Malgassiese ariary
Die ariary (Ar;[1] ISO 4217-kode MGA) is die huidige geldeenheid van Madagaskar. Dit word onderverdeel in 5 iraimbilanja en is een van net twee niedesimale geldeenhede wat tans gebruik word (die ander een is die ouguiya van Mauritanië). Die name "ariary" en "iraimbilanja" kom van die prekoloniale geld.
Geskiedenis
Die ariary is in 1961 as nieamptelike geldeenheid ingestel. Dit was gelyk aan 5 Malgassiese frank en het die frank op 1 Januarie 2005 vervang as Madagaskar se amptelike geldeenheid.[2]
Die waarde is sedert 1961 op munte en banknote aangedui in die amptelike frank en die halfamptelike ariary/iraimbilanja. Van 1978 af is die waarde op munte met groter waardes net in ariary aangedui. Op banknote wat sedert 31 Julie 2003 uitgegee word, word die ariary-waarde groot aangedui en die frankwaarde in klein druk. Munte met laer waardes vertoon ook nou die ariary-waarde, maar die ontwerp het dieselfde gebly.
Banknote
Die volgende banknote is verkrygbaar:
Waarde | Uitgereik | Beskrywing |
---|---|---|
500 frank (100 ariary) | 1994 | meisie; seboes |
1 000 frank (200 ariary) | 1994 | seun en skepe; vrou, vissermanne |
2 500 frank (500 ariary) | 1998 | ou vrou; weefwerk |
5 000 frank (1 000 ariary) | 1995 | jong seun; lemurs en voëls |
100 ariary (500 frank) | 2004 | Reisigerspalm & karst; Antsirananabaai |
200 ariary (1 000 frank) | 2004 | Dorpspoort; begrafnispaal |
500 ariary (2 500 francs) | 2004 | Ambagsman; seboes |
1 000 ariary (5 000 frank) | 2004 | Endemiese diere; sisal |
2 000 ariary (10 000 frank) | 2003 | Kremetartbome; rysterrasse |
5 000 ariary (25 000 frank) | 2003 | Daus; strand |
10 000 ariary (50 000 frank) | 2003 | Deel van Rova van Antananarivo; padbouwerk |
Verwysings
- Banky Foiben'i Madagasikara Geargiveer 29 Oktober 2018 op Wayback Machine. Besoek op 24 Februarie 2011.
- "Malagasy Ariary". famouswonders.com (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Desember 2019. Besoek op 29 Julie 2015.
Eksterne skakels
- Historiese en huidige banknote van Madagaskar (en) (de)
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia