Izak Davel
Izak Davel (gebore op 1 Julie 1983) is 'n Suid-Afrikaanse akteur, sanger, danser en model. Hy het bekendheid verwerf in Egoli waar hy die rol van "Scab" vertolk het.[1] Sy debuutalbum, Ken Jy My, is in 2009 uitgereik.[2]
Izak Davel | |
---|---|
Izak Davel, Januarie 2009 | |
Agtergrondinligting | |
Gebore | 1 Julie 1983 |
Oorsprong | Lady Grey |
Genres | Pop, rock |
Beroep(e) | Sanger, model |
Jare aktief | 2009 – tans |
Etikette | EMI, Ramkat Musiek |
Webwerf | izakdavel.co.za |
Izak Davel | |
Beroep(e) | Akteur |
---|---|
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Biografie
Davel voltooi matriek in 2001 aan die Lady Grey Kunste-Akademie waarna hy dans by die Tshwane-Universiteit van Tegnologie studeer en sy studies in 2004 voltooi. In 2006 begin hy in M-Net se sepie Egoli speel waar hy die rol van Louwna se seun Scab vertolk.[3] In 2010 was hy in die TV-reeks Survivor South Africa: Santa Carolina.[4] Hy is getroud met Mericke.[5] Sy pa is die predikant van die NG gemeente Molteno (in kombinasie met die NG gemeente Sterkstroom) en sy ma is 'n musiekonderwyseres aan die hoërskool op Burgersdorp.
Diskografie
- Ken Jy My?, 2008 RAMKAT MUSIEK
- Verlore Harte, Universal, 2009
- Vreesloos, EMI, 2011
- Jy's my lewe
Filmografie
- Egoli, as Scab
- Uncle Max (TV-reeks), 2006
- Survivor South Africa: Santa Carolina, 2010
- Isidingo, as Bradley Haines
- Getroud met Rugby: Die Onvertelde Storie, 2011 as Reghart Venter
- Platteland, 2011 as Francois de Klerk
- Hoofmeisie, 2011 as homself
Verwysings
- Leonie Bezuidenhout (11 Julie 2019). "Izak Davel word eerste keer pa". Maroela Media. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 September 2019. Besoek op 13 Julie 2019.
- Who's Who SA Geargiveer 1 November 2007 op Wayback Machine, besoek op 14 Maart 2010.
- Suid-Afrikaanse akteurs Geargiveer 20 Mei 2008 op Wayback Machine, besoek op 14 Maart 2010.
- Hitte maak dat Izak se klere waai, Beeld, 1 April 2010[dooie skakel]
- Izak op Tribeca Colsulting[dooie skakel]
Eksterne skakels
- Izak Davel in die Internet-rolprentdatabasis
- Izak Davel op Facebook
- Izak Davel op Twitter
- Izak Davel op Instagram
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.