Inlyntweesilinder

Die inlyntweesilinderenjin of reguit-twee-enjin is 'n tipe binnebrandenjin met altwee silinders in 'n reguit lyn met die krukas gemonteer. Die enkelbanksilinders kan gerig word in óf 'n vertikale of 'n skuinsvlak met altwee suiers wat 'n gemeenskaplike krukas aandryf.

Vuurorde van 'n inlyntweesilinderenjin

Hierdie tipe enjin dryf gewoonlik motorfietse en klein vaartuie (soos jetski's) aan. Dit word ook in klein stadsmotors met 'n 500 tot 600 cc inhoudsmaat ingespan, waar ruimte streng beperk is in die enjinruim.

In 'n spesifikasie, grafiek of wanneer 'n afkorting gebruik word, word 'n inlyntweesilinderenjin gelys óf as I2 of L2.

'n Agtergemonteerde Fiat 500 tweesilinderenjin
'n Agtergemonteerde Fiat 500 tweesilinderenjin  
'n Hispano Villiers tweeslag-inlyntweesilinderenjin in 'n Rovena motorfiets.
'n Hispano Villiers tweeslag-inlyntweesilinderenjin in 'n Rovena motorfiets.  
'n Tweesilinder motorbootenjin
'n Tweesilinder motorbootenjin  
'n Rotax 503 enjin vir girokopters.
'n Rotax 503 enjin vir girokopters.  

Sien ook

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.