hol Boom”), was klaarblyklik geskryf tussen 970 en 983, alhoewel die laaste hoofstuk later geskryf kon gewees het. Hierdie ongelyke, moeilik verteerbare werk, is van belang hoofsaaklik as 'n samestelling van elemente wat betref die digterlike verhale en sprokies, en dit bevat 986 tanka, en die episodes daarvan wissel van vroeë realisme tot pure fantasie.
Die kontras tussen hierdie rowwe werk en die sublieme Genji monogatari is oorweldigend. Miskien kan die verskil ten beste verduidelik word in terme van die feministiese tradisies van skryf, wat veral benadruk word deur die dagboeke, welke Murasaki Shikibu in staat gestel het om dieptes in haar karakters op te diep waarvan die manlike outeur van Utsubo monogatari nie in staat tot was nie. Die Genji monogatari is die fynste en beste werk van nie slegs die Heian periode nie, maar van alle Japannese literatuur, en kan met selfversekering en sonder aarseling die eerste belangrike roman genoem word wat geskryf is op enige plek in die wêreld.
Genji monogatari was 'n werk van mono no aware (“'n sensitiwiteit tot dinge”) vernoem na die groot 18de eeuse literêre geleerde Motoori Norinaga. Die held van die verhaal, Prins Genji, is nie opmerklik vir sy dapperheid of sy talente as staatsman nie, maar as 'n onverbeterlike minnaar wat sensitief is tot elk van die vele vrouens wat hy verower. Die storie is verwant in terme van die opeenvolgende vrouens wat Genji liefhet, en elkeen van hulle roep 'n verskillende reaksie van hierdie komplekse man op. Die laaste derde van die roman wat die wêreld beskryf na Genji se dood, is donkerder in toon, en die hooffigure, alhoewel steeds indrukwekkend, kom voor as blote fragmentasies van die ewekansige Genji.
Genji monogatari was 'n onmiddellike sukses. Die outeur van die vertederende Sarashina nikki (middel 11de eeu; “Sarashina Dagboek”) beskryf daarin hoe sy as 'n meisie daarna verlang het om die hoofstad te besoek sodat sy kans kan hê om die gehele werk (wat 10 jaar vroeër voltooi is)te lees. Werke van imitasie wat gebaseer is op Genji monogatari, en veral die laaste derde daarvan, is vir eeue daarna geskryf, wat die fiksie wat deur die Hofbeskawing geskryf is teruggehou het.
Makura no sōshi (c. 1000) is 'n ander meesterstuk van die Heian periode wat in dieselfde asem as Genji monogatari genoem kan word. Japannese kritici het dikwels onderskei tussen die aware van Genji monogatari en die okashi van Makura no sōshi. Aware beteken sensitiwiteit tot die tragiese implikasies van 'n oomblik of gebaar, en okashi die komiese ondertone van dieselfde moment of gebaar. 'n Minnaar se vertrek by dagbreek het baie wispelturige gedagtes ontlok of opgeroep in Genji monogatari, maar in Makura no sōshi van Sei Shōnagon was daar op gewetenlose wyse gekonsentreer op die minnaar se lomp en onhandige vertrek en die minnares se irritasie daarmee. Dat Murasaki Shikibu se aware teruggevoer kan word na latere literêre sensitiwiteit, het altyd die literatuur gemerk van enige skrywer wat geskryf het in die aristokratiese styl- maar Sei Shōnagon se skerpsinnigheid het aan die Heian Hof alleen behoort.
Die Heian-hof beskawing het sy hoogtepunt bereik teen die middel van die 11de eeu, maar dit het nie ingeplof vir 'n verdere 100 jaar nie. Lank nadat die periode se politiese mag oorgeneem was deur militariste, het die Hof nog steeds sy prestige behou as die fondament van kultuur.
In die 12de eeue het literêre werke wat tot 'n gans heel verskillende tradisie behoort begin opgang maak. Konjaku monogatari (vroeg 12de eeu), 'n massiewe versameling godsdienstige verhale en volksverhale wat verkry is van nie slegs die Japannese landelike gebiede nie, maar ook van Indiese en Sjinese bronne, het elemente beskryf van die beskawing wat nooit behandel was in die Hofromans nie. Hierdie verhale, alhoewel kru en rof geskryf, het indrukke verskaf van hoe die gewone mense gepraat en opgetree het in 'n era wat gekenmerk is deur oorlogvoering en nuwe godsdienstige bewegings. Die versameling volksliedere; Ryōjin hishō, saamgestel in 1179 Keiser Go-Shirakawa, dui die vitaliteit van hierdie ontluikende populêre kultuur aan; selfs toe die aristokratiese beskawing bedreig was deur vernietiging.
Middeleeuse literatuur: Kamakura, Muromachi, en Azuchi-Momoyama periodes (1192–1600)
Kamakura periode (1192-1333)
Die oorlogvoering van die 12de eeu het die Samurai tot 'n onbetwyfelbare en onaanvegbare magsposisie gehef. Hulle nuwe regime was gebaseer op dissipline. Alhoewel die Samurai respek getoon het vir die ou kultuur (sommige van hulle het selfs Tanka komposisie saam met die Kyōto meesters gestudeer) was die hoofstad na Kamakura geskuif. Die verlaagde posisie van vroue onder hierdie feodale regering kan miskien die merkbare vermindering verduidelik in die belangrikheid van geskrifte deur hofdames. Daar was inderdaad skaars 'n vroueskrywer van onderskeiding tussen die 13de en 19de eeue. die hofdigters het egter produktief gebly. 15 ryksgeborgde digbundels was voltooi tussen 1188 en 1439, en die meeste van die tanka het die stereotipes wat gevestig was in vroeëre periodes gevolg. Die beste van die latere digbundels, die Shin kokinshū (circa 1205), was onder andere gekompileer deur Fujiware Sadaie, of Teika, en word deur baie beskou as die grootste prestasie in tanka komposisie. Die titel van die digbundel-"die nuwe Kokinshū"-dui die selfvertroue van die samestellers aan dat die digters daarin verteenwoordig waardige opvolgers was van daardie digters in die 905 versameling. Die ge-verteenwoordigde digters sluit in (behalwe natuurlik vir die Groot Teika homself) Teika se vader, Fujiwara Toshinari (Fujiwara Shunzei); die priester Saigyō; en die voormalige Keiser Go-Toba.
Hierdie digters het verby die sigbare wêreld gekyk vir simboliese betekenisse. Die briljante kleure van landskappe gevul met bloeisels of rooi-wordende blare, het plek gemaak vir monochrome skilderye; die digter; pleks van om te tob oor die plesier of die smart en hartseer van 'n ondervinding, het binne in dit 'n dieper betekenis gesoek wat hy kon aanvoel, maar nie te volle kon uitdruk nie. Die smake van Teika het veral Japannese digterlikheid oorheers, te wyte nie net aan sy gedigte en essays op gedigte nie, maar te wyte aan sy keuses van die werke van die werke van die verlede wat die meeste geskik was vir bewaring.
Aan Teika word ook 'n roman toegedeel naamlik, Matsura no miya monogatari (“Die verhaal van Sumiyoshi Matsura"). Alhoewel dit onvoltooid is en op 'n onhandige wyse gekonstrueer is, bly die roman se droomagtige atmosfeer, met ondertone van Teika se digwerk, in die gedagtes. Drome van die verlede was inderdaad die toevlug van die middeleeuse romansiers wat hulle taal gebaseer het op die Genji monogatari, (alhoewel dit nou argaïes is) en het die romansiers hulle temas en karakters van die Heian meesterstukke geleen. Verhale oor bose stiefmoeders kom redelik algemeen voor. Miskien het die skrywers, in die proses van die kontrastering van hul verwaarlosing teenoor die legendariese Heian howelinge, hulself geïdentifiseer met die verwaarloosde stiefdogters- en die tipiese gelukkige eindes van sulke stories. Die stiefdogter in Sumiyoshi Monogatari is bv. getroud met 'n magtige staatsman, en die vernedering van haar haar bose stiefmoeder mag dalk die verwerkliking van haar eie drome gewees het.
Verskeie dagboeke beskryf reise tussen Kyōto en die shogun se hoofstad in Kamakura. Howelinge het dikwels hierdie lang reis onderneem ten einde eise in te stel in regsgedinge, en hulle het hul indrukke langs die pad in die tipiese mengsel van prosa en poësie opgeneem. Izayoi nikki ("Dagboek van die Kwynende Maan") vertel van 'n reis wat onderneem was in 1277 deur die non Abutsu. 'n Latere outobiografiese werk wat ook uitvoerige beskrywings van reis bevat is die uitstekende Towazu-gatari (c. 1307, "'n Storie waarvoor niemand gevra het nie"). Die "Die Bekentenisse van dame Nijō" deur Dame Nijō, 'n werk wat eers ontdek was in 1940, verskaf 'n laaste oomblik van glorie aan die lang tradisie van introspektiewe skryfwerke deur vrouehowelinge.
Alhoewel hierdie geskrifte met hul aristokratiese styl baie van die Heian literatuur behou en preserveer, het werke van 'n anderse karakter self meer prominent geword in die middeleeuse tydperk. Daar is baie versamelings van Boeddhistiese en gewilde verhale, waarvan die mees genotvolle die Uji shūis monogatari("'n Versameling verhale van Uji") is. Dit is 'n versameling of kompilasie van bondige verhale wat oor 'n tydperk van jare gemaak is. Alhoewel die gebeure daarin beskryf dikwels soortgelyk is aan die wat gevind word in Konjaku monogatari, word hulle vertel met aansienlik meer literêre vaardigheid. 'n Selfs meer kenmerkende literêre genre van die tydperk is die gunki monogatari, of oorlogsverhaal. Die mees bekendste hiervan is Heike monogatari("Die verhaal van die Heike"). Dit was blykbaar die eerste keer aan die hof geskryf in omtrent 1220, waarskynlik deur 'n adellike wat sy bronne gekry het van die vertellings wat geresiteer is deur priesters, naamlik van die oorlog tussen die Taira (Heike) en die Minamoto (Genji) families in die voorafgaande eeu.
Die gevierde openingslyne van die werk,'n deklarasie van die verganklikheid van all dinge, konstateer ook die hooftema, naamlik die opkoms en val van die Taira familie. Die teks, klaarblyklik eers geskryf in drie boeke, was later met verloop van tyd uitgebrei is tot twaalf. Dit was 'n gevolg van die resitasie v/d werk; met verbeteringe of improvisasies wat deur vermaaklikheidspriesters gemaak was. Hierdie woordelikse of mondelinge oorlewering kan dalk nie slegs die ongewoon groot tekstuele weergawes verduidelik nie, maar ook die eksepsionele musikale en dramatiese styl van die werk. Anders as die Heian romansiers, wie selde woorde van Sjinese oorsprong toegelaat het in hul werke, het die resiteerders van die Heike monogatari die kontrasterende klanke van die ingevoerde woorde gebruik ten einde te produseer wat al genoem is die groot klassieke werk van die Japannese styl. Alhoewel die werk ietwat ongelyk is, met luisterryke tonele wat gevolg word deur oninteressante passasies waarin die verteller of narrator klem plaas op die feitelike akkuraatheid van sy bronne, is dit ten minste met tussenposes briljant, en voorsien dit baie latere romansiers en dramatiste met karakters en insidente vir hul werke.
