Internasionale Strafhof
Die Internasionale Strafhof (ISH, Engels: International Criminal Court, ICC; Frans: Cour pénale internationale, CPI) is gesetel in Den Haag, Nederland. Die Hof is gebaseer op 'n multilaterale verdrag, naamlik die Rome Statuut van die Internasionale Strafhof. Die ISH het op 1 Julie 2002 in werking getree en is daarop geskoei om ernstige internasionale misdade te bekamp sowel as om te sorg dat internasionale misdadigers vergeld vir hul misdade. Die misdade onder die Hof se jurisdiksie word gelys in Artikel 5 van die Rome Statuut. Die Hof het substantiewe jurisdiksie oor die volgende misdade: volksmoord (uiteengesit in artikel 6), misdade teen die mensdom (uiteengesit in artikel 7), oorlogsmisdade en die misdaad van aggressie. Die hof het ingevolge artikel 11 van die Rome Statuut geen terugwerkende jurisdiksie nie en kan slegs sake aanhoor wat spruit uit gebeur na die inwerkingtreding van die Rome Statuut (1 Julie 2002). Die Internasionale Strafhof moenie verwar word met die ad hoc Internasionale Tribunale nie. Die tribunale is onderskeidelik die Internasionale Strafhof vir die voormalige Joego-Slawië (gestig in 1993) en die Internasionale Strafhof vir Rwanda (gestig in 1994).
Lidlande
- 33 in Afrika: Benin, Botswana, Burkina Faso, Burundi, Comore-eilande, Djiboeti, Gaboen, Gambië, Ghana, Guinee, Kaap Verde, Kenia, die Demokratiese Republiek van die Kongo, die Republiek van die Kongo, Lesotho, Liberië, Madagaskar, Malawi, Mali, Mauritius, Namibië, Niger, Nigerië, Senegal, die Seychelle, Sierra Leone, Suid-Afrika, Tanzanië, Tsjad, Tunisië, Uganda, die Sentraal-Afrikaanse Republiek en Zambië.
- 28 in die Amerikas: Antigua en Barbuda, Argentinië, Barbados, Belize, Bolivia, Brasilië, Chili, Colombia, Costa Rica, Dominica, die Dominikaanse Republiek, Ecuador, Grenada, Guatemala, Guyana, Honduras, Kanada, Meksiko, Panama, Paraguay, Peru, St. Kitts en Nevis, St. Lucia, St. Vincent en die Grenadines, Suriname, Trinidad en Tobago, Uruguay en Venezuela.
- 11 in Asië: Afghanistan, Bangladesj, die Filippyne, Japan, Jordanië, Kambodja, die Maledive, Mongolië, Oos-Timor, Suid-Korea en Tadjikistan.
- 41 in Europa: Albanië, Andorra, België, Bosnië-Herzegowina, Bulgarye, Denemarke, Duitsland, Estland, Finland, Frankryk, Georgië, Griekeland, Ierland, Italië, Kroasië, Letland, Liechtenstein, Litaue, Luxemburg, Malta, Masedonië, die Moldowa, Montenegro, Nederland, Noorweë, Oostenryk, Pole, Portugal, Roemenië, San Marino, Swede, Switserland, Serwië, Slowakye, Slowenië, Spanje, Siprus, Tsjeggië, Hongarye, die Verenigde Koninkryk en Ysland.
- 8 lande in Oseanië: Australië, die Cookeilande, Fidji, die Marshalleilande, Nauru, Nieu-Seeland en Vanuatu.
- 32 ander lande het die statuut van Rome onderteken, maar het dit nog nooit geratifiseer nie: Algerië, Angola, Armenië, die Bahamas, Bahrein, die Ivoorkus, Egipte, Eritrea, Guinee-Bissau, Haïti, Iran, Israel, Jamaika, Jemen, Kameroen, Koeweit, Kirgisië, Marokko, Monaco, Mosambiek, Oman, Rusland, São Tomé en Príncipe, Sirië, Soedan, die Solomoneilande, Thailand, die Oekraïne, die Verenigde Arabiese Emirate, die Verenigde State van Amerika, Oesbekistan en Zimbabwe .
Eksterne skakels
Wikimedia Commons bevat media in verband met Internasionale Strafhof. |
- (en) (fr) Amptelike webwerf