Jacques Julius
Jacques Julius (gebore 4 Junie 1972) is sedert 22 Mei 2019 'n lid van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika vir die Demokratiese Alliansie. Hy dien as die adjunkhoofsweep van die amptelike opposisie in die parlement.[1]
Jacques Julius | |
Adjunkhoofsweep van die amptelike opposisie | |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 30 Mei 2019 | |
Leier | John Steenhuisen Mmusi Maimane |
---|---|
Voorafgegaan deur | Mike Waters |
Lid van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika | |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 22 Mei 2019 | |
Permanente afgevaardigde na die Nasionale Raad van Provinsies | |
Ampstermyn Mei 2014 – Mei 2019 | |
Persoonlike besonderhede | |
Gebore | Jacques Warren William Julius 4 Junie 1972 Randfontein, Transvaal |
Nasionaliteit | Suid-Afrikaner |
Politieke party | Demokratiese Alliansie |
Julius was van Mei 2014 tot Mei 2019 'n permanente afgevaardigde na die Nasionale Raad van Provinsies.[2] Op 21 November 2020 is Julius as voorsitter van die DA se Wes-Randstreek in Gauteng verkies.[3]
Verwysings
- Phakathi, Bekezela (30 Mei 2019). "DA picks its caucus leadership team". BusinessDay. Besoek op 10 April 2020.
- Mokone, Thabo (30 Mei 2019). "DA names parliamentary leaders as it aims to tackle ANC head-on". TimesLIVE. Besoek op 10 April 2020.
- Chothia, Andrea (21 November 2020). "DA announces provincial leadership election results". The South African. Besoek op 28 November 2020.
Eksterne skakels
- Jacques Julius se profiel op People's Assembly Geargiveer 26 Oktober 2020 op Wayback Machine
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.