Jacques Kallis

Jacques Henry Kallis (* 16 Oktober 1975 te Kaapstad) is 'n voormalige Suid-Afrikaanse krieketspeler. Hy het vir etlike jare die titel as die wêreld se veelsydigste internasionale krieketspeler gehou. Hy het onder meer tydens die krieketwêreldbekertoernooie in 1996, 1999, 2003, 2007 en 2011, die T20I-wêreldbekertoernooie in 2009, 2010 en 2012, asook die Kampioenetrofeë in 1998, 2000, 2002, 2004, 2006 en 2009 vir Suid-Afrika gespeel. Hy was ook 'n lid van die Proteaspan wat tydens die Kampioenetrofee 1998 Suid-Afrika se eerste internasionale kriekettitel kon inpalm.[1] Jacques Kallis is in Augustus 2020 in die IKR se Heldesaal opgeneem.[2]

Jacques Kallis
Jacques Kallis in 2009
Volle naam Jacques Henry Kallis
Gebore 16 Oktober 1975 (1975-10-16)
Pinelands, Kaapstad, Suid-Afrika
Bynaam(e) Jakes, Woogie, Ducklis
Lengte 1,80 m
Kolfstyl Regshandig
Boulstyl Regterarm vinnig-medium
Rol Veelsydige speler
Internasionale geskiedenis
Nasionale span Suid-Afrika
Toetsdebuut (no 262) 14 Desember 1995 v Engeland
Laaste Toets 26-30 Des 2013 v Indië
Toetshempno. 27
EDI debuut (no 38) 6 Januarie 1996 v Engeland
Laaste EDI 12 Julie 2014 v Sri Lanka
EDI hempno. 3
T20I debuut (no 4) 21 Oktober 2005 v Nieu-Seeland
Laaste T20I 2 Oktober 2012 v Indië
T20I hempno. 3
Eersterangse spaninligting
Jaar(e) Span
1993- Westelike Provinsie/Kaapse Kobras
1997 Middlesex
1999 Glamorgan
2008–2010 Royal Challengers Bangalore
2011–2014 Kolkata Knight Riders
2014–2015 Sydney Thunder
2015- Trinidad and Tobago Red Steel
Loopbaanstatistiek
Kompetisie Toets EDI 1e rang A-Lys
Wedstryde 166 328 257 424
Lopies aangeteken 13,289 11,579 19,695 14,845
Kolfgemiddeld 55.37 44.36 54.10 43.53
100s/50s 45/58 17/86 62/97 23/109
Hoogste telling 228 139 224 155*
Aflewerings geboul 20,232 10,750 29,033 13,673
Paaltjies 292 273 427 351
Boulgemiddeld 32.65 31.83 31.69 30.68
5 paaltjies in 'n kolfbeurt 5 2 8 3
10 paaltjies in 'n wedstryd 0 0 0 0
Beste boulontleding 6/54 5/30 6/54 5/30
Vangskote/Stonkings 200/– 131/– 264/– 162/–
Bron: Cricinfo, 14 Februarie 2016

Toetsrekord

ToetseTot LopiesHoogsteGem100-talle50-talle
1661328922855.444558

Soos op 29 Desember 2013

ToetseBallePaaltjiesBeste/beurtBeste/wedstryd
165197742896/549/92

Soos op 25 Desember 2013

Internasionale eendagwedstrydrekord

WedstrydeTot LopiesHoogsteGem100-talle50-talle
3251157413944.861786
WedstrydeBallePaaltjiesBeste/beurt
325107502735/30

Soos op 18 Desember 2013

Hoogtepunte

Jacques Kallis in 2009

Jacques is die enigste krieketspeler ooit wat meer as 10 000 lopies en 250 paaltjies in beide toetskrieket en internasionale eendagwedstryde behaal het.[3][4] Hy is derde op die internasionale kolflys vir meeste toetslopies ooit:

SpelerLopiesToetse100-talleVangskoteLand
SR Tendulkar15 92120051115Indië
RT Ponting13 37816841196Australië
JH Kallis13 28916645199Suid-Afrika
R Dravid13 28816436210Indië

Soos op 29 Desember 2013

  • Hy is die tweede speler wat 40 toetshonderdtalle kon behaal (45). Sachin Tendulkar hou tans die rekord met 51 toetshonderdtalle.
  • Hy is die eerste Suid-Afrikaner wat in 160 toetse gespeel het.
  • Hy is uiteraard ook die Suid-Afrikaanse toetslopie rekordhouer.
  • Hy beklee die tweede plek met vangskote (200) in toetskrieket vir Suid-Afrikaners. Net Mark Boucher (532) het meer vangskote geneem.
  • Hy beklee die tweede plek vir toetsvangskote (paaltjiewagters uitgesluit).

Verwysings

  1. (en) Firdose Moonda (27 Maart 2013). "Victorious in Dhaka". ESPNcricinfo. Besoek op 7 Desember 2023.
  2. (en) "Jacques Kallis, Zaheer Abbas and Lisa Sthalekar enter ICC's Hall of Fame". ESPNcricinfo. 23 Augustus 2020. Besoek op 23 Augustus 2020.
  3. (en) Test Records 1000 runs, 50 wickets and 50 catches, Cricinfo
  4. (en) ODI Records 1000 runs, 50 wickets and 50 catches, Cricinfo

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.