Heike monogatari was geensins die vroegste literêre werk wat oorlogvoering beskryf het nie, en ander geskrifte, meestal geskiedkundig wat inhoud betref, was geseën met literêre eienskappe wat ongewoon is in soortgelyke Westerse werke. Ōkagami (c. 1120?; “Die Groot Spieël”), was die bekendste vir die "spieëls" van die Japannese geskiedenis, en het ongetwyfeld die komposisie van die Heike monogatari beïnvloed, veral wat betref sy moralistiese toon. Hōgen monogatari en Heiji monogatari bevat oorlogvoering wat die gebeure wat in Heike monogatari beskryf word voorafgaan maar wat waarskynlik ietwat later geskryf was.
Daar is deur die middeleeuse tydperk volgehou daarmee om oorlogsverhale te komponeer. Die Taiheiki ("Kroniek van die Groot Vrede") dek byvoorbeeld omtrent 50 jaar. Dit begin in 1318 wanneer die keiser Go-Daigo die troon bestyg. Alhoewel dit bewonder word as 'n klassieke werk deur generasies van Japannese, bevat dit vergelykend gesien, min aantrekkingskrag vir Westerse lesers, heel waarskynlik omdat so min van die figure van die verhaal "lewendig word".
Die karakters word op meer kleurryke wyse beskryf in twee geskiedkundige romans van die middel na laat 14de eeu naamlik: Soga monogatari, 'n vertelling van die vendetta wat uitgevoer word deur die Soga broers; en Gikeiki ("Kroniek van Gikei") wat die lewe beskryf van die krygsman Minamoto Yoshitsune. Alhoewel dit nie kunstig geskryf was nie, het hierdie portrette die verbeelding van die Japannese aangegryp, en die karakters se wedervaringe is steeds prominent op die Kabuki verhoog. 'n Ander belangrike variëteit van middeleeuse literatuur was die reflektiewe essays van Boeddhistiese priesters. Hōjō-ki (1212; "Die Tien voet vierkante Gehug") deur Kamo Chōmei is 'n verhaal van 'n kluisenaar se beskrywing van sy ontnugtering met die wêreld en sy vreedsame vestiging op 'n eensame plekkie. Die elegaiëse prag van die taal v/d verhaal gee die werk, bondig en kort soos dit is, the waardigheid van 'n klassieke werk. Chōmei was ook 'n uitgelese digter, en sy essay, Mumyōshō (c. 1210–12; “Naamlose Notas”) is miskien die fynste en beste voorbeeld van tradisionele Japannese digterlike kritiek.
'n Latere priester, Yoshida Kenkō, (wat geskryf het gedurende die dae van oorlog, onluste, onrus en oproerigheid wat 'n einde gebring het aan die Kamakura-shogunaat in 1333, en die vlugtige herinstelling of restorasie van die keiserlike gesag onder die Keiser Go-Daigo van 1333 tot 1335, asook die instelling van die Ashikaga shogunaat in 1338) verwys skaars na die onrus en beroering van die tye in sy meesterstuk Tsurezuregusa (c. 1330; "Essays in verveligheid"); in plaas daarvan werp hy sy blik op nostalgiese wyse terug na die gelukkiger dae van die verlede. Kenkō se astetiese oordele, dikwels gebaseer op 'n "hierdie-wêreldse" bewustheid-wat raar is in 'n Boeddhistiese priester-, was veral gewild, en dan veral na die 17de eeu, toe die Tsurezuregusa wyd gelees was.
Die Muromachi (1338–1573) en Azuchi-Momoyama (1574–1600) periodes
In die 15de eeu het 'n poëtiese vorm van veelvuldige outeurskap die tanka vervang as die verkose medium van die leidende digters. Renga (gekoppelde vers) het begin as die komposisie van 'n enkele tanka deur twee persone, en was 'n populêre tydverdryf, selfs in verafgeleë, landelike areas. Een persoon sou die eerste drie lyne van 'n tanka skryf, en dikwels teenstrydighede daarin inwerk ten einde dit harder te maak vir die tweede persoon om die gedig te voltooi sodat dit verstaanbaar daaruitsien.
Stelselmatig het renga versprei na die hofdigters toe, wat die artistieke moontlikhede van hierdie afleiding ingesien het en "kodes" opgetrek het wat bedoel was om renga as 'n kunsvorm daar te stel. Hierdie kodes het die meesterstukke van die 15de eeu moontlik gemaak, maar hul aandrang op formaliteite (bv. hoe dikwels 'n "skakel" oor die Maan mag verskyn in 100 skakels en welke skakels moet eindig met 'n selfstandige naamwoord en welke mag eindig met 'n werkwoord) het die varsheid en robuustheid van die vroeë renga verwater of verdun, terwyl die renga self 'n reaksie was op die oormatige formaliteit van die tanka. Nietemin is die renga van die 15de eeuse meester Sōgi en sy assosiate uniek in hul skuiwende liriese impulse, en hulle bewegings van skakel na skakel soos opeenvolgende oomblikke van 'n landskap wat gesien word van 'n boot, wat die illusie vermy dat die geheel uitgedink was in die gedagtes van een persoon. Terwyl die kortverhale van die 15de en 16de eeu, wat oor die algemeen bekend staan as otogi-zōshi, van aansienlike geskiedkundige belang is, kan dit nie gesê word dat dit van hoë literêre waarde is nie. Sommige is kyk terug na die wêreld van die Heian Hof, terwyl andere volksmateriaal of elemente van die wonderbaarlike bevat wat dalk ingesluit kon gewees het ten einde skaars geletterde lesers se aandag te trek. Belowende verhale word soms geruïneer deur absurditeite voordat hulle klaar is, maar selfs die minder suksesvolle verhale voorsien kosbare kykies van 'n beskawing wat, alhoewel dit geteister word deur oorlogvoering, die moontlikheid van welkome verandering geniet het. Die verhale is anoniem, maar die outeurs was blykbaar beide howeling en Boeddhistiese priesters.
Ongetwyfeld was die beste literêre werke van die 15de eeu die Noh dramas, veral die deur Zeami. Hulle was geskryf in pragtige digterlikheid, (en word dikwels vergelyk met “brokaat” vanweë die ryk patroon wat geskep word deur verwysings na digkuns van die verlede) en was voorsien van 'n struktuur wat op eerste oogopslag ekonomies en vry voorkom. Baie het as onderwerp die Boeddhistiese sonde van gehegtheid -die onvermoë om sy lewe in hierdie wêreld te vergeet, voorkom dat 'n dooie man verlossing kry en dwing hom om weer en weer te verskyn as 'n gees ten einde die geweld en passie van sy vorige bestaan te herleef-. Slegs gebed en afstanddoening kan vir hom vry maak. Zeami se verhandelinge op die kuns van Noh vertoon wonderbaarlike bewustheid. Sy gekonstateerde doelwitte was dramatiese oortuiging en realiteit, maar hierdie ideale het vir hom "ultimate" beteken, en nie oppervlakkige realisme nie. Dit is waar dat sekere Noh spele min simboliese of bonatuurlike inhoud besit, maar, in 'n tipiese program van vyf Noh spele, is die sentrale elemente hoogs poëties en ontwykende meesterstukke wat 'n wêreld suggereer wat onsigbaar is vir die oog, maar deur die akteurs opgeroep kan word deur die prag van beweging en spraak. Ongelukkigheid oor 'n wêreld wat geskeur is deur wanorde kom daartoe gelei het dat skrywers in hul werke sekere waarhede voorgestel het wat te diepliggend was vir woorde. Dit was blykbaar die betekenis van yūgen (“misterie en diepte”) , naamlik die ideaal van Noh. Parallelle ontwikkelings het voorgekom in die tee seremonie, die landskap tuin en monochrome skilderwerk, alles kuns wat simboliseer eerder as om te konstateer.
Literatuur gedurende die Tokugawa periode (1603–1867)
Die herstel van vrede en die unifikasie van Japan was behaal in die vroeë 17de eeu, en vir 'n geraamde 250 jare het die Japannese amper ononderbroke vrede beleef. Gedurende die eerste helfte van die Tokugawa tydgleuf het die stede van Kyōto en Ōsaka kulturele aktiwiteite oorheers, maar van 1770 het Edo (die moderne Tokio) begin oorheers wat kulturele sake betref. Van die middel 1630's na die vroeë 1850's was Japan geslote deur 'n dekreet van die regering van kontak met die buitelandse wêreld.
Aanvanklik het hierdie isolasie die ontwikkeling van inheemse literatuurvorms aangemoedig, maar uiteindelik, in die letterlike afwesigheid van enige invloede van oorsee, het die Japannese literatuur provinsiaals begin raak. Die aanneming van die drukkuns in die vroeë 17de eeu het 'n populêre literatuur-bedryf moontlik gemaak.
Die Japannese het die kuns van drukwerk reeds vanaf ten minste die 8ste eeu geken, maar het dit uitsluitlik vir Boeddhistiese skrywes gereserveer. Die Japannese klassieke werke het slegs in manuskrip vorm bestaan. Dit is moontlik dat die aanvraag na afskrifte van literêre werke so klein was dat dit bevredig kon word met manuskripte, so duur as wat dit was; of miskien het estetiese oorwegings gemaak dat die Japannese manuskripte in pragtige Kalligrafie verkies het, welke somtyds versier was met illustrasies. Wat ook al die geval was, dit was nie tot 1591 dat 'n nie-godsdienstige boek gedruk was nie. Omtrent dieselfde tyd, het Portugese sendelinge in Nagasaki boeke in die Romeinse alfabet begin druk. In 1593, in die na-loop van die Japannese inval van Korea, was 'n Drukpers met bewegende dele as 'n geskenk aan keiser Go-Yōzei gestuur. Die drukkuns het gou ontwikkel in 'n stokperdjie of spandabelrigheid van die rykes, en baie voorbeelde van Japannese literatuur het begin om in klein uitgawes te verskyn. Kommersiële publikasie het in 1609 begin; en teen die 1620's was selfs werke van mindere literêre waarde gedruk vir 'n publiek wat gretig was vir nuwe boeke.
