Inselberg

'n Inselberg of eilandberg is 'n geïsoleerde rotsheuwel of klein berg wat skielik uit 'n effens skuins of nagenoeg gelyk vlakte oprys.[1]

'n Koppie in die Serengeti, Tanzanië.

In Suider- en Suidsentraal-Afrika staan inselberge van graniet as koppies bekend. Die woord is aan die ooreenstemmende Nederlandse woord, kopje, ontleen en word ook in Engelse tekste aangetref.

Die term inselberg is uit Duits afkomstig en beteken "eilandberg". Die woord is oorspronklik deur die geoloog Wilhelm Bornhardt (1864–1946) in 1900 bedink om die talle kenmerkende koppies in Suider-Afrika te beskryf.[2]

Sien ook

Verwysings

  1. Neuendorf, Klaus K.E.; Mehl, Jr., James P.; Jackson, Julia A., reds. (2005). Glossary of Geology (5th uitg.). Alexandria, VA: American Geological Institute. ISBN 0-922152-76-4.
  2. Young, David N.; Duncan, N.; Camacho, A.; Ferenczi, P.A.; Madigan, T.L.A. (2002). Ayers Rock, Northern Territory, Map Sheet GS52-8 (2nd edition) (Map). 1:250 000. Northern Territory Geological Survey. Geological Map Series Explanatory Notes.

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.