Jacaranda
Die Griekse vragskip Jacaranda het op 18 September 1971 suidwes van Kobonqabapunt, noord van die mond van die Qholorharivier en effens noordoos van Keimond in Galekaland (Oos-Kaap) vergaan. Tydens 'n stormwind het die leë skip enjinprobleme ondervind. Twee ankers kon die skip van 1 591 ton nie teenhou nie. Die wrak is 'n toeristiese besienswaardigheid aan die kus van die Transkei.
- Hierdie artikel handel oor die Griekse vragskip Jacaranda. Vir ander betekenisse, sien Jakaranda (dubbelsinnig).
Bibliografie
- Turner, Malcolm: Shipwrecks and salvage in South Africa – 1505 to the present. Kaapstad: Struik, 1988. ISBN 0-86977-387-9
- www.shipwrecks.com
- https://www.travelground.com/attractions/jacaranda-shipwreck
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.