Inheemse tale van die Amerikas
Die inheemse tale van die Amerikas word deur inheemse volke (Indiane) vanaf Alaska en Groenland tot die suidelike spits van Suid-Amerika gepraat, dit wil sê die landmassas wat die Amerikas vorm. Die inheemse tale bevat tientalle aparte taalfamilies, asook baie geïsoleerde en ongeklassifiseerde tale.
![](../I/Langs_N.Amer.png.webp)
![](../I/Map-Most_Widely_Spoken_Native_Languages_in_Latin_America.png.webp)
Verskeie voorstelle is gemaak om die inheemse tale van die Amerikas in hoër-vlak taalfamilies te groepeer, soos Joseph Greenberg se Amerindiese hipotese.[1] Hierdie skema is deur bykans alle taalkundiges verwerp, as gevolg van die feit dat sommige van die tale te aansienlik van mekaar verskil om enige verwantskap tussen hulle te bewys.[2]
Volgens Unesco is die meeste inheemse Amerikaanse tale krities bedreig en baie het reeds uitsterf.[3] Die mees gesproke inheemse taal is Quechua, met tussen 6 en 7 miljoen sprekers, veral in Suid-Amerika. Van die grootste inheemse taalfamilies van Amerika sluit in Amerindiese tale, Arawaktale, Eskimo-Aleoetiese tale, Majatale, Na-Dené-tale, Otomangue, Tupí-Guaraní-tale en Uto-Asteekse tale.
Verwysings
- (en) Greenberg, Joseph (1987). Language in the Americas. Stanford University Press. ISBN 978-0-8047-1315-3.
{{cite book}}
: Ongeldige|ref=harv
(hulp) - (en) Campbell, Lyle (2000). American Indian Languages: The Historical Linguistics of Native America. Oxford University Press. p. 253. ISBN 978-0-19-534983-2.
{{cite book}}
: Ongeldige|ref=harv
(hulp) - (en) Gordon, Raymond G., Jr. (Ed.). (2005). Ethnologue: Languages of the World (15th ed.). Dallas, Texas: SIL International. ISBN 1-55671-159-X. (aanlyn: http://www.ethnologue.com)
Verdere leesstof
- (en) Bright, William. (1984). The classification of North American and Meso-American Indian languages. In W. Bright (Ed.), American Indian linguistics and literature (bl. 3–29). Berlin: Mouton de Gruyter.
- (en) Bright, William (Ed.). (1984). American Indian linguistics and literature. Berlin: Mouton de Gruyter. ISBN 3-11-009846-6.
- (en) Brinton, Daniel G. (1891). The American race. New York: D. C. Hodges.
- (en) Campbell, Lyle. (1997). American Indian languages: The historical linguistics of Native America. New York: Oxford University Press. ISBN 0-19-509427-1.
- (en) Campbell, Lyle; & Mithun, Marianne (Eds.). (1979). The languages of native America: Historical and comparative assessment. Austin: University of Texas Press.
Eksterne skakels
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Inheemse tale van die Amerikas.
- (en) "American Indian languages". Encyclopædia Britannica. Besoek op 19 Augustus 2020.