Jaden Hendrikse
Jaden Hendrikse (gebore 23 Maart 2000 te King William’s Town) is 'n Suid-Afrikaanse professionele rugbyspeler vir die Sharks in die Verenigde Rugbykampioenskap en die Natalse Haaie in die Curriebeker.[1] Sy gereelde posisie is skrumskakel.
| |||||
Geboortedatum | 23 Maart 2000 | ||||
---|---|---|---|---|---|
Geboorteplek | King William’s Town Oos-Kaap | ||||
Lengte | 184 cm | ||||
Massa | 86 kg | ||||
Skool | Glenwood Hoër (Durban) | ||||
Vername familie | Jordan Hendrikse (broer) | ||||
Rugbyloopbaan | |||||
Loopbaan as speler | |||||
Posisie(s) | Skrumskakel | ||||
Provinsiale- / Staatspanne | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
2020– | Natalse Haaie | 9 | (10) | ||
korrek soos op 13 September 2021. | |||||
Superrugby/Verenigde Rugbykampioenskap | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
2020– | Sharks | 19 | (10) | ||
korrek soos op 13 September 2021. | |||||
Nasionale span(ne) | |||||
Jare | Land | Weds | (pte) | ||
2021– | Suid-Afrika | 15 | (12) | ||
korrek soos op 1 November 2023. |
Sharks-groep
Hendrikse is aangewys in die Sharks-groep vir die Super Rugby Unlocked-kompetisie in 2020/1.[2] Hy het sy buiging vir die Haaie in die derde ronde van die 2020 Curriebeker-premierafdeling teen die Blou Bulle gemaak.
Springbokloopbaan
Hendrikse maak op 14 Augustus 2021 sy Springbokdebuut as plaasvervanger-skrumskakel teen Argentinië in Gqeberha, tydens die 2021-Rugbykampioenskapreeks. Op Saterdag 16 Julie 2022 speel hy sy vierde toets, in die Bokke se beginspan teen Wallis in Kaapstad.[3] Hy was ook deel van Suid-Afrika se wenspan tydens die Rugbywêreldbeker 2023.
Verwysings
- (en) "Jaden Hendrikse". Sharks. Besoek op 12 Desember 2020.
- (en) "Vodacom Super Rugby Unlocked Squad". Sharks. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Oktober 2020. Besoek op 6 Oktober 2020.
- (en) Jake White chirps Nienaber Bok coach...
Eksterne skakels
- Jaden Hendrikse by ESPNscrum
- Jaden Hendrikse by www.genslin.us/bokke
- Jaden Hendrikse op itsrugby.co.uk