Jagersfontein
Jagersfontein is 'n klein dorp in die suidweste van die Vrystaat in Suid-Afrika, naby Fauresmith. Jagersfontein was die tweede dorp in Suid-Afrika en die eerste in die Vrystaat om elektrisiteit te gebruik.
Jagersfontein | |
---|---|
Dorp | |
Jagersfontein Jagersfontein se ligging in Vrystaat | |
Koördinate: 29°46′S 25°25′O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Vrystaat |
Distrik | Xhariep |
Munisipaliteit | Kopanong |
Stigting | 1852 |
Regering | |
• Burgemeester | Xolile Mathwa (ANC) |
Oppervlak | |
• Totaal | 45,5 km2 (17,6 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 5 729 |
• Digtheid | 126/km2 (330/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 5.6% |
• Indiërs/Asiërs | 0.5% |
• Bruin mense | 12.5% |
• Swart mense | 80.9% |
• Ander | 0.5% |
Taal (2011) | |
• Sotho | 51.8% |
• Afrikaans | 25.3% |
• Xhosa | 11.2% |
• Tswana | 6.5% |
• Ander | 5.2% |
Poskode (strate) | 9974 |
Poskode (posbusse) | 9974 |
Skakelkode | 053 |
Geskiedenis
In 1870 het mnr. JJ de Klerk 'n diamant van 50 karaat op die plaas Jagersfontein opgetel. Die plaas het oorspronklik aan 'n Griekwa met die naam Jacobus Jagers behoort. Hierdie ontdekking het tot 'n diamantstormloop gelei. Op 29 Augustus 1870 is 'n gedeelte van die plaas Jagersfontein tot openbare delwery verklaar. Delwers moes een vyfde van hulle opbrengs aan die weduwee Visser, eienaar van die plaas wat haar man in 1854 vir ₤30 gekoop het, oorhandig. Die verkoop van sterk drank, "onbehoorlike jolligheid" en delwery op Sondae was verbode.
Mynbou
In 1878 is die eerste maatskappy gestig om diamante te myn en in 1882 is Jagersfontein formeel tot dorp verklaar. Munisipale status is in 1904 toegeken. De Beers het uiteindelik verskeie kleiner maatskappye oorgeneem en hulle in een organisasie gekonsolideer, Jagersfonteinmyn, om die vulkaniese pyp te ontgin. Die myn is sedertdien gesluit. In 1893 is die Excelsior-diamant (971 karaat) gevind, die grootste wit diamant wat ontdek is tot die Cullinan-diamant in 1905 naby Pretoria gevind is. In 1895 is die Reitz-diamant van 637 karaat gevind.[2]
Dam ineenstorting
Op 11 September 2022 het die nabygeleë Jagersfonteinmyn se uitskot dam ineengestort.[3] Een persoon het in die daaropvolgende vloed gesterf en meer as 300 is dakloos gelaat.[4]
Bekende boorlinge
- Annie Visser, een van die eerste Afrikaanse sangers wat plate opgeneem het.
Sien ook
- Slag van Boomplaats, 'n veldslag wat naby die dorp plaasgevind het.
- NG gemeente Jagersfontein
- Lys van dorpe in Suid-Afrika
Verwysings
- Som van die hoofplekke Jagersfontein en Itumeleng tydens die 2011-sensus.
- Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995 ISBN 1-86842-026-4
- https://disasterscharter.org/web/guest/activations/-/article/flood-large-in-south-africa-activation-776-
- https://www.moneyweb.co.za/mineweb/jagersfontein-tailings-dam-collapse-is-the-new-marikana/