Isjaai
Die isjaai (Arabies: صلاة العشاء, ṣalāt al-ʿišāʾ, "naggebed") is die laaste van vyf verpligte daaglikse gebede (salaah) wat Moslems moet doen.[1]
Die formele daaglikse gebede van Islam bestaan uit ’n verskillende aantal eenhede, wat rak'ats genoem word.[1] Die isjaai het vier verpligte (fard) rak'ats, en nog twee aanbevole (soennah) rak'ats kan ook gedoen word. Die verpligte rak'ats in gemeenskapsgebed word hardop deur die imam voorgebid.[1]
Vir ’n salaah om geldig te wees, moet dit binne die voorgeskrewe tyd gemaak word. Mense met ’n aanvaarbare rede het ’n langer tyd waarbinne hul gebed geldig sal wees.[2]
Verwysings
- Kaart vir al vyf gebedsbeurte by qul.org
- Significance of Offering the Isha and Maghrib Prayers and their Benefits, QuranReading-webtuiste, 29 Januarie 2015. Besoek op 14 Mei 2017
Eksterne skakels
- Hoe om die isjaai te maak, op YouTube
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.