Die vroeë Tokugawa periode (1603–c. 1770)
Die digkuns het baie veranderinge ondergaan gedurende die vroeë deel van die Tokugawa periode. Die hofdigters het uit die staanspoor jaloers gewaak oor hul alleenreg oor die tanka, maar op geleidelike wyse het ander mans-baie van hulle sogenaamde kokugakusha ("kenners van nasionale geleerdheid") -die koers van tanka komposisie verander deur te poog om die vorm en krag van die tanka te herstel deur die terugbring van die Man'yōshū. Die beste van die waka digters wat in die hoftradisie geskryf het was Kagawa Kageki. Hy was 'n digter van buitengewone vaardigheid, alhoewel dit minder waarskynlik is dat sy werk 'n indruk sal maak op moderne lesers as die onkonvensionele Ōkuma Kotomichi of Tachibana Akemi, wat beide gedurende die eerste jaar van die Meiji era in 1868 beswyk het . Die hoofontwikkeling in die poësie gedurende die Tokugawa shogunaat was die opkoms van die haiku as 'n belangrike digvorm. Hierdie besonders bondige vorm(17 lettergrepe wat rangskik is in lyne van 5,7 en 5 lettergrepe) het sy oorsprong gehad in die hokku, of openingsvers van 'n renga volgorde, wat in sy drie lyne melding moes maak van die seisoen, die tyd van die dag, die dominante eienskappe van die landskap, en so aan-wat dit amper 'n onafhanklike gedig gemaak het. Die hokku het later in die 19de eeu bekend geword as die haiku-toe dit heeltemal ontneem was van sy oorspronklike funksie as die openingsverse van 'n volgorde van verse. Selfs die 17de eeuse hokku word vandag gewoonlik (en verkeerdelik) haikoe genoem.
Die haika no renga of komiese renga , was in die 16de eeu gekomponeer ten einde te dien as 'n wyse van ontspanning na 'n aand van ernstige renga komposisie, en sodoende is teruggekeer na die oorspronklike sosiale eerder as literêre doel, wat betref die maak van gekoppelde vers. Soos dikwels die geval is in Japan , is daar egter 'n nuwe kunsvorm gebore-wat gekodifiseer en respektabel gemaak is deur praktisyns van die ouer kunsvorm, dikwels ten nadeel van die nuwe vorm se varsheid en lewendigheid- as reaksie teen die remmende praktyke van 'n ouer kunsvorm.
Matsunaga Teitoku, 'n konvensionele 17de eeuse digter van tanka en renga wat die ou tradisies aangehang het, het amper ten spyte van homself, en grootliks as gevolg van druk van sy begeesterde en begerige dissipels- die leier van die nuwe beweging in komiese vers geword. Teitoku het waardigheid na die komiese renga vorm gebring, en dit 'n veeleisende medium gemaak-eerder as 'n "in die oomblik" tipe vers. Sy haikai was onderskeibaar van ernstige renga nie deur hul komiese in- wording nie, maar deur die teenwoordigheid van 'n haigon-'n woord van Sjinese of onlangse oorsprong wat nie normaalweg verdra is in klassiek vers nie. Daar het egter onvermydelik 'n reaksie teen Teitoku se formalisme ontstaan. Die digters van die Danrinskool, met Nishiyama Sōin en Saikaku as die leiers daarvan, het daarop aangedring dat dit sinloos was om maande, indien nie jare nie, te mors in die perfek-making van 'n volgorde van 100 verse. Hulle ideaal was die daarstelling van impromptu en vinnige komposisies, en hulle verse-wat oor die algemeen gebore en getooi was in die volksmond-was bedoel om vir 'n oomblik te amuseer, eerder as om vir alle tye te oorleef. Saikakuhet veral uitgeblink in die enkele komposisie van uitgebreide volgordes. In 1684 het hy 'n ongelooflike totaal van 23,500 verse in 'n enkele dag en nag gekomponeer-te vinnig vir skrifgeleerdes om meer te doen as om die aantal verse te tel. Bashō het die haiku vervolmaak na 'n vorm wat die vermoë gehad het om poësie van die hoogste kwaliteit oor te dra. Nadat Bashō 'n vakleerlingskap ondergaan het in beide die Teitoku' en Danrin skole, het hy sy eie skool gestig en daarop aangedring dat haiku beide 'n persepsie van 'n ewige waarheid en 'n aktuele element moet bevat; en sodoende is die karakteristieke eienskappe van die twee skole gekombineer. Ten spyte van hul kortstondigheid stel Bashō se haiku dikwels by wyse van die daarstelling van die bietjie essensiële elemente die hele wêreld voor waarvan af hulle gekonsipieer is. Die leser moet deelneem in die skepping van die gedig. Bashō se bekendste werke is reisjoernale wat deurspek is met sy poesie. Van hierdie is sy "Oku no hosomichi" (1694) miskien die gewildste en mees gevierde werk van Tokugawa literatuur. Die algemene naam vir die prosa wat tussen 1600 en 1682 geskryf is , is kana-zōshi, of “kana boeke”. Die naam is oorspronklik gebruik om populêre skrywes in die Japannese "lettergrepige milieu" te onderskei van "meer geleerde" werke in Sjinees. Die genre het nie slegs fiksie behels nie maar ook werk van 'n byna geskiedkundige aard, sowel as vrome literatuur; boeke wat praktiese of pragmatiese inligting bevat het; gidsboeke; evaluerings van courtisane en akteurs, en lukrake opstelle. Slegs een skrywer van onderskeid word geassosieer met die kana-zōshi—Asai Ryōi, naamlik 'n samurai wat die eerste populêre en professionele skrywer in Japannese geskiedenis geword het. Te danke aan die ontwikkeling van relatief goedkoop metodes om werke te druk en 'n opmerklike vermeerdering in die lesende publiek, was Ryōi daartoe in staat gestel om 'n bestaan as 'n skrywer te maak. Alhoewel sommige van sy werke Boeddhisties van aard is, het hy in 'n eenvoudige styl geskryf, hoofsaaklik in kana. Sy mees bekendste roman, Ukiyo monogatari (circa 1661) is wat beide sy tegniek en narratief betref ietwat primitief, maar onder die masker van ligsinnigheid het Ryōi gepoog om die swaarkry van 'n samelewing te behandel waar die amptelike Confuciaanse filosofie verskriklike ongelykhede verbloem het. Die eerste belangrike romansier van die nuwe era was Saikaku. Sommige Japannese kritici stel hom wat betref die Japannese literatuur slegs ondergeskik aan Murasaki Shikibu, naamlik die skrywer van die Verhaal van Genji. Saikaku se werke is dienooreenkomstig geredigeer met die sorg wat slegs groot klassieke werke beskore is. Sulke aandag en sorg sou Saikaku sekerlik verras het; sy fiksie was dan afgehaas teen byna die spoed waarteen die komiese renga geskryf is, met min of geen oorweging vir die oordele van die nageslag. Sy eerste roman, Kōshoku ichidai otoko (1682), was rigtinggewend wat die Japannese fiksie genre betref. Die titel self het sterk erotiese ondertone gehad. Die plot van die verhaal beskryf avonture van een man, te wete van sy vele opstelle oor liefde-maak as 'n kind van sewe tot sy besluit op die ouderdom van sestig om per seilboot te vaar na 'n eiland waarvan slegs vrouens die inwoners van was. Die gelisensieerde prostitusiekwartiere wat in verskeie Japannese stede deur die Tokugawa regering gestig is (ten spyte van die regering se oënskynlike toegewydheid aan Confuciaanse moraliteit) , ten einde die samurai wat buite beheer was te help beheer deur die tap van hul energieë; het 'n sleutel tot die nuwe kultuur geword. Deskundigheid in die gebruike van die bordele was geoordeel as sou dit die merk van 'n man van die wereld wees. Die ou term ukiyo, wat voorheen die "treurige wêreld" van Boeddhistiese verhale beteken het, is nou gebruik om sy homoniem aan te merk; d.i. die "drywende wêreld" van plesier. Laasgenoemde was die gekose wêreld van Saikaku se held, Yonosuke, wie die emblematiese figuur van die era geword het. Saikaku se meesterstuk Kōshoku gonin onna (1686), beskryf die liefdes van vrouens van die besigheidsklas eerder as prostitute. Dit was die eerste keer dat daar sulke aandag aan vrouens van die klas gegee is. In ander werke het hy-somtyds met humor en somtyds met bitterheid-die stryd van sakemanne om fortuine te maak beskryf. Sy kombinasie van 'n skitterende styl gemeng met egte, deernisvolle simpatie vir die karakters; het sy verhale-wat op die grens gehuiwer het van pornografiese lektuur-gelig na die van hoë kuns.
Saikaku was 'n sentrale figuur in die renaissance van die literatuur van die laat 17de eeu. Die naam Genroku ('n naam wat die era van 1688 tot 1704 aandui) word dikwels gebruik in karakteristieke kunsprodukte: skilderye en afdrukke van die ukiyo-e (“prente van die drywende wêreld"”) styl; ukiyo-zōshi (“verhale van die drywende wêreld”); Kabuki; jōruri, of poppeteater; en haiku poësie. Anders as sy voorgangers, het hierdie kultuur moderniteit bo konformiteit aan die antieke tradisies aangeprys. Derhalwe was jy op datum en aktueel indien jy kennis gedra het van "die drywende wêreld" ,gedeel het in die nuutste modes, en genot gevind het in die oomblik eerder as die ewige waarhede van Noh toneelstukke of middeleeuse poësie. 'n Ander, donkerder sy van Genroku kultuur word ten toon gestel in Saikaku se laat werke; met hulle beskrywings van die desperaathede waartoe mense hul wend ten einde hulle rekeninge te kan betaal. Saikaku het selde simpatie gewys vir die prostitute wat hy beskryf het, maar die hoof dramaturg van die era, Chikamatsu Monzaemon, het van sy beste toneelstukke geskryf oor ongelukkige vroue wat deur armoede gedwing is om hulself te prostitueer-wie se enigste verligting van die ongure wêreld waarin hul gedwing is-gekom het wanneer hulle by hulle minnaars aangesluit het in dubbele selfmoord. In die wêreld van sakemense wat deur Chikamatsu behandel is, dryf 'n gebrek aan geld, eerder as die kosmiese smarte van die Noh toneelstukke, die mans tot die dood saam met die prostitute wat hulle liefgehad het, maar nie kon bekostig nie.
Chikamatsu het die meeste van sy toneelstukke vir die poppeteater geskryf; welke genre in die 18de eeu meer gewild was as Kabuki. Sy toneelstukke kan breedweg in twee kategorieë verdeel word naamlik; die wat gebaseer is, hoe los dan ook al, op geskiedkundige feite of legendes, en daardie wat met kontemporêre lewe handel. Die plaaslike toneelstukke word hoër geag deur kritici omdat hulle die bombasme en fantasmagoriese tentoonstellings van heroïsme vermy wat die geskiedkundige dramas kenmerk, maar die laasgenoemde wat aangepas is vir kabuki teater, is uitstekende voertuie vir akteurs. Die hoof dramas van die poppeteater was nie deur Chikamatsu geskryf nie maar deur sy opvolgers. Sy toneelstukke het ten spyte van hul literêre superioriteit nie daarin geslaag om die gehore se aanvraag na tentoonstellings van poppeteatre te bevredig nie en vir uiterste voorstellings van lojaliteit, selfopoffering en ander deugdes van die tydperk. Die mees gewildste poppeteater toneelstuk (later aangepas vir Kabuki akteurs) was Chūshingura (1748) deur Takeda Izumo en sy samewerkers. Dieselfde mans was verantwoordelik vir 'n halfdosyn ander jaarlikse gunstelinge van die Japannese verhoog. Die laaste groot 18de eeuse skrywer van poppeteater , Chikamatsu Hanji, was 'n meester van hoogs dramatiese, sy dit onwaarskynlike, storielyne en/of narratiewe.
