Jaguar Racing
Jaguar Racing is 'n voormalige Formule Een-renspan van Engeland wat deur hul moedermaatskappy Ford befonds was. Die span het van 2000 tot 2004 aan 85 renne deelgeneem, maar kon weinig sukses behaal in die wêreldkampioenskap weens Ford se besuinigingsmaatreëls. Uiteindelik het Ford die span in 2004 aan die Red Bull-maatskappy verkoop wat dit tans as Red Bull Racing bedryf.

Mark Webber jaag met 'n Jaguar in 2004
Renjaers vir Jaguar Racing was o.a. Johnny Herbert, Eddie Irvine, Pedro de la Rosa, Mark Webber en Christian Klien. Die fabriekswerke was by Milton Keynes, Buckinghamshire, Verenigde Koninkryk geleë.
Eksterne skakels
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Jaguar Racing.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.