Internasionale oranje

Internasionale oranje is 'n skril oranje kleur wat gebruik word om struikelblokke uit te wys, deur die verhoging van die kontras met omliggende voorwerpe en lug op die agtergrond. Dit is soortgelyk aan vlamoranje, nog 'n kleur wat gebruik word vir dié doel. Dit is egter donkerder en het 'n rooier kleur, en hoewel vervaardigers soms nie voldoen aan die standaarde nie, is dit moeilik om dit te onderskei van soortgelyke kleure.

#FF4F00

Die Golden Gate-brug en die Tokiotoring is in internasionale oranje geverf, asook die drukpakke van die bemanning van die ruimtependeltuig (verwys na as die "gevorderde bemanningsontvlugpak"). Die uitrusting vir 'n hoë-vlug in die Amerikaanse Lugmag het eerder 'n ligter skakering.

In die lugvaartbedryf, word internasionale oranje algemeen gebruik om die dele aan te dui wat getoets word.

Die kleur word as strepe geverf aan die kante van die Amerikaanse Kuswag se skepe.

Kleurkoördinate

Volgens verskeie kleurskemas word internasionale oranje as volg voorgestel:

Model Koördinate
Heksadesimale kode #FF4F00
RGB-kleurmodel (255, 79, 0)
CMYK (0, 69, 100, 0)
HSV (19°, 100%, 100%)

Sien ook


This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.