Latere Tokugawa periode (c. 1770–1867)
Die literatuur van die latere Tokugawa periode is oor die algemeen minderwaardig aan vroeëre prestasies, en veral die van die Genroku meesters. Daar was agter outentieke nuwe stemme gehoor wat betref die tradisionele poëtiese vorme. Latere neo-Man'yōshū digters soos Ryōkan, Ōkuma Kotomichi, en Tachibana Akemi het ook bewys dat die tanka nie beperk was tot beskrywings van natuurbeelde of teleurgestelde liefde nie maar dat dit ook die vreugde oor 'n aandete wat uit smaaklike vis bestaan, of die toorn wat tydens politieke geleenthede ten toon gestel is, kon beskryf.
Sommige digters wat van mening was dat die tanka nie van genoegsame omvang was om sulke emosies ten toon te kan stel nie het gedraai, soos in die verlede, na die skryf van poësie in Sjinees. Die vroeg 19de eeuse digter Rai Sanyō het waarskynlik beter as enige vorige Japannese skrywer poësie in Sjinees geskryf.
Latere Tokugawa digters het ook kenmerkende skakerings van hul eie tot die haiku toegevoeg. Buson het bv. 'n romantiese en narratiewe element ingebring, en Issa het gebruik gemaak van die aksente van die alledaagse persoon. 'n Groot variëteit verskillende fiksie was gedurende die laaste eeue van die Tokugawa shogunate geproduseer, maar dit word oor die algemeen afgebaken onder die ietwat beledigende hofie van gesaku ("speelse komposisie"). Die woord "speels" het egter nie noodsaaklik verwys na die onderwerpe nie, maar na die houding van baie van die skrywers, naamlik opgevoede mans wat verantwoordelikheid vir hul komposisies ontken het.
Die laaste meester van fiksie wat die 18de eeu betef, Ueda Akinari, het 'n geagte plek in die literêre historiografie verwerf, deur sy briljante styl, wat op sy beste vertoon word in Ugetsu monagatari(1776), 'n versameling bonatuurlike verhale. Die gesaku skrywers het egter nie in die voetspore van Akinari gevolg nie wat betref sy perfeksionistiese aandag aan styl en konstruksie nie, maar het egter boeke van byna vormlose en ongebonde skinderstories geproduseer. Hulle het in die proses die pittigheid van alledaagse spraak vervang met die elegansie van die klassieke taal en ook in die proses staat gemaak op die talle illustrasies ten einde sukses te behaal met die publiek.
Die gesaku skrywers was professionele mense wat 'n lewe gemaak het deur die verkoop van hul boeke. Hulle het hul nette wyd uitgewerp ten einde soveel lesers as moontlik te lok en wanneer 'n boek 'n sukses was, was dit gewoonlik opgevolg deur soveel boeke as wat die publiek bereid was om te aanvaar. Die mees populêre werk wat betref die komiese variëteit van gesaku fiksie was Tōkai dōchū hizakurige (1802–22), deur Jippensha Ikku. Dit was 'n relaas van die wedervaringe en komiese teëspoed van twee onstuitbare mans en hul reis vanaf Edo al langs Tōkaidō, naamlik die hoofvervoerroete tussen Kyōto en Edo. Shunshoku umegoyomi (1832–33) deur Tamenaga Shunsui, vertel die verhaal van Tanjirō, 'n ewekansig aantreklike maar ondoeltreffende jongman om wie se aandag verskeie vrouens meeding. Dié skrywer moes homself op een punt verweer teen aanklagte van immoraliteit deur die volgende te uiter: " Alhoewel die vroue wat ek ten toon stel as immoreel mag voorkom, is hulle almal vervul met diepe sentimente van kuisheid en getrouheid." Dit was dan ook standaardpraktyk vir die gesaku skrywers om, nieteenstaande die ligsinnig hul komposisies, voor te gee dat hul bedoeling didakties van aard was.
Die yomihon (“boeke vir lees"—so genoem ten einde hulle te onderskei van werke wat meestal geniet was om hul illustrasies) het 'n luidrugtig-moralistiese toon gehad. Alhoewel hulle beskou was as gesaku, was hulle verhaallyne beswaar met geskiedkundige materiaal wat verkry was van Sjinese en Japannese bronne, en die skrywers het dikwels die werke se didaktiese doeleindes onderstreep.
Ten spyte van die ernstige bedoeling van die yomihon, was hulle romantiese verhale, eerder as ernstige romans, en hul karakters, wat baie gemodelleerd was, het hekse en feëprinsesse ingesluit, sowel as onberispelik edele here. In die gevalle waar die yomihon suksesvol was, soos die geval is met die paar werke van Takizawa Bakin, is hulle boeiende voorbeelde van 'n spesifieke vertelstyl wat skrywers gebruik het, eerder as die beliggaming van die beginsel van kanzen chōaku (“die aanmoediging van deugde en die kastyding van die bose"”, naamlik Bakin se uitgeroepte doel met die skryf van fiksie.)
Japannese literatuur was oor die algemeen op een van sy laagste punte sedert die einde van die Tokugawa periode. 'n Paar tanka digters en die Kabuki dramaturg Kawatake Mokuami is die enigste skrywers van die periode wie se werke steeds vandag gelees word. Dit was uitmergelende literatuur, wat slegs kon herleef deur die bekendstelling van vars invloede van oorsee.
Moderne Literatuur
Selfs na die aankoms van Kommodoor Matthew C. Perry se V.S.A. Vloot in 1853 en die geleidelike oopmaking van Japan tot die Weste en sy invloed, was daar slegs 'n geringe en skaars merkbare invloed op Japannese literatuur. Die langdurige periodes van afsluiting van die land van vreemde en buitelandse invloede, en die algemene eensluidendheid van die Tokugawa beskawing vir dekades op 'n slag, het skynbaar die verbeeldingskrag van die gesaku skrywers laat kwyn. Selfs die teenwoordigheid van vreemd-geklede buitelandse karakters, wat ten minste ietwat van 'n reaksie van skrywers moes verkry-wat naarstiglik op soek was na nuwe materiaal en inspirasie-, het aanvanklik geen effek teweeggebring nie.
Die gesaku skrywers was onbewus van die veranderinge wat besig was om plaas te vind in die Japannese samelewing, en hulle het voortgegaan om minuskule variasies op dieselfde geykte temas van die voorafgaande 200 jaar voort te bring.
Dit was slegs na die verplasing van die hoofstad na Edo (hernoem na Tokyo in 1868), en die deklarasie deur Keiser Meiji dat hy sal poog om kennis te verkry van die hele wêreld; dat die gesaku skrywers besef het dat hulle dae van invloed getel was. Hulle ou vyande, die kritici van immorele boeke uit die Konfusianisme , en ook voorstanders van Westerse geleerdheid, het gou toegeslaan. Alhoewel die gesaku skrywers gereageer het deur satiriese stukke en tradisionele Japannese fiksie te skryf wat die nuwe denke uitlag; was hulle hulpeloos om die veranderinge teen te staan wat besig was om die hele beskawing te verander.
Bekendstelling van Westerse Literatuur
Vertalings uit Europese tale van nie-literêre werke het gou na die Meiji Restorasie begin kop uitsteek. Die mees bekende voorbeeld hiervan was die vertaling (1870) van Samuel Smile se Selfhelp, dit het 'n tipe van 'n "bybel" vir ambisieuse jong Japannese geword wat gretig was om Westerse voorbeelde van sukses na te aap. Die eerste belangrike vertaling van 'n Europese roman was Ernest Maltravers, deur die Britse romansier Edward Bulwer-Lytton , wat in 1879 onder die titel Karyū shunwa ("'n Lenteverhaal van Bloeisels en Wilgerbome") uitgegee is.
Die vroeë Japannese vertalers se vertaalwerk was nie akkuraat nie, en die vertalers het op on-seremoniële wyse summier alle passasies wat hulle nie kon begryp nie, of wat hulle gevrees het dalk onverstaanbaar vir Japannese lesers sou wees, uitgevee. Hulle het ook verplig gevoel om lesers gerus te stel dat, ten spyte van die vreemde name van die karakters, die emosies wat ten toon gestel was presies dieselfde was as die van die Japannese.
Dit het egter nie lank geneem vir die vertalers om te ontdek dat Europese literatuur kenmerke besit het wat nie aanwesig was in die Japannese skrywes van die verlede nie. Die literêre geleerde Tsubouchi Shōyō was deur sy studie van Europese fiksie en kritiek daartoe beweeg om Didaktisme as 'n regmatige doel van fiksie te verwerp; hy het in stede daarvan aangedring op die kunssinnige waardes daarvan. Sy kritiese essay, Shōsetsu shinzui (1885–86; Die Essensie van die Roman) het grootliks die daaropvolgende fiksieskrywes beïnvloed; nie slegs as gevolg van die werk se benadrukking van realisme in teenstelling tot Didaktisme nie; maar omrede Shōyō, 'n lid van die samuraiklas, die oortuiging verwoord het dat romans, tot onlangs nog verag deur die intellektuele as blote vermaak vir kinders en vrouens, selfs wel 'n geleerde se aandag werd was.
Die eerste moderne Japannese roman was Ukigumo (“Drywende Wolk”); deur Futabatei Shimei , wat bekend was met Russiese literatuur en kontemporêre Westerse literêre kritiek. Futabatei het Ukigumo in die volksmond geskryf, blykbaar omdat sy studie van Russiese literatuur hom daarvan oortuig het dat slegs die volksmond behoorlik gebruik kan word wanneer die skrywer se eie samelewing beskryf word. Ten spyte van Futabatei se sukses met die eksperiment, het die meeste Japannese skrywers tot die einde van die eeu voortgegaan om van die bestaande literêre taal te gebruik. Dit was definitief as gevolg van hulle teësinnigheid om die ryk erfenis van tradisionele uitdrukkingsmoontlikhede op te gee ten gunste van die tot nog toe onversierde en onder-ontwikkelde moedertong.
Westerse invloede op die Japannese digkuns
Vertalings van westerse poësie het gelei tot die skepping van nuwe Japannese Literêre vorme. Die pioniersversameling Shintaishi-shō ("Seleksie van Gedigte in die Nuwe Styl”) het nie slegs vertalings vanuit Engels bevat nie maar ook vyf oorspronklike gedigte deur vertalers in die poëtiese genres van die spesifieke vertaalde buitelandse voorbeelde.
