Jandorie
Die Jandorie (Zeus faber) is 'n seevis wat aan die hele kus van Suid-Afrika, die oostelike Atlantiese Oseaan, Australië, Nieu-Seeland, Japan en die Suid-Chinese See voorkom. In Engels staan die vis bekend as die John Dory.
Jandorie | |
---|---|
![]() | |
Zeus faber | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | Z. faber |
Binomiale naam | |
Zeus faber Linnaeus, 1758 | |
![]() | |
Verspreiding van die jandorie |
Voorkoms
Die lyf is silwerbrons met golwende horisontale lyne en 'n groot kol bokant die pektorale vinne. Die dorsale vin het kenmerkende lang strale. Die vis word 90 cm lank en weeg tot 8.2 kg.
Habitat en gewoontes
Die jandorie kom op die kontinentale bank en boonste hellings voor in water van 50 – 400 m diep. Die onvolwasse vissies eet soöplankton en die volwasse visse eet vis en pylinkvis. Dit is 'n gesogte eetvis.
Sien ook
Bron
- Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7
Verwysings
- Sepkoski, Jack (2002). "A compendium of fossil marine animal genera". Bulletins of American Paleontology. 364: 560. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Julie 2011. Besoek op 25 Desember 2007.
Eksterne skakel
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.