Ixia mostertii
Ixia mostertii is 'n meerjarige blomplant en geofiet wat tot die genus Ixia behoort en deel is van die fynbos. Die plant is endemies aan die Wes-Kaap en kom van Wolseley tot by Worcester voor. Die plant het 'n voorkomsgebied van 82 km2 in die Breederiviervallei en daar is tans drie sub populasies oor wat uit minder as 1 000 plante bestaan. Die spesie se habitat het met 20% verklein die afgelope 20 jaar weens ontwikkeling om Worcester en gewasverbouing in die Breederiviervallei. 'n Derde sub populasie het habitat verloor weens die ontwikkeling van 'n gholfbaan en casino.
Ixia mostertii | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie ![]() | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eensaadlobbiges |
Orde: | Asparagales |
Familie: | Iridaceae |
Genus: | Ixia |
Spesie: | I. mostertii |
Binomiale naam | |
Ixia mostertii | |
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.