Jakob Böhme

Jakob Böhme (Duitse fonetiese uitspraak: ˈbøːmə; 24 April 157517 November 1624) was 'n Duitse filosoof, Christelike mistikus en Luthers-Protestantse teoloog. Hy is deur baie sy tydgenote beskou as 'n oorspronklike denker[1] binne die Lutherse tradisie, en sy eerste boek, algemeen bekend as Aurora, het 'n groot oproer veroorsaak. Böhme het 'n diepgaande invloed op latere filosofiese bewegings gehad soos die Duitse idealisme en Duitse Romantiek.[2] Hegel het Böhme beskryf as "die eerste Duitse filosoof".

Jakob Böhme
Gebore24 April 1575
Alt Seidenberg (nou Stary Zawidów, Pole) naby Görlitz, Bo-Lusatia, Boheemse Koninkryk Heilige Romeinse Ryk (nou verdeel tussen Görlitz, Duitsland en Zgorzelec, Pole)
Sterf17 November 1624
Görlitz, Bo-Lusatia, Boheemse Koninkryk, Heilige Romeinse Ryk (nou verdeel tussen Görlitz, Duitsland en Zgorzelec, Pole)

Biografie

Böhme is gebore op 24 April 1575[3][4] in Alt Seidenberg (nou Stary Zawidów, Pole), 'n dorpie naby Görlitz in Bo-Lusatia, en gebied van die Koninkryk van Boheme. Sy vader, George Wissen, was Luthers en redelik gegoed, maar nietemin 'n lyfeiene. Böhme was die vierde van vyf kinders. Böhme se eerste werk was as herder. Hy is egter nie sterk genoeg geag vir 'n lewe as landbouer nie. Toe hy 14 jaar oud was is hy na Seidenberg gestuur as vakleerling, ten einde te kwalifiseer as skoenmaker. [5] Sy vakleerlingskap was 'n tyd van groot beproewing; hy het by 'n gesin gewoon wat nie Christene was nie, en wat hom blootgestel het aan die omstrede kwessies van die era. Hy het gereeld gebid en die Bybel gelees, asook werke van Paracelsus, Weigel en Schwenckfeld, alhoewel hy geen formele opleiding ontvang het nie. Na drie jaar as vakleerling het Böhme vertrek ten einde te reis. Alhoewel dit onbekend is hoe ver hy gereis het, het hy ten minste so ver as Görlitz gereis. [5] In 1592 het Böhme teruggekeer van sy reise. Teen 1599 het Böhme het sy eie perseel in Görlitz gehad. Dieselfde jaar het hy met Katharina, die dogter van Hans Kuntzschmann, 'n slagter in Görlitz, getrou, en saam met haar vier seuns en twee dogters gehad. [6]

Böhme se mentor was Abraham Behem, wat met Valentin Weigel gekorrespondeer het. Böhme het aangesluit by 'n parogiale studiegroep wat georganiseer is deur Martin Möller. Hy het gedurende sy jeug 'n aantal mistieke ervarings gehad, wat uitgeloop het op 'n visie in 1600, toe hy eendag sy aandag gefokus het op die prag van 'n ligstraal wat weerkaats word. Hy het geglo dat hierdie visie aan hom die geestelike struktuur van die wêreld openbaar, sowel as die verhouding tussen God en mens, en goed en kwaad. Destyds het hy verkies om nie openlik van hierdie ervaring te praat nie, maar in stede hiervan verkies om voort te gaan met sy werk.

In 1610 het hy 'n verdere innerlike visie beleef waardeur hy die eenheid van die kosmos verder begryp het en geglo het dat hy 'n spesiale roeping van God ontvang het.

Die winkel in Görlitz, wat in 1613 verkoop is, het hom toegelaat om in 1610 'n huis te koop en dit in 1618 klaar te betaal. Böhme het in 1613 afstand gedoen van skoenmakery en 'n tyd lank wolhandskoene verkoop, wat veroorsaak het dat hy gereeld Praag besoek het om sy ware te verkoop. [5]

Werke (keur)

Titelblad van die eerste uitgawe
  • 1612: Aurora
  • 1619: De tribus principiis
  • 1620: De triplici vita hominis
  • 1620: Psychologica vera
  • 1620: De incarnatione verbi
  • 1620: Sex puncta theosophica
  • 1620: Sex puncta mystica
  • 1620: Mysterium pansophicum
  • 1620: Informatorium novissimorum
  • 1621: Christosophia
  • 1621: Libri apologetici
  • 1621: Antistifelius
  • 1622: Ingleich Vom Irrtum der Secten Esaiä und Zechiel Meths
  • 1622: De signatura rerum
  • 1623: Mysterium Magnum
  • 1623: De electione gratiae
  • 1623: De testamentis Christi
  • 1624: Quaestiones theosophicae (teologiese betragtinge)
  • 1624: Tabulae principorium
  • 1624: Apologia contra Gregorium Richter
  • 1624: Libellus apologeticus
  • 1624: Clavis
  • 1618–1624: Epistolae theosophicae
  • 1682: Werkausgaben

Moderne uitgawes

  • Jacob Böhme: Sämtliche Schriften. 11 bande, faksimilie van die 1730-uitgawe, red. Will-Erich Peuckert. Frommann-Holzboog, Stuttgart-Bad Cannstatt 1955–1989, ISBN 978-3-7728-0061-0.
  • Jacob Böhme: Die Urschriften. 2 bande, in opdrag van die Akademie der Wissenschaften zu Göttingen, red. von Werner Buddecke. Frommann-Holzboog, Stuttgart-Bad Cannstatt 1963–1966, ISBN 978-3-7728-0073-3.

Notas

  1. Sar Perserverando, Grand Master (2015). An anthology for Martinists. The Hermetic Order of Martinists. p. 3.
  2. Encyclopædia Britannica - Jakob Böhme
  3. Jaqua, Mark (1984). "The Illumination of Jacob Boehme" (PDF). TAT Journal. TAT Foundation. 13. HTML version
  4. (2004) "Jacob Böhme: The Teutonic Philosopher"..
  5. Deussen 1910, p. xxxviii
  6. "Boehme, Jakob". Encyclopædia Britannica (11de) 4. (1911). Cambridge University Press. 114.

Verwysings

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.