Eskimo-Aleoetiese tale
Die Eskimo-Aleoetiese tale is ’n taalfamilie afkomstig uit Groenland, die noorde van Kanada, Alaska en dele van Siberië. Die taalgroep word in sy geheel Inuïties genoem in Groenland, Kanada en Wes-Alaska, Yupik in Noord-Alaska en Yuit in Siberië. Die term "Eskimo" word nie deur die meeste sprekers van die taal aanvaar nie weens die negatiewe konnotasie wat aan die woord verbonde is.
Eskimo-Aleoetiese tale (Inuïtiese tale, Eskaleut) | |
---|---|
Geografiese verspreiding: |
Alaska, Noord-Kanada, Nunavik, Nunatsiavut, Groenland, Oos-Siberië |
Genetiese klassifikasie: |
Primêre wêreldtaalfamilie Proto-Eskimo-Aleoetiese tale Eskimo-Aleoetiese tale |
Onderafdelings: |
Eskimo
Aleoeties
|
Dele van Alaska, Kanada en Groenland waar Eskimo-Aleoetiese tale gepraat word. |
Vanweë die geografiese skeiding van die verskillende Inuïetiese bevolkingsgroepe is die dialekte van die Eskimo-Aleoetiese tale so ver van mekaar verwyder dat baie sprekers mekaar nie meer verstaan nie. Die Aleoetiese tale het die minste sprekers; dit word nog net gepraat op die Aleoete-, Pribilof- en Komandorski-eilande in die Beringsee.
- Aleoeties
- Aleoeties
- Wes-sentrale dialekte: Atkan, Attuan, Unangan, Bering (60–80 sprekers)
- Oostelike dialekte: Unalaskan, Pribilof (400 sprekers)
- Aleoeties
- Eskimo
- Yupik van Sentraal-Alaska (10 000 sprekers)
- Alutiiq (400 sprekers)
- Yuit (Sentraal-Siberië, 300 sprekers)
- Naukan (75 sprekers)
- Sirenik (uitgesterf sedert 1997)
- Inuïties (75 000 sprekers)
- Iñupiaq (Noord-Alaska, 3 500 sprekers)
- Inuvialuktun (Wes-Kanada)
- Inuktitut (Oos-Kanada, 35 200 sprekers)
- Kalaallisut (Groenland, 57 000 sprekers)
Verwysings
- Hierdie artikel is vertaal uit die Nederlandse Wikipedia
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Eskimo-Aleoetiese tale.
- (en) "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Eskimo-Aleut". Ethnologue. Besoek op 27 Maart 2018.
- (en) "Eskimo-Aleut languages". Encyclopædia Britannica. Besoek op 27 Maart 2018.