Die vertalers het verklaar dat alhoewel Europese poësie groter variëteit as Japannese poësie gehad het-sommige gedigte was gerym, ander nie, sommige was omslagtig, andere weer kortstondig-dit sonder meer geskryf was in die taal van ordinêre spraak. Die aandrang op moderne taal en die beskikbaarheid van baie verskillende poëtiese vorme was egter nie die enigste lesse wat deur die Europese poësie aangebied was nie. Die vertalers het in die proses ook die Japannese publiek bewus gemaak van die groot hoeveelheid menslike ondervindinge en uitdrukkingsvermoë wat nooit behandel was in die tanka of haikoe vorme nie.
Baie Westerse kritici het al op sarkastiese wyse kommentaar gelewer op die Japannese geneigdheid tot die na-aping van buitelandse literêre modelle, en op hulle beweerde onverskilligheid aan hulle eie tradisies. Dit is waar dat Futabatei sonder Russiese voorbeelde nie die Ukigumo sou kon skryf nie, en dat sonder Engelse voorbeelde, digters soos Shimazaki Tōson byvoorbeeld nie moderne Japannese poësie sou kon skep nie.
Maar dit is egter verkeerd om te wil beweer dat die Japannese mooitjies en op nalatige wyse hul literêre erfenis verwaarloos het. Die meeste skrywers was begerig om bekend te raak met hul eie tradisionele literatuur. Die vooraanstaande romansiers van die 1890's—Ozaki Kōyō, Kōda Rohan, Higuchi Ichiyō, en Izumi Kyōka—het almal Saikaku gelees en was merkbaar beïnvloed deur hom.
Ichiyō se kort roman, Takekurabe ("Grootword"), vertel op 'n realistiese wyse die verhaal van die kinders van die Yoshiwara kwartier van Edo, welke 'n welkome wending is van die gebruiklike verhale oor prostitute en hul kliënte. Sy gebruik die taal van Saikaku vir haar vertelling.
Kyōka, alhoewel gedeeltelik opgevoed by 'n Westerse sendingskool, het hom uitstekende gekwyt deur te skryf in die styl van laat Tokugawa fiksie, en iets van die verre Japannese literêre verlede het selfs deurgeskemer in sy skrywes van die 1930's-die laaste jare van sy lewe. Wat betref die digkuns ook-was die eerste produkte wat die invloed van die Weste getoon het komies onbekwame eksperimente met rym, en daarby ook met sulke onaptytlike onderwerpe soos byvoorbeeld die beginsels van sosiologie. Tōson se "Akikaze no uta" (“Lied van die Herfswind") is egter nie slegs 'n vaardige eggo van Percy Bysshe Shelley nie, maar 'n outentieke prent van 'n Japannese landskap-die onreëlmatige lyne van sy gedig neig na die tradisionele patroon van vyf- en sewe-lettergrepige werke.
'n Dekade nadat die werke van Engelse Romantiese digters soos Shelley en William Wordsworth Japannese poësie beïnvloed het, het die vertalings wat deur Ueda Bin van die Franse Parnassiese digters en Simboliste gemaak was, selfs 'n sterker indruk gemaak. Ueda het geskryf, "Die funksie van simbole is om te help om in die leser 'n emosionele toestand te skep wat soortgelyk is aan daardie toestand wat in die digter se gedagtes aanwesig is; simbole dra nie noodwendig dieselfde begrip aan almal oor nie." Hierdie oogpunt was van die Weste geleen, maar dit het perfek geakkordeer met die eienskappe van die tanka.
As gevolg van die dubbelsinnighede van tradisionele Japannese poëtiese uitdrukking, was dit doodnatuurlik vir'n gegewe gedig om verskillende effekte op verskillende lesers te hê. Die belangrike punt, soos in die Simboliste se poësie, was om die digter se bui oor te dra. Indien die Japannese digters van die vroeë 1900's aangemoedig is om besmetting deur buitelandse idees te vermy; sou hulle verklaar het dat die idee strydig was met 'n verligte era. Maar toe hulle meegedeel is dat vooraanstaande buitelandse digters dubbelsinnigheid verkies het bo helderheid van begrip; het die Japannese met dubbele entoesiasme gereageer.
Hernuwing van die tanka en haikoe
Selfs die tradisionele digterlike vorms, die tanka and haikoe, wat teen 1868 afgeleef en verwaarloos was, het 'n nuwe baadjie aangetrek, in groot mate te danke aan die pogings van Masaoka Shiki, 'n bekende 19de eeuse digter wat beide vorme betref, maar wie se bydrae van selfs groter waarde was as kritikus.
Yosano Akiko, Ishikawa Takuboku, en Saitō Mokichi was waarskynlik die mees suksesvolle praktisyns wat die nuwe tanka betref. Akiko- die digteres, se versameling Midaregami (1901; Verstrengelde Hare) het veral die harte van vroulike lesers geroer, nie slegs as gevolg van die liriese prag daarvan nie, maar omdat dit voorgekom het asof Akiko self, 'n nuwe era van romantiese liefde ingelui het daarmee.
Takuboku het na vore getree tydens die kort bestek van sy lewe (hy het in 1912 op die ouderdom van ses-en-twintig jaar beswyk) as miskien die mees gewildste tanka digter van alle tye. Sy poësie is gevul met treffende indiwiduele uitdrukkings van sy onversetlike persoonlikheid.
Saitō Mokichi het 'n meelewing van die stilistiese aard van die Man'yōshū gekombineer met 'n professionele bevoegdheid in sielkunde (psigiatrie). Ten spyte van die sober en bedroeflike aard van sy poësie, was hy vir baie jare erken as die leidende tanka-digter.
Wat die haikoe betref, het Takahama Kyoshi 'n aanhang van digters opgebou wat sterk genoeg was om die aanvalle van kritici te weerstaan wat verklaar het dat dié vorm onvoldoende was om te handel met die probleme wat die moderne bestaan teweeg gebring het.
Kyoshi het uiteindelik self besluit dat die funksie van die haikoe die was van 'n intuitiewe aanvoeling vir die prag van die natuur; maar ander haikoe digters het die medium gebruik om heeltemal ongewone temas uit te druk.
Die meeste tanka en haikoe digters het voortgegaan om gebruik te maak van die klassieke taal, waarskynlik omdat die taal se relatiewe presisie hul toegelaat het om groter inhoud aan hul verse te gee as wat die moderne Japannese taal toegelaat het.
Digters van die "nuwe styl" was derhalwe meer gereed om van die "volksmond" gebruik te maak. Hagiwara Sakutarō, wat oor die algemeen beskou word as die beste digter van die 20ste eeu, het op briljante wyse die musikale- en uitdrukkingsmoontlikhede van die moderne tongval uitgebuit.
Ander digters, soos Horiguchi Daigaku, het hulself toegewy aan vertalings van Europese poësie, en sodoende sulke belangrike, en noemenswaardige resultate behaal, dat hierdie vertalings vandag nog beskou word as 'n belangrike deel van die moderne poësie van Japan.
Die roman tussen 1905 en 1941
Die Dominante stroom in Japannese fiksie sedert die publikasie van Hakai (1906; Die Gebroke Gebod) deur Shimazaki Tōson, en Futon (1907; Die Kombers) deur Tayama Katai , was naturalisties.
Alhoewel die beweging oorspronklik geïnspireer was deur die werke van die 19de eeuse Franse romansier Émile Zola en ander Europese naturaliste, het dit gou 'n unieke Japannese skakering aangeneem, en versigtig ontwikkelde storielyne of stilistiese prag is verwerp ten gunste van absolute waarskynlikhede wat betref die outeur se belydenisse, of die outeur se fyn beskrywings van die lewens van onbelangrike mense wat vasgekeer word deur omstandighede buite hul beheer.
By algemene ooreenstemming, was die twee uitstaande romansiers van die vroeë twintigste eeu egter Mori Ōgai en Natsume Sōseki, skrywers wat interessant genoeg buite die naturalistiese beweging gestaan het.
Ōgai het as 'n skrywer van deels outobiografiese fiksie met sterk ondertone van die Duitse romantiek begin. Halfpad deur sy loopbaan het hy egter oorgeskuif na die geskiedkundige roman; wat so te sê ontdaan was van fiksionele elemente; maar waaraan hy literêre onderskeiding verleen het deur sy presiese en manlike styl.
Sōseki het bekendheid verwerf met humoristiese romans soos Botchan (1906; “Die Jong Meester”); 'n fiksionele relaas van sy ondervindinge as onderwyser in 'n provinsiale dorpie. Botchan was uitermate gewild toe dit die eerste keer verskyn het. Dit is die mees toeganklike roman wat die werk van Sōseki betref. Die Japannese lesers het naamlik plesier gevind daarin om hulself te identifiseer met die onstuimige, roekelose, maar basies ordentlike held.
Sōseki se werk daarna word egter gekenmerk deur 'n progressief donker-wordende en sombere kleur, maar selfs die mees sombere van sy werke het egter hul reputasie by Japannese lesers behou, wat dit as vanselfsprekend neem dat Sōseki die grootste van die moderne Japannese romanskrywers is, en wat in hul eie lewens eggo's vind van die geestelike lyding wat hy beskryf.
Sōseki het grotendeels geskryf oor Japannese intellektuele wat op brutale wyse in die twintigste eeu in geforseer is. Sy bekendste roman, Kokoro (1914; “Die Hart”), handel oor 'n tipiese situasie in sy romans, naamlik twee mans wat op dieselfde vrou verlief is. Sy laaste roman, Meian (1916; Lig en Donkerte), alhoewel onvoltooid, is geprys as een van sy meesterstukke.
In die dekade ná die einde van die Russies-Japannese Oorlog in 1905 het 'n ongelooflike uitbarsting van kreatiewe aktiwiteit plaasgevind. Waarskynlik nooit tevore in die geskiedenis van die Japannese letterkunde was so baie belangrike skrywers gelyktydig aan't werk nie. Drie romansiers wat eerste na vore getree het en die kalklig gehaal het in hierdie tyd was Nagai Kafū, Tanizaki Jun'ichirō, en Ryūnosuke Akutagawa. Nagai Kafū was oorbluf en versot op die Franse kultuur, en het met minagting geskryf oor die vulgêre, waardelose en goedkoop skyn van moderne Japan.
In latere jare, alhoewel hy steeds vervreem was van die Japannese toestand, het hy egter 'n groot mate van nostalgie getoon vir die Japan van sy jeug, en sy mees aantreklike werk bevat oproepings van die spore van 'n ou, waardige en opregte Japan wat oorleef het in die parodie van Westerse kultuur wat Tokio geword het.
Tanizaki se romans, en opmerklik Tade kuu mushi (1929; Sommige Verkies Brandnetels), stel dikwels 'n konflik daar tussen tradisionele Japannese en Westers-geïnspireerde maniërismes. In sy vroeë werke het hy ook 'n voorkeur vir die Weste verkondig.
Tanizaki se standpunte het verander toe hy te midde van die Groot Kantō Aardbewing van 1923 getrek het na die Kansai streek, en sy gevolglike skrywes het sy stelselmatige aanvaarding van die ou kultuur van Japan geopenbaar wat hy voorheen sou verwerp het. Tussen 1939 en 1941 het Tanizaki die eerste van sy drie moderne-taalweergawes van Genji monogatari gepubliseer. Hy het op vrywillige wyse etlike jare van sy loopbaan opgeoffer aan hierdie taak vanweë sy onblusbare bewondering vir hierdie grootse werk van Japannese literatuur.
