Isjim
Die Isjim (Kasaks: Есіл, Esil; Russies: Иши́м, Išim) is die grootste sytak van die Irtisj, op sy beurt 'n sytak van die Ob in Siberië en Noord-Asië. Die rivier, met 'n lengte van 2 450 km, ontspring in die Kasakse Hooglande, Kasakstan. Aansluitend vloei die rivier, in Kasakstan Esil genoem, in 'n westelike rigting en bereik die hoofstad Noer-Soeltan. Die rivier behou sy westelike koers, totdat dit 'n skerp boog in 'n noordelike rigting maak. Wes van Omsk bereik die Isjim die Russiese grens en vloei verder in 'n noordelike rigting deur die Omsk-oblast. In Rusland loop die rivier deur 'n uitgestrekte moerasland en vorm hier ontelbare kronkelaars en mere. Die rivier vries van einde November tot Maart.
Isjim | |
---|---|
Die stroomgebied van die Isjim | |
Oorsprong | Kasakse Hooglande |
Monding | naby Ust-Isjim, Omsk-oblast, Rusland Irtisj |
Stroomgebied | Kasakstan, Rusland |
Lengte | 2 450 km (1 520 myl) |
Mondinghoogte | 50 m (164 voet) |
Gemiddelde afloop | 56,3 m³/s (1 990 vt³/s) |
Stroomgebiedopp. | 177 000 km² (68 340 myl²) |
Kaart van die Isjim-bekken in Asië |
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Isjim.
- (en) "Ishim River". Encyclopædia Britannica. Besoek op 4 Augustus 2019.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.