Ixia aurea
Ixia aurea is 'n meerjarige blomplant en geofiet wat tot die genus Ixia behoort en deel van die fynbos is. Die plant is endemies aan die Wes-Kaap en kom van Piketberg tot by Citrusdal en Darling voor. Alhoewel die plant 'n voorkomsgebied van 2 426 km2 het, is daar net drie gefragmenteerde subpopulasies oor. Gewasverbouing is die enkele grootste rede vir die verlies aan habitat.
Ixia aurea | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie ![]() | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eensaadlobbiges |
Orde: | Asparagales |
Familie: | Iridaceae |
Genus: | Ixia |
Spesie: | I. aurea |
Binomiale naam | |
Ixia aurea | |
Daar is 'n moontlikheid dat die spesie misgekyk is omrede dit baie soos die Ixia maculata en Ixia dubia spesies lyk.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.