Ingoesjeties
Ingoesjeties (ГӀалгӀай мотт Ğalğaj mott, [ʁəlʁɑj mot]) is ’n Noordoos-Kaukasiese taal wat deur sowat 322 900 mense gepraat word in ’n streek wat Ingoesjetië, Tsjetsjnië, die res van Rusland en Kasakstan beslaan. Die plaaslike naam van die taal is ГІалгІай мотт (Ğalğaj mott) en dit is saam met Russies die amptelike taal van Ingoesjetië.
Ingoesjeties ГӀалгӀай мотт Ğalğaj mott | ||
---|---|---|
Uitspraak: | [ʁəlʁɑj mot] | |
Gepraat in: | ![]() ![]() | |
Gebied: | Ingoesjetië en Tsjetsjnië | |
Totale sprekers: | 322 900[1] | |
Taalfamilie: | Noordoos-Kaukasies Nakh Vainakh Ingoesjeties | |
Skrifstelsel: | Cyrilliese alfabet | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | ![]() | |
Gereguleer deur: | geen | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | geen | |
ISO 639-2: | inh | |
ISO 639-3: | inh | |
Dialekte

Etniese kaart van die Kaukasus-streek
Ingoesjeties het nie dialekte nie buiten Galantsjozj, wat beskou word as ’n oorgang tussen Ingoesjeties en Tsjetsjnies.
Skryfstelsel
Ingoesjeties het aan die begin van die 20ste eeu ’n skryftaal geword. Die Arabiese alfabet is aanvanklik daarvoor gebruik. Ná die Russiese Rewolusie van 1917 is eers ’n Latynse alfabet en later ’n Cyrilliese alfabet gebruik.
А а | Аь аь | Б б | В в | Г г | ГI гI | Д д | Е е |
Ё ё | Ж ж | З з | И и | Й й | К к | Кх кх | Къ къ |
КI кI | Л л | М м | Н н | О о | П п | ПI пI | Р р |
С с | Т т | ТI тI | У у | Ф ф | Х х | Хь хь | ХI хI |
Ц ц | ЦI цI | Ч ч | ЧI чI | Ш ш | Щ щ | Ъ ъ | Ы ы |
Ь ь | Э э | Ю ю | Я я | Яь яь | I |
Verwysings
- (en) "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Ingush". Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Oktober 2019. Besoek op 22 Augustus 2020.
Eksterne skakels
Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir Ingoesjeties.
- Inheemse tale van Kaukasië (Ingoesjeties)
- Ingoesjetiese Projek by UC Berkeley
- Hierdie artikel is vertaal vanuit die Engelse Wikipedia
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.