Janbruin

Die Janbruin (Gymnocrotaphus curvidens) is 'n vis wat endemies is aan die suidkus van Suid-Afrika. Die vis is oranjebruin van kleur met helderblou . Die kop is blougrys. Die dorsalevin het 10 stekels en 12 strale en die analevin het 10 strale. Die stertvin is vlak gevurk met ronde punte. By volwasse visse staan die geboë snytande uit van die kakebeen. Dit kan tot 50 cm lank word en weeg dan 3 kg. Dit kom naby die land voor en gaan selde dieper as 80 m. Die vis vreet alge, wurms en skaaldiere. Dit is 'n gewilde eetvis en word met rooiaas gevang.

Janbruin
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Infrafilum:
Superklas:
Klas:
Subklas:
Infraklas:
Superorde:
Orde:
Familie:
Genus:
Gymnocrotaphus
Spesie:
G. curvidens
Binomiale naam
Gymnocrotaphus curvidens
Günther, 1859

Die Suid-Afrikaanse hengelrekord is 2.8 kg en die spiesrekord is 3.0 kg. In Suid-Afrikaanse Engels staan die vis bekend as die Janbruin en internasionaal as John Brown.

Sien ook

Bronne

  • Sea Fishes of Southern Africa. Rudy van der Elst & Dennis King. 2006. ISBN 978-1-77007-345-6
  • Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7

Eksterne skakel

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.