Tanizaki se mees omslagtige roman, Sasameyuki (1943–48; 'Die Makioka Susters'), het met duidelike nostalgie die Japan van die 1930's opgeroep, toe mense nie behep was met die voortsetting van 'n oorlog nie, maar met troureëlings, besoeke aan plekke wat bekend was om hul kersiebloeisels, of die kulturele verskille tussen Tokio en Ōsaka.
Twee na-oorlogse romans deur Tanizaki het groot populariteit geniet naamlik, Kagi (1956; Die Sleutel), wat 'n relaas is van 'n professor se vasbeslotenheid om die kanse vir seksuele omgang met sy eggenoot ten volle te benut voordat Impotensie hom kniehalter, en Fūten rōjin nikki (1961–62; Dagboek van 'n Kêns Ou Man), 'n werk met 'n komiese skyn, wat 'n baie ou man se beheptheid en verdwaasdheid met sy skoondogter beskryf.
Geen leser sal hom na Tanizaki wend vir raad oor hoe om sy lewe te lei nie, en nog minder vir 'n diepe analise van die samelewing nie, maar nogtans voorsien sy werk nie net in die plesiere wat goed geskrewe werke voorsien nie, maar dra dit ook die spesiale fenomeen van admirasie en verwerping van die Weste oor, wat so 'n groot rol gespeel het in die Japannese kultuur van die twintigste eeu.
Ryūnosuke Akutagawa het sy reputasie as 'n briljante storieverteller gevestig,wat materiaal wat gevind is n ou Japannese versamelings getransformeer het deur hulle te vermeng met moderne Sielkunde. Geen skrywer het 'n groter aanhang in sy tyd geniet nie, maar Ryūnosuke Akutagawa het al hoe minder plesier daaruit gekry om bestaande verhale te verwerk, en hy het hom derhalwe uiteindelik daartoe gewend om oor homself, op 'n somtyds skrikwekkende wyse, te skryf.
Sy Selfmoord in 1927 het die hele Japannese literêre wêreld geskok. Die presiese oorsaak vir sy besluit is onbekend-hy het geskryf van 'n "vae ongemak"- maar miskien het Akatugawa nie in staat daartoe gevoel om sy persoonlike ervarings in fiksie te vervat nie, of om aan hulle die aksent van die heersende proletariese literatuurbeweging te verleen nie, wat toe op sy hoogtepunt was.
Die proletariese literêre beweging in Japan, soos in verskeie ander lande, het gepoog om die literatuur as 'n wapen te gebruik ten einde hervormings te bewerkstellig, en selfs rewolusie te stook, in reaksie teen maatskaplike ongeregtighede. Alhoewel die beweging in die 1920's so te sê totale beheer van die Japanese literêre wêreld verkry het, het onderdrukking van regeringskant vanaf 1928 af dit basies vernietig. Die hoof proletariese skrywer, Kobayashi Takiji, was in 1933 deur die polisie doodgemartel. Min van die geproduseerde werk van die beweging is egter van literêre waarde, maar die besorgdheid oor klasse mense wat voorheen deur Japannese skrywers geïgnoreer is, besorg egter nog steeds aan hierdie werke 'n spesiale plek.
Ander skrywers van die tydperk, wat daarvan oortuig was dat die essensiële funksie van literatuur, artisties en nie propagandisties was nie, het denkskole gevorm soos die “Neosensualiste”, wat gelei was deur Yokomitsu Riichi en Yasunari Kawabata. Yokomitsu se politiek het uiteindelik na regs beweeg, en die promulgasie van hierdie oortuigings, eerder as sy pogings om modernisme te behaal, het sy latere skrywes gekleur.
Yasunari Kawabata se werke (waarvoor hy in 1968 die Nobelprys vir Literatuur gewen het) word steeds bewonder vir hul lirisme en intuitiewe konstruksie.
Alhoewel Kawabata begin het as 'n modernis, het hy tot aan die einde van sy loopbaan ge-eksperimenteer het met modernistiese tegnieke. (Byvoorbeeld die Geisha van Yukiguni [1948; "Sneeulandskap"] en die meerdere vroue en die tee-seremonie in Sembazuru [1952; "Duisend Kraanvoëls"]).
Hy is egter die bekendste om sy portrette van vroue.
Japannese kritici het die fiksie van die voor-oorlogse tydperk in skole verdeel, elkeen wat gewoonlik bestaan uit een leidende skrywer en sy "dissipels".
Die mees invloedryke skrywer was waarskynlik Shiga Naoya. Sy karakteristieke literêre vorm was die “I novel” of "Ek roman" ("watakushi shōsetsu"), 'n werk wat outobiografiese materiaal met stilistiese prag en groot intelligensie behandel, maar nie kenmerkend is om die skepping van nuwe style of genres nie.
Shigase se oorheersende teenwoordigheid het veroorsaak dat die "I novel" (Ek roman in groter mate gerespekteer is deur die meeste kritici, teenoor byvoorbeeld ondubbelsinnige werke van fiksie, maar die skryfwerk van sy dissipels is somtyds skaars meer as bladsye wat geskeur is uit 'n dagboek, wat slegs van belang is indien die leser 'n toegewyde volgeling van die betrokke skrywer is.
Die Na-oorlogse roman
Die aggressiewe oorloë wat deur die Japannese militariste in die 1930's gevoer was, het literêre produksie en kreatiwiteit gekniehalter. Sensuur het stelselmatig strenger geword, en daar is van skrywers verwag om die oorlogspoging te steun. In 1941-45, soos wat die Tweede Wêreldoorlog in die Pasifiese teater gevoer is, het min literatuur van waarde verskyn. Tanizaki het in 1943 met die stapsgewyse publikasie van Die Makioka Susters begin, maar die publikasie daarvan is deur 'n amptelike bevel stopgesit, en die voltooide werk het slegs na die oorlog verskyn.
Die onmiddellike na-oorlogse jare het 'n buitengewone tydperk van aktiwiteit ingelui, beide deur die ouer generasie en deur nuwe skrywers. Die tydperk word kleurryk beskryf in die werk van Dazai Osamu, veral in Shayō (1947; Die Sakkende Son). Ander skrywers het die euwels van die oorlogsjare beskryf; en die mees oortuigendste en geslaagde daarvan was miskien Nobi (1951) deur Ōoka Shōhei; 'n werk wat die verslane Japannese soldate in die Filippynse oerwoude beskryf het. Die Atoombomme wat op Hiroshima en Nagasaki laat val is, was ook die inspirasie agter baie poësie en prosa, alhoewel dit dikwels te naby aan die gebeure was om werklike artistieke integriteit daaraan te verleen. 'n Paar werke, veral Kuroi ame (1966; Swart Reën) deur Ibuse Masuji, het daarin geslaag om die onbeskryflike gruwel van die ramp na behore te beskryf.
Die Japan van die onmiddellike na-oorlogse tydperk en die vooruitstrewende Japan van die 1950's en 1960's, het die agtergrond voorsien vir meeste van die werke van Yukio Mishima, 'n buitengewoon begaafde en veelsydige romansier en dramaturg wat die eerste Japannese skrywer geword het om algemene oorsese erkenning te geniet. Mishima se bekendste werke sluit Kinkaku-ji (1956; Die Tempel van die Goue Pawiljoen); 'n sielkundige studie gebaseer op 'n ware insident van 'n jong monnik wat bekende argitekturele meesterstukke verbrand het; en Hōjō no umi (1965–70; Die See van Vrugbaarheid), 'n tetralogie wat gesitueer is in Japan en die tydperk van omtrent 1912 tot die 1960's dek; in.
Abe Kōbō was noemenswaardig tussen moderne skrywers in dat hy daarin geslaag het, somtyds deur hom te wend tot avant-garde tegnieke, om die besondere toestand van "Japannees-wees" te transendeer en om universele fabels en mites van menslike lyding te skep in werke soos Suna no onna (1962; Die Vrou in die Duine). Die unieke aard van tradisionele Japannese kultuur, wat dit in die 16de eeu 'n onvrugbare teelaarde gemaak het vir Christenskap , was in verskeie hartroerende romans deur die Katolieke Japannese outeurEndō Shūsaku verwoord, vernaam Chimmoku (1966; Stilte). Die romans van Kita Morio was gekarakteriseer deur 'n spitsvondigheid, wat 'n welkome kontras geskep het met die heersende donker tonaliteit van ander kontemporêre Japannese romans. Sy "Nire-ke no hitobito" (1963–64; Die Huis van Nire), alhoewel gebaseer op die loopbane van sy oupa en sy vader (die digter Saitō Mokichi), was deur sy humor gered van die lot om net weer nog 'n Ek roman ("I novel") te word.
Kenzaburō Ōe het op 'n vroeë ouderdom bekendheid verwerf, en het in 1958 'n luisterryke literêre prys-die Akutagawa-prys-, gewen toe hy slegs drie-en-twintig jaar oud was. Sy vroeëre werke was hoofsaaklik geset in die afgeleë vallei op die eiland Shikoku waar hy gebore en grootgemaak was, en hy het voortdurend na die besondere atmosfeer teruggekeer in sommige van sy latere werke, en dit 'n essensiële sleutel tot sy lewe gevind. In 1994 het Ōe die Nobelprys vir Literatuur gewen, die tweede keer wat dit toegeken was aan 'n Japannese persoon. Alhoewel sy styl gekompliseerde en moeilik is, het Ōe daarin geslaag om lesers te raak, veral deur sy relase van sy lewe saam met sy psigies-gestremde seun. Anders as die meeste outeurs van die voorafgaande generasie, het Ōe sy pogings ook tot politieke sake aangewend, en dit het aan hom gewildheid besorg-veral ten opsigte van universiteitstudente en andere wat toegewyd was aan politiese en maatskaplike hervormings.
Vir meer as twintig jaar nadat hy die Akutagawa-prys gewen het, was Ōe as die jongste skrywer van belang geag, en kritici het die gebrek aan nuwe skrywers betreur. 'n Nuwe generasie is egter verteenwoordig deur Nakagami Kenji en Haruki Murakami. Murakami het nie slegs in Japan guns gewen nie maar ook oorsee, waar sy romans vertaal en bewonder is. Kenji, die seun van 'n ongetroude moeder, was in die burakumin-kaste gebore (Japan se tradisionele lae-klas). Sy agtergrond, wat hy nie gepoog het om weg te steek nie, het aan sy romans 'n besondere intensiteit verleen, 'n doelbewuste kruheid, en somtyds 'n woede wat nie gevind kon word in die werke van sy tydgenote nie, die meeste van hulle was van vooruitstrewende, gegoede en welgestelde gesinne. Murakami se romans; alhoewel daarop neergekyk is deur skrywers soos Ōe-omrede hy hulle beskou het as werke sonder 'n intellektuele basis en met 'n gebrek aan intellektuele sake-; het kritiese lof ontvang, en baie goed verkoop. Hierdie gewildheid was deel te danke aan sy bekendheid met Amerikaanse populêre kultuur; wat 'n integrale deel van die lewens van baie jongmense van regoor die wêreld is; maar ook as gevolg van sy vaardigheid as 'n storieverteller en sy vermoë om werklike en onwerklike gebeure op oortuigende wyse te vermeng.
