Jan Jonathan Serfontein

Jan Jonathan Serfontein (gebore 3 Februarie 1898 te Vegkop en oorlede in die distrik Philippolis, Oranje-Vrystaat, 17 Oktober 1967) was 'n Suid-Afrikaanse politikus, lid van die regerende Nasionale Party en volksraadslid vir Edenburg (19321935), Boshof (19381948), Fauresmith (1948 – 1953) en Fauresmith-Boshof (1953 – 1966).

Jan J. Serfontein
Jan Jonathan Serfontein

Minister van Volkswelsyn en Pensioene
Ampstermyn
1958  1966
Eerste minister Hendrik Verwoerd
Voorafgegaan deur J.H. Viljoen
Opgevolg deur W.A. Maree

Minister van Onderwys, Kuns en Wetenskap
Ampstermyn
1958  1961
Eerste minister Hendrik Verwoerd
Voorafgegaan deur M.D.C. de Wet Nel
Opgevolg deur John Vorster

Minister van Pos- en Telegraafwese
Minister van Volkswelsyn en Pensioene
Ampstermyn
1954  1958
Eerste minister Hans Strijdom
Voorafgegaan deur Tom Naudé
Opgevolg deur Albert Hertzog

Persoonlike besonderhede
Gebore 3 Februarie 1898
Vegkop
Sterf 17 Oktober 1967 (op 69)
Philippolis, OVS
Nasionaliteit Suid-Afrikaner
Politieke party Nasionale Party
Kiesafdeling sien teks

Serfontein was aanvanklik Minister van Pos- en Telegraafwese sowel as van Volkswelsyn in die kabinet van Hans Strijdom (1954 - 1958), en later Minister van Onderwys, Kuns en Wetenskap (1958 – 1961) en Minister van Volkswelsyn en Pensioene (1958 – 1966) in die Verwoerdregering.

Serfie Serfontein was ook leier van die Oranje-Vrystaatse Nasionale Party.

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.