Insnoering van Ranvier
Insnoerings van Ranvier, of ismusse van Ranvier, is periodieke gapings in die isolerende miëlienskedes van ’n akson waar die akson se membraan blootgestel is aan die ruimte buite die sel. Die insnoerings is nie geïsoleer nie en ruil ione uit wat nodig is om aksiepotensiale te genereer.
Insnoering van Ranvier |
---|
Senuweegeleiding in gemiëlineerde aksons word saltatoriese of sprongsgewyse geleiding genoem (van die Latynse woord saltare, "om te spring") vanweë die manier waarop die aksiepotensiale oor die hele lengte van die akson van een insnoering na die volgende "spring". Dit lei tot die vinniger geleiding van die aksiepotensiaal.
Eksterne skakels
Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.