Die moderne drama
The moderne Japannese teater se oorsprong dateer uit die vertalings en verwerkings van Westerse toneelstukke teen die einde van die 19de eeu, toe die publiek steeds oorwegend onder die invloed van die Kabuki was, welke hulle verhoed het om musiek- en danslose toneelstukke te waardeer. Die ontwikkeling van die moderne drama was ook op paradoksale wyse gekniehalter deur die feit dat Kabuki (anders as tradisionele fiksie of poësie) by die aanbreek van die moderne era 'n bloeityd beleef het. Die toneelstukke van Kawatake Mokuami, wat voor en na die Meiji Restorasie geskryf is, het die gehore begeester en daar was nie 'n benodigdheid vir hervormings nie. Verandering het voorgekom, maar beide tradisionele poppe- en Kabuki teaters kon daarin slaag om die era van voorstuwende modernisasie te oorleef. Tsubouchi Shōyō, wat die werke van William Shakespeare vertaal het, het verskeie suksesvolle toneelstukke geskryf-gebaseer op geskiedkundige gebeurlikhede uit Japan se geskiedenis, wat die struktuur en karakterisering van Europese toneelstukke gekombineer het met die akteurs-tegnieke van Kabuki. Romansiers soos byvoorbeeld Mori Ōgai was opgesaal met die taak om 'n teater-geselskap in die tradisie van die Noorweegse dramaturg Henrik Ibsen, eerder as die van Kabuki, te skep.
Die ontwikkeling van die moderne drama was enigsins gekniehalter deur die bekendstelling van rolprente wat 'n baie groter aantrekking vir die algemene publiek was. Die suksesvolle dramaturge van die 1910s en 1920s, soos bv. Okamoto Kidō het werke geskryf wat, alhoewel hulle produkte was van 'n moderne brein, die tradisionele verhoog-taal en historiese temas bewaar het. Mayama Seika het beide tradisionele en moderne werke geskryf, maar selfs op sy mees tradisioneel, soos met sy weergawe van die klassieke Kabuki toneelsiklus, Chūshingura, was diè dramaturg se oorwegende houding die van 'n moderne man.
Die eerste werklike moderne dramaturg was waarskynlik Kunio Kishida, wie se toneelstukke-met hul kontemporêre atmosfeer-nie staatgemaak het op uitvoerige tonele, musiek, of teatrale oorwegings nie. Kishida was egter gekniehalter deur 'n gebrek aan gehalte akteurs en aktrises wat bevoeg was om rolle te speel wat hul min geleentheid gegee het vir die grandiose vertoning van emosies. Dit was nie tot na die Tweede Wêreldoorlog dat moderne dramas-wat in staat was om 'n internasionale gehoor mee te voer-geskryf en op bevoegde wyse uitgevoer was nie. Die toneelstukke van Yukio Mishima en Abe Kōbo was die eerste Japannese toneelstukke wat suksesvol oorsee opgevoer is in ander tale.
Modern poësie
Teen die begin van die 20ste eeu is voorspel dat die tradisionele vorms van Japannese poësie deur die Japannese digters-wat na vryheid gesmag het wat betref hul keuse van onderwerpe en woordeskat, en wat nie hul gedigte wou "inforseer" in een-en-dertig of sewentien lettergrepe nie-verwerp sou word. Masaoka Shiki het met behulp van wiskundige modelle gepostuleer dat dit net 'n kwessie van tyd sou wees voordat dit onmoontlik sou word om 'n nuwe gedig te komponeer in die tradisionele vorme. Maar die Japannese het voortgegaan om simpatie ten opsigte van die kortgedig te toon: 'n momentele persepsie wat maklik verdun kan word indien dit uitgebrei word na verskeie strofes; kan pragtig behoue bly en vasgevang word in 'n haikoe; en , indien die tradisionele vorme te kort is om die digter se emosies in detail te illustreer, kan ondertone wink na betekenisse wat verby die gesproke woorde strek, net soos op die wyse wat byvoorbeeld tradisionele skilderye voorstel, eerder as konstateer.
Alle digters het egter nie "teruggekeer" na die tradisionele vorme nie. Hagiwara Sakutarō het slegs in vrye versvorm geskryf, net soos die meeste ander moderne digters. Sommige digters was in groot mate beïnvloed deur Europese en Amerikaanse poësie; gedurende die na-oorlogse tydperk het 'n digterskool ontstaan wat sy naam geneem het van T.S. Eliot se gedig The Waste Land - welke werk vir Elliot op sy mees melancholiese oomblikke daarstel. Sommige digters het gedurende die Pasifiese veldtogte van die Tweede Wêreldoorlog poësie om patriotiese doeleindes gebruik, of om hul politiese oortuigings rugbaar te maak gedurende die onstuimige dae wat gevolg het op die Japannese nederlaag. Maar by verre die meeste Japannese wat moderne poësie in die tweede helfte van die 20ste eeu geskryf het, was meer as ooit tevore in solidariteit met hul oorsese tydgenote. Hulle het naamlik dieselfde angstighede oor dieselfde krisisse, en dieselfde intense verlange na liefde gedeel.
Sien ook
Bykomende Leeswerk
Algemene werke
- Donald Keene, Seeds in the Heart (1993), dek werke van die vroegste tye na die van die laat 16de eeu.
- Jin'ichi Konishi, "A History of Japanese Literature", vertaal vanuit die Japannees na Engels, redakteur Earl Miner, 3 vol. (1984–91), sluit volumes in op antieke literatuur en die middeleeue.
- Karen Brazell (red.), Tradisionele Japannese Teater (1998), dit is 'n bundel van toneelstukke van die Noh, kyōgen, jōruri, en Kabuki teaters en geïllustreer.
- Haruo Shirane en Tomi Suzuki (reds.), Inventing the Classics (2000), bestaan uit 'n reeks essays op die totstandkoming van groot werke van Japannese literatuur as klassieke werke.
- David Pollack, "The Fracture of Meaning: Japan's Synthesis of China from the Eighth Through the Eighteenth Centuries" (1986), is 'n waardevolle opname van die Sjinese komponent van Japannese literatuur.
- Hiroaki Sato en Burton Watson (redakteurs en vertalers), "From the Country of Eight Islands" (1981), sluit poësie in van alle periodes.
- Ooka Makoto, "The Colors of Poetry", vertaal deur Takako U. Lento en Thomas V. Lento (1991), is 'n interpretasie van klassieke verse deur 'n moderne digter.
Vroeë en Nara tydperke
- Basil Hall Chamberlain, vertaling van “Ko-ji-ki,” of “Rekords van Antieke Aangeleenthede,” 2de uitg. (1932; ook gepubliseer as "The Kojiki", 1982); en Donald L. Philippi, Kojiki (1968, heruitgereik in 1992)- is vertalings van die Kojiki, 'n relaas van Japannese geskiedenis van die skepping van die eilande tot die 7de eeu.
- Gedeeltelike vertalings van Man'yōshū, die grootste versameling van Japannese poësie, sluit Nippon (Nihon) Gakujutsu Shinkōkai, "The Mānyōshū" (1940, heruitgereik 1965); Ian Hideo Levy, "The Ten Thousand Leaves" (1981); en Edwin A. Cranston, "A Waka Anthology" (1993– ) in.
Heian tydperk
- Ivan Morris, "The World of the Shining Prince" (1964, heruitgereik in 1994), is 'n algemene inleiding tot die Heian hof.
- Dagboeke deur hofdames sluit in Michitsuna no Haha, "Die Gossamer Jare", vertaal deur Edward Seidensticker (1964, heruitgereik 2001) asook Izumi Shikibu, "The Izumi Shikibu Diary", vertaal deur Edwin A. Cranston (1969); Sugawara no Takasue no Musume, "As I Crossed a Bridge of Dreams", vertaal deur Ivan Morris (1971, heruitgereik in 1983); en Murasaki Shikibu, "Murasaki Shikibu, Her Diary and Poetic Memoirs", vertaal deur Richard Bowring (1982).
- Murasaki Shikibu, "The Tale of Genji"-Afrikaans: Die Verhaal van Genji, ses volumes, vertaal deur Arthur Waley (1925–33, heruitgereik in 1 volume, 1993); twee volumes, vertaal deur Edward Seidensticker (1976, heruitgereik in een volume , 1990); en twee volumes, vertaal deur Royall Tyler (2001), is drie verskillende vertalings van die grootste werk van Japannese literatuur.
- Andrew Pekarik (redakteur), "Ukifune: Love in the Tale of Genji" (1982), bestaan uit studies van een hoofstuk van Die Verhaal van Genji.
- J. Thomas Rimer en Jonathan Chaves (vertalers), "Japanese and Chinese Poems to Sing: The Wakan Rōei Shū" (1997), is 'n volledige vertaling van 'n versameling gedigte wat vir eeue die basis gevorm het van basiese poëtiese kennis van Japannees.
- Edward Kamens, "Utamakura, Allusion, and Intertextuality in Traditional Japanese Poetry" (1997), spoor temas na wat hardloop deur die gehele waka digkuns.
- Helen Craig McCullough, "Brocade by Night" (1985), is 'n studie van die Kokinshū en die hofstyl van Japannese poësie.
- Helen Craig McCullough (vertaler), "Tales of Ise" (1968); en Mildred M. Tahara (vertaler), "Tales of Yamato" (1980), is skolastiese uitgawes met inleidings.
- Helen Craig McCullough (vertaler), "Okagami, The Great Mirror" (1980), is 'n relaas wat 'n vermenging van poësie en fiksie insluit; so ook is William H. McCullough en Helen Craig McCullough (vertalers), "A Tale of Flowering Fortunes: Annals of Japanese Aristocratic Life in the Heian Period", 2 volumes. (1980).
- "The Tale of the Bamboo Cutter", vertaal deur Donald Keene (1998), is bekend as die "voorouer van alle romanse."
- Sugawara no Takasue no Musume, A Tale of Eleventh Century Japan: Hamamatsu Chūnagon Monogatari, vertaal deur Thomas H. Rohlich (1983), is 'n voorbeeld van laat Heian fiksie.
- Marian Ury (vertaler), "Tales of Times Now Past (1979, heruitgereik 1993), sluit 62 verhale in van die Konjaku monogatari.
Middeleeue
- William R. LaFleur, The Karma of Words: Buddhism and the Literary Arts in Medieval Japan (1983), voorsien 'n algemene godsdienstige agtergrond vir die literatuur van die tydperk.
- Michele Marra (Michael F. Marra), The Aesthetics of Discontent: Politics and Reclusion in Medieval Japanese Literature (1991), is 'n stimulerende beskrywing van middeleeuse estetika.
- Steven D. Carter, Regent Redux: A Life of the Statesman-Scholar Ichijō Kaneyoshi (1996), is 'n absorberende relaas van 'n sentrale figuur in die Muromachi tydperk.
- Helen Craig McCullough (vertaler), The Taiheiki (1959, heruitgereik 1979), en Yoshitsune (1966), is akkurate weergawes van oorlogsverhale.
- Margaret Helen Childs (vertaler), Rethinking Sorrow (1991); and Virginia Skord (vertaler), Tales of Tears and Laughter (1991), is vertalings van otogi-zōshi, die kort fiksie vorm wat populêr was in middeleeuse Japan.
- D.E. Mills (vertaler), A Collection of Tales from Uji (1970), is 'n skolastiese maar leesbare weergawe.
- Royall Tyler (redakteur en vertaler), Japanese Tales (1987), bestaan uit staaltjies van verskeie middeleeuse versamelings van verhale.
- Thomas J. Cogan (vertaler), The Tale of the Soga Brothers (1987), is 'n storie wat die Kabuki teater van baie toneelstukke voorsien het.
- Donald Keene (vertaler), Essays in Idleness: The Tsurezuregusa of Keukō (1967, heruitgereik in 1998); en Donald Keene and Royall Tyler (reds.), Twenty Plays of the Nō Theatre (1970), is leesbaar, alhoewel naby aan die oorspronklikes.
- Arthur Waley, The Nō Plays of Japan (1921, heruitgereik in 1998), gee vryer weergawes van die toneelstukke.
- Royall Tyler (redakteur en vertaler), Japanese Nō Dramas (1992), is toegewy an die teaterstukke van Kan'ami en Zeami.
- J. Thomas Rimer en Yamazaki Masakazu (vertalers), On the Art of Nō Drama (1984), is die beste inleiding tot die estetika van Noh.
- Janet Goff, Noh Drama and The Tale of Genji (1991), spoor die funksies na van verwysings in die toneelstukke.
- Mae J. Smethurst, The Artistry of Aeschylus and Zeami (1989), voorsien 'n absorberende vergelyking van werke deur twee meester dramatiste.
- Robert H. Brower (vertaler), Conversations with Shōtetsu, red. deur Steven D. Carter (1992), is 'n werk van buitengewone belang aan studente van Japannese poësie.
- Nakanoin Masatuda no Musume, "The Confessions of Lady Nijō", vertaal deur Karen Brazell (1973, heruitgereik 1983), is 'n vertaling van 'n dagboek van buitengewone belang.
Tokugawa tydperk
- Donald Keene, World Within Walls (1976, heruitgereik in 1999), is 'n historie van die literatuur van die Tokugawa tydperk.
- Uitstekende vertalings van die werke van Saikaku sluit in Wm. Theodore de Bary (vertaler), Five Women Who Loved Love (1956, heruitgereik 1996); Ivan Morris (redakteur en vertaler), The Life of an Amorous Woman and Other Writings (1963); en G.W. Sargent (vertaler), The Japanese Family Storehouse (1959, heruitgereik 1969).
- Howard Hibbett, The Floating World in Japanese Fiction (1959, heruitgereik 2001), is 'n kritiese studie van Tokugawa fiksie met vertalings.
- Makoto Ueda, Matsuo Bashō (1970, heruitgereik 1982), bevat biografiese materiaal op die groot haikoe digter.
- Bashō Matsuo, The Narrow Road to the Deep North and Other Travel Sketches, vertaling deur Nobuyuki Yuasa (1966), bevat al Bashō se dagboeke.
- Earl Miner en Hiroko Odagiri (vertalers), The Monkey's Straw Raincoat and Other Poetry of the Bashō School (1981), gee voorbeelde van Bashō se gekoppelde verse.
- Haruo Shirane, Traces of Dreams (1998), is 'n in-diepte studie van die karakteristieke van die poësie wat gekomponeer is deur Bashō en sy skool.
- C. Andrew Gerstle, Circles of Fantasy: Convention in the Plays of Chikamatsu (1986); en Monzaemon Chikamatsu, Chikamatsu: 5 Late Plays, vertaal deur C. Andrew Gerstle (2001), dra by tot kennis van die groot dramaturg.
- Verteenwoordigende toneelstukke van die jōruri teater is versamel in Monzaemon Chikamatsu, Major Plays, vertaal deur Donald Keene (1961, heruitgereik 1990); Takeda Izumo, Miyoshi Shōraku, and Namiki Senryū, Chūshingura: The Treasury of Loyal Retainers, vertaal deur Donald Keene (1971, heruitgereik 1981); Takeda Izumo et al., Sugawara and the Secrets of Calligraphy, redakteur en vertaal deur Stanleigh H. Jones, Jr. (1985); Izumo Takeda, Yoshitsune and the Thousand Cherry Trees, vertaal deur Stanleigh H. Jones, Jr. (1993); en Mokuami Kawatake, Love of Izayoi and Seishin, vertaal deur Frank T. Motofuji (1966).
- Ueda Akinari, Ugetsu Monogatari: Tales of Moonlight and Rain, vertaal en geredigeer deur Leon Zolbrod (1974), is 'n versameling verhale van die bonatuurlike.
- Ryōkan, Ryōkan, vertaal deur Burton Watson (1977); en Nichisei, Grass Hill (1983), bevat kanshi (gedigte in Sjinees) deur die monnike Ryōkan en Gensei.
Moderne tydperk
- Donald Keene, Dawn to the West, 2 volumes (1984, heruitgereik in 1998–99), analiseer die geskiedenis van Japannese literatuur sedert 1868.
- Van C. Gessel and Tomone Matsumoto (reds.), The Shōwa Anthology, 2 vol. (1985), gee verteenwoordigende kortverhale van die tydperk.
- Theodore W. Goossen (redakteur), The Oxford Book of Japanese Short Stories (1997), is ook in hoofsaak toegewy aan die werke van die Shōwa era.
- Donald Keene (samesteller en redakteur), Modern Japanese Literature (1956, heruitgereik in 1991); Ivan Morris (red.), Modern Japanese Stories (1961, heruitgereik in 1970); Yukio Mishima en Geoffrey Bownas (reds.), New Writing in Japan (1972); en Howard Hibbett (red.), Contemporary Japanese Literature (1977, heruitgereik in 2005), is bundels van verskillende genres van moderne skryfwerk.
- Makoto Ueda, Modern Japanese Writers and the Nature of Literature (1976), and Modern Japanese Poets and the Nature of Literature (1983), is waardevolle studies.
- Dennis Keene (vertaler), The Modern Japanese Prose Poem (1980), is 'n bloemlesing van ses digters.
- Takamichi Ninomiya en D.J. Enright (reds.), The Poetry of Living Japan (1957, herdruk 1979); Ichirō Kōno en Rikutarō Fukuda (reds. en vertalers.), An Anthology of Modern Japanese Poetry (1957, heruitgereik in 1971); Kenneth Rexroth en Ikuko Atsumi (redsakteurs en vertalers.), The Burning Heart: Women Poets of Japan (1977); en James Kirkup (vertaler), Modern Japanese Poetry, geredigeer deur A.R. Davis (1978), is verteenwoordigende versamelings.
- Janine Beichman, Masaoka Shiki (1982, heruitgereik in 2002); en Shiki Masaoka, Peonies Kana: Haiku by the Upasaka Shiki, vertaal en geredigeer deur Harold J. Isaacson (1972), is toegewy aan die Meiji digter.
- Amy Vladeck Heinrich, Fragments of Rainbows (1983), is 'n studie van die lewe en poësie van Saitō Mokichi, wie se tanka sekwensie verskyn in Seishi Shinoda; en Sanford Goldstein (vertaler), Red Lights (1989).
- Hosea Hirata, The Poetry and Poetics of Nishiwaki Junzaburō (1993), is 'n studie van vertalings van die bekendste modernistiese digter.
- Richard John Bowring, Mori Ōgai and the Modernization of Japanese Culture (1979); and J. Thomas Rimer, Mori Ōgai (1975), is studies van die groot skrywer.
- Edwin McClellan, Two Japanese Novelists (1969, reissued 2004), bespreek werke deur Natsume Sōseki en Shimazaki Tōson.
- Edward Seidensticker, Kafū the Scribbler (1965, herdruk 1990), is 'n biografie van Nagai Kafū met vertalings vanuit sy werke.
- Adriana Boscaro, Tanizaki in Western Languages (2000), is 'n volledige bibliografie van werke deur en oor Tanizaki Jun'ichirō.
- Irmela-Hijiya Kirschnereit, Rituals of Self-Revelation (1996; oorspronklik gepubliseer in Duits, 1981); Edward Fowler, The Rhetoric of Confession (1988); en Tomi Suzuki, Narrating the Self (1996), is toegewy aan die shishōsetsu (I novel).
- Dennis Keene, Yokomitsu Riichi, Modernist (1980), is 'n studie van die hooffiguur van die Neo-Sensualiste Beweging.
- Ōoka Shōhei, Taken Captive, vertaal en geredigeer deur by Wayne P. Lammers (1996); en "Fires on the Plain", vertaal deur Ivan Morris (1957, heruitgereik in 2001), dra op kragtige wyse die ondervindinge van Japannese soldate in die Pasifiese area gedurende die Tweede Wêreldoorlog oor.
- Van C. Gessel (redaktuer), Japanese Fiction Writers Since World War II (1997), is 'n onskatbare biografiese gids.
- Masao Miyoshi, Accomplices of Silence: The Modern Japanese Novel (1974, reissued 1996), is 'n hoogs indiwiduele studie.
- Susan J. Napier, Escape from the Wasteland: Romanticism and Realism in the Fiction of Mishima Yukio and Oe Kenzaburo (1991), behandel die twee bekende outeurs van die na-oorlogse era.
- Chieko I. Mulhern, Japanese Women Writers: A Bio-Critical Sourcebook (1994); en Paul Gordon Schalow en Janet A. Walker (reds.), The Woman's Hand: Gender and Theory in Japanese Women's Writing (1996), ondersoek vroue se bydrae tot Japannese literatuur.
- J. Thomas Rimer, Toward a Modern Japanese Theatre: Kishida Kunio (1974), beskryf die pogings om 'n moderne teater te skep.
- Ted T. Takaya (redakteur en vertaler), Modern Japanese Drama (1979), is 'n bloemlesing van vyf toneelstukke deur verteenwoordigende Japannese dramaturge.
- Yukio Mishima, Five Modern Nō Plays, vertaal deur Donald Keene (1957); en Kōbō Abe, Three Plays, vertaal deur Donald Keene (1993), is versamelings van die mees suksesvolle na-oorlogse toneelstukke.
- Nancy K. Shields, Fake Fish: The Theatre of Kobo Abe (1996), is 'n studie van Abe se bydrae tot die na-oorlogse teater.
Bronne
- Japanese literature. In: Encyclopædia Britannica. Encyclopædia Britannica Ultimate Reference Suite. Chicago: Encyclopædia Britannica, 2012