Inkomati-suierbekkie
Die Inkomati-suierbekkie (Chiloglanis bifurcus) is 'n varswater vis wat endemies is aan die Nkomatirivier in Suider-Afrika. In Engels staan die vis bekend as die Incomati suckermouth.
Inkomati-suierbekkie | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | C. bifurcus |
Binomiale naam | |
Chiloglanis bifurcus Jubb & Le Roux, 1969 | |
Voorkoms
Die vis se mondskyf is groot en die baarde en dorsale vin is lank. Die stertvin is gevurk met ronde punte. Die vis is lig bruin van kleur met donker bruin skadu kolle. Die vinne is geel met swart rante. Daar is twee swart kolle op die stertvin se basis. Die vis word tot 68 mm lank.
Habitat
Die vis leef in rotsagtige stroomversnellings op hoogtes van 900– 1200 m bo seevlak. Hulle vreet bodem ongewerweldes en klein slakke. Die vis broei in die somer. Hierdie spesie word as bedreigd beskou.
Sien ook
Bron
- A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001. ISBN 978-1-86872-643-1
Verwysings
Eksterne skakel
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.