Isèrerivier
Die Isère is 'n rivier in die Auvergne-Rhône-Alpes- streek van Suidoos-Frankryk. Sy bron, 'n gletser bekend as die Sources de l'Isère, lê in die Vanoise Nasionale Park in die Graian Alpe van Savoie, naby die ski-oord in Val-d'Isère op die grens met Italië. Die Isère is 'n belangrike sytak aan die linkeroewer van die Rhône, en smelt met laasgenoemde saam 'n paar kilometer noord van Valence.
![](../I/Grenoble_july_2009.JPG.webp)
'n Hele aantal munisipaliteite langs die rivier het die naam van die Isère in hul eie opgeneem, byvoorbeeld Sainte-Hélène-sur-Isère en Romans-sur-Isère. Die departement van Isère is eweneens na die rivier vernoem.
Aardrykskunde
Die Isère se loop meet 286 km en loop deur 'n wye verskeidenheid landskappe: vanaf sy oorsprong naby die Italiaanse grens in die westelike Alpe, kruis dit die Pays de Savoie en die Tarentaise-vallei, sny tussen die Chartreuse en Belledonne -bergreekse, volg die Vercors-massief, gaan deur die Dauphiné- provinsie, en ontmoet uiteindelik die Rhône aan die voet van die Vivarais.