Jan Engelen
Jan Engelen (7 Junie 1946 - 9 Mei 2018) was 'n Suid-Afrikaanse akteur en TV-regisseur.[1] Hy is die seun van Belgiese ouers, die regisseur en akteur Fred Engelen en die aktrise Tine Balder. Hy is in België gebore maar word in Stellenbosch groot waar hy ook gestudeer het.
Jan Engelen | |
Geboorte | 7 Junie 1946 Antwerpen, België |
---|---|
Sterfte | 9 Mei 2018 (op 71) |
Nasionaliteit | Suid-Afrikaner |
Beroep(e) | Akteur |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Hy is op 9 Mei 2018 aan kanker oorlede[2] en laat sy ma, vrou (Amor Tredoux), vyf kinders en drie sibbes agter.
Filmografie
As akteur:
- Liewe Hemel, Genis!, 1986 as Pole
- Pim Pandoer in het nauw, 1975
- Lieverdjes uit Amsterdam, 1974
As regisseur:
- Vuurhoutjieland (TV-reeks), 1981
- Trompie en die Boksombende (TV-reeks), 1980
- Adoons-hulle (TV-reeks), 1977–1978
Verwysings
- Profiel op ESAT, besoek op 18 November 2012
- https://www.netwerk24.com/Vermaak/jan-engelen-oorlede-20180509
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.