Irkoetsk

Irkoetsk (Russies: Иркутск) is een van die grootste stede in Siberië en die hoofstad van die Irkoetsk-oblast. Dit is 5 185 km per spoorlyn van Moskou en het 'n bevolking van 612 973 (2014-sensus).

Vir ’n artikel oor die oblast met dieselfde naam, sien Irkoetsk-oblast.
Irkoetsk

Иркутск
Stad
Die Kazanski-kerk in Irkoetsk.
Die Kazanski-kerk in Irkoetsk.
Vlag van Irkoetsk
Vlag
Wapen van Irkoetsk
Wapen
Die ligging van Irkoetsk-oblast in Rusland
Die ligging van Irkoetsk-oblast in Rusland
Irkoetsk is in Rusland Irkoetsk-oblast
Irkoetsk
Irkoetsk
Die ligging van die stad Irkoetsk in die oblast
Koördinate: 52°18′44″N 104°17′45″O
LandVlag van Rusland Rusland
DeelgebiedIrkoetsk-oblast
Stigting1661
Stadstatus1686
Regering
  TipeStad-okroeg
  BurgemeesterWiktor Kondrasjof
Oppervlak
  Totaal324 km2 (125 vk. myl)
Hoogte
444 m (1 457 ft)
Bevolking
  Totaal612 973
  Digtheid1 812/km2 (4 690/vk. myl)
TydsoneUTC+09:00 (IRKT)
Poskode
6640xx
Skakelkodes7 3952
Webwerfirkutsk.ru

Geskiedenis

Irkoetsk vanuit die ruimte gesien
Historiese versterkings in Irkoetsk se Argitektoniese en Etnografiese Museum Тальцы (Taltsi)

Irkoetsk het gegroei uit die winterkwartiere wat in 1652 deur Jakof Pochabof gestig is vir goudhandel en die insameling van belasting in die vorm van pelse (jasak) van die Boerjate.

Dit het in 1686 amptelike stadstatus van die Russiese regering gekry. Die eerste pad tussen Irkoetsk en Moskou, die Siberiese Pad (Сибирский Тракт; Sibirski Trakt), is in 1760 gebou. Die stad se ekonomie het baatgevind by dié pad en talle produkte wat voorheen van China ingevoer is, was vir die eerste keer vrylik beskikbaar, soos goud, diamante, pelse, hout, sy en tee.

In die 19de eeu is talle Russiese kunstenaars, offisiere en adellikes na Siberië verban en Irkoetsk het 'n groot sentrum geword vir die sosiale en intellektuele lewe van die bannelinge. 'n Groot deel van die stad se kulturele erfenis is van hulle afkomstig. Baie van die houthuise, wat met die hand versier is, vorm 'n skerp kontras met die standaard-Sowjetwoonstelblokke daar naby.

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.