Lys van indringerplante in Suid-Afrika

Hier volg 'n lys van indringerplante in Suid-Afrika. Indringerplante word in vier kategorieë verdeel:[1]

  • Kategorie 1a: Indringerplante wat verwyder en onmiddellik vernietig moet word.
  • Kategorie 1b: Indringerplante wat beheer moet word, volgens artikel 75(1), (2) en (3) van Wet op Biodiversiteit, 2004 (Wet 10 van 2004).
  • Kategorie 2: Indringerplante wat slegs onder beheerde omstandighede gekweek mag word. 'n Permit word benodig om hierdie plante te kweek.
  • Kategorie 3: Indringerplante wat nie meer geplant mag word nie. Enige kategorie 3 indringerplante wat in oewergebiede voorkom word outomaties as kategorie 1b indringerplante geklassifiseer.
Alfabetiese lys van Indringerplante in Suid-Afrika
Afrikaanse naam Botaniese naam Engelse naam Tipe Kategorie Inheems in
Abessiniese coleus Plectranthus barbatus ’Abyssinian’ coleus
Woolly plectranthus
Indringer 1b Tropiese Afrika, Arabiese Skiereiland, Indiese subkontinent en Indo-China.[2]
Aleppoden Pinus halepensis Aleppo pine Indringer 2 Mediterreens
Amerikaanse driedoring
Soetpeulboom
Gleditsia triacanthos Honey locust
Sweet locust
Indringer 1b Noord-Amerika
Aarbei koejawel Psidium cattleianum Strawberry guava Indringer 1b Brasilië
Asblaar esdoring Acer negundo Ash leaved maple
Box elder
Indringer 3
Nie gelys: steriele kultivars of kruisings.
Noord-Amerika
Australiese silwereik Grevillea robusta Australian silky oak Indringer 3 Australië
Australiese swarthout Acacia melanoxylon Australian blackwood Indringer 2
Vrygestel vir bestaande plantasies.
Australië
Bailey se wattel Acacia baileyana Bailey's wattle Indringer 3 Australië
Basden Pinus elliottii Slash pine Indringer 2
Vrygestel vir bestaande steriele plantasies.
Noord-Amerika
Basterlebbeck Albizia procera False lebbeck Indringer 1b Tropiese Asië
Begraafplaasblom Catharanthus roseus Madagascar periwinkle Indringer 1b
Nie gelys: steriele kultivars of kruisings.
Madagaskar
Blaasklimop Cardiospermum halicacabum Lesser balloon vine
Heart pea
Winter Cherry
Love-in-a-puff
Indringer 3 Tropiese gebiede van Afrika en Amerika
Blasiesoutbos Atriplex lindleyi subsp. inflata Sponge-fruit saltbush Indringer 1b Australië
Blouklokkie Billardiera heterophylla Bluebell creeper Indringer 1a Australië en Noord-Amerika
Bobbejaandruifboom
Belhambra
Phytolacca dioica Belhambra Indringer 3 Suid-Amerika
Bloudwergmispel Cotoneaster glaucophyllus Large-leaved cotoneaster Indringer 1b China en die Himalaja
Blou misblom Bartlettina sordida Blue mist flower
Purple torch
Indringer 1b Meksiko
Bokkruid
Indringer-ageratum
Ageratum conyzoides Invading ageratum Indringer 1b Suid-Amerika, Sentraal-Amerika en Wes-Indië
Braam Rubus fruticosus European blackberry Indringer 2 Mediterreens
Brasiliaanse koejawel Psidium guineense Brazilian guava Indringer 1b Brasilië
Brisbanegouewattel Acacia fimbriata Fringed wattle
Brisbane wattle
Indringer 1a Australië
Bronkors Nasturtium officinale Watercress Indringer 2 Europa
Chileense inkbessie Cestrum parqui Chilean cestrum Indringer 1b Sentraal-Amerika en Suid-Amerika
Chinese esdoring Acer buergerianum Chinese maple Indringer 3: Oos-Kaap, KwaZulu-Natal, Limpopo, Mpumalanga, Noordwes, Noord-Kaap en Wes-Kaap.
Nie gelys: stedelike gebiede in die Oos-Kaap, KwaZulu-Natal, Limpopo, Mpumalanga, Noordwes, Noord-Kaap en Wes-Kaap.
Nie gelys: alle ander provinsies.
China, Taiwan en Japan
Chinese liguster Ligustrum lucidum Chinese wax–leaved privet Indringer 3: Vrystaat en Noord-Kaap
1b: alle ander provinsies
Asië
Chinese liguster Ligustrum sinense Chinese privet Indringer 3: Vrystaat en Noord-Kaap
1b: alle ander provinsies
China
Chinese saliehout Buddleja davidii Chinese Sagewood
Summer lilac
butterfly bush
orange eye.
Indringer 3 China en Japan
Coreopsis Coreopsis lanceolata Tickseed
Lance-leaved coreopsis
Indringer 1a Suid-Amerika
Croftonkruid Ageratina adenophora Crofton weed
Snake root
Mexican devil
Indringer 1b Sentraal-Amerika
Disseldoring Cirsium vulgare Spear thistle
Bull thistle
Common thistle
Indringer 1b Europa, Asië en Noord-Afrika
Dwergmispel Cotoneaster franchetii Cotoneaster
Orange Coton easter
Indringer 1b China
Duiwelsbaard Centranthus ruber Red valerian
Devil's beard
Indringer 1b: Wes-Kaap
Nie gelys: ander Provinsies
Mediterreens
Garingboom Agave sisalana Sisal hemp Indringer 2 Meksiko
Geelklokkies Tecoma stans Yellow trumpetbush
Yellow bells.
Indringer 1b Meksiko en die Verenigde State van Amerika
Fluweelprosopis Prosopis velutina Velvet mesquite Indringer 1b: Oos-Kaap, Vrystaat, Noordwes en Wes-Kaap
3: Noord-Kaap
Nie gelys: alle ander provinsies
Arizona en Meksiko
Geelblom-bloudissel Argemone mexicana Yellow-flowered Mexican poppy
Devil’s fig
Texas poppy
Indringer 1b China
Geelbranddoring Pyracantha angustifolia Yellow firethorn Indringer 1b China
Geelklits
Akkermonie
Agrimonia procera Scented agrimony Indringer 1b Noord-Amerika
Gewone dodder Cuscuta campestris Common dodder Indringer 1b Noord-Amerika
Gewone liguster Ligustrum vulgare Common privet Indringer 3: Vrystaat en Noord-Kaap
1b: alle ander provinsies
Europa
Gewone-opklim[3] Vinca major Greater Periwinkle Indringer 1b
Nie gelys: steriele kultivars of kruisings.
Mediterreens
Grondboontjiebotterkassia Senna didymobotrya Peanut butter cassia Indringer 1b: Oos-Kaap, KwaZulu-Natal, Limpopo, Mpumalanga en Wes-Kaap
Nie gelys: alle ander provinsies
Tropiese Afrika
Groenwattel Acacia decurrens Green wattle Indringer 2
Vrygestel vir bestaande plantasies.
Australië
Grootmelkbos Calotropis procera Giant milkweed
Sodom apple
Tongue-Tongue
Indringer 1b Noord-Afrika, Tropiese Afrika, Wes-Asië, Suid-Asië, Indië en China
Grysysterbasbloekom Eucalyptus paniculata Grey ironbark Nuttige boom Sedert 2014 nie gelys. Nuttige boom vir byeboere.[4] Australië
Hemelboom Ailanthus altissima Tree of heaven Indringer 1b China en Taiwan
Himalaja-dwergmispel Cotoneaster simonsii Himalayan cotoneaster Indringer 1b China en die Himalaja
Honderdjaaraalwyn Agave americana Spreading century plant
American agave
Indringer 3: Wes-Kaap
Nie gelys: alle ander provinsies
Meksiko
Hopwattel Acacia stricta Hop wattle Indringer 1a Australië
Heuningprosopis Prosopis glandulosa Heuningprosopis Indringer 1b: Oos-Kaap, Vrystaat, Noordwes en Wes-Kaap
3: Noord-Kaap
Nie gelys: alle ander provinsies
Noord-Amerika en Sentraal-Amerika
Jakaranda Jacaranda mimosifolia Jacaranda Indringer 1b: Gauteng, KwaZulu-Natal, Limpopo, Mpumalanga en Noordwes.
Nie gelys: bome in stedelike gebiede of bome wat binne 50 m van 'n opstal op 'n plaas geleë is nie, vir bome met 'n deursnee van meer as 400 mm by 1000 mm hoogte ten tye van die publikasie van die kennisgewing in die Staatskoerant (26 Julie 2016), op die voorwaarde dat sulke bome nie by 'n rivieroewer geleë is nie.
Argentinië
Inkbessie Ardisia elliptica Shoebutton ardisia
Inkberry
Indringer 1b Indië, China en Suidoos-Asië
Inkbessiebos Cestrum laevigatum Inkberry Indringer 1b Brasilië
Indiese kanna Canna indica Indian shot
Wild canna
Indringer 1b Karibiese gebied en Tropiese Amerika
Jamboes Syzygium jambos Rose apple Indringer 3 Suidoos-Asië
Jambolan Syzygium cumini Jambolan Indringer 1b
Nie gelys: indien die vrug vir menslike gebruik gekweek word.
Asië
Japannese liguster Ligustrum japonicum Japanese wax–leaved privet Indringer 1b: KwaZulu-Natal, Mpumalanga, Limpopo, Oos-Kaap, Wes-Kaap, Gauteng en Noordwes
3: Vrystaat en Noord-Kaap
Korea en Japan
Japanse berberis Berberis thunbergii Japanese barberry
Thunberg's barberry
Red barberry
Indringer 3
Nie gelys: steriele kultivars
Japan
Johanneskruid Hypericum perforatum St. John’s wort
Tipton weed
Indringer 2 Europa en Asië
Johnsongras Sorghum halepense Johnson grass
Aleppo grass
Indringer 2 Mediterreens
Jongsnoekkruid Pontederia cordata Pickerel weed Indringer 1b Noord-Amerika, Sentraal-Amerika en Suid-Amerika
Kabelturksvy Cylindropuntia imbricata Imbricate prickly pear
Imbricate cactus
Indringer 1b Sentraal-Amerika en Noord-Amerika
Kaliforniese liguster Ligustrum ovalifolium Californian privet Indringer 1b: KwaZulu-Natal, Mpumalanga, Limpopo, Oos-Kaap, Wes-Kaap, Gauteng en Noordwes
3: Vrystaat en Noord-Kaap
Japan
Kameeldoringbos Alhagi maurorum Camel thorn bush Indringer 1b Europa en Oos-Asië
Kanariese den Pinus canariensis Canary pine Indringer 3 Kanariese Eilande
Kandelaarplant Bryophyllum delagoense Chandelier plant
Mother of millions
Indringer 1b Madagaskar
Kanferboom Cinnamomum camphora Camphor tree
Camphorwood
Camphor laurel
Indringer 1b: KwaZulu-Natal, Limpopo, Mpumalangaen Oos-Kaap
3: Wes-Kaap
Nie gelys: Nasionale Erfenisbome of Nasionale Monumentbome in terme van die Wet op Nasionale Erfenishulpbronne, 1999, (Wet No. 25 van 1999) in die Oos-Kaap, KwaZulu-Natal, Limpopo, Mpumalanga en die Wes-Kaap.
Oos-Asië
Kangaroewattel Acacia paradoxa Kangaroo wattle Indringer 1a Australië
Karie Eucalyptus diversicolor Karri Indringer 1b: Rivieroewers en bewaringsgebiede
1b: Fynbos, grasveld, savanne, Albanie-ruigte, woudgebiede en Indiese Oseaan kusstrook.
2: Plantasies, brandhoutbospersele, byeboerderye, windskerms, en die voering van paaie.
Nie gelys: Nama-Karoo, Sukkulente Karoo en Woestynbiome.
Nie gelys: op bewerkte grond wat minstens 50 meter vanaf onbewerkte grond is, uitsluitende bome in enige gebied wat reeds as 1b gelys is.
Nie gelys: bome wat binne 50 m van 'n opstal op 'n plaas geleë is en bome met 'n deursnee van meer as 400 mm by 1000 mm hoogte ten tye van die publikasie van die kennisgewing in die Staatskoerant (26 Julie 2016), uitsluitende bome in enige gebied wat reeds as 1b gelys is.
Vrygestel vir bestaande plantasies.
Australië
Karmosynsentrum Cestrum elegans Crimson cestrum Indringer 1b Meksiko
Kasterolieboom Ricinus communis Castor-oil plant Indringer 2 Ekwatoriaal-Afrika
Kasuarisboom Casuarina cunninghamiana Beef wood Indringer 2 Australië
Katedraalklokkie Bryophyllum pinnatum Cathedral bells
Air plant
Curtain plant
Green mother of million
Leaf of life
Indringer 1b Madagaskar en Suidelike Afrika
Katteklouranker Dolichandra unguis-cati Cat's claw creeper Indringer 1b Suid-Amerika
Koejawel Psidium guajava Guava Indringer 2: Plantasies in die Oos-Kaap, KwaZulu-Natal, Limpopo, Mpumalanga en Noordwes.
3: die Oos-Kaap, KwaZulu-Natal, Limpopo, Mpumalanga en Noordwes.
Nie gelys: alle ander provinsies
Nie gelys: indien die vrug vir menslike gebruik gekweek word.
Tropiese gebiede van Suid-Amerika en Sentraal-Amerika
Koraalklimop Antigonon leptopus Coral creeper Indringer 1b Meksiko
Koraalbessieboom Ardisia crenata Coral bush
Coralberry tree
Indringer 1b Asië
Langblaarwattel Acacia longifolia Long-leaved wattle Indringer 1b Australië en Tasmanië
Langdoring Austrocylindropuntia sabulata Long spine cactus Indringer 1b Peru
Lantana Lantana camara Lantana Indringer 1b Suid-Amerika en Sentraal-Amerika
Lebbeckboom Albizia lebbeck Lebbeck tree Indringer 1b Tropiese Asië
Lemoenperdestert Callistemon citrinus Lemon bottlebrush Indringer 1b Australië
Loblollyden Pinus taeda Loblolly pine Indringer 2
Vrygestel vir bestaande plantasies.
Verenigde State van Amerika
Lukwart Eriobotrya japonica Loquat Indringer 1b: Wes-Kaap en Woudbiome.
Nie gelys: stedelike gebiede in die Wes-Kaap. Nie gelys: alle ander provinsies.
Nie gelys: indien die vrug vir menslike gebruik gekweek word.
Japan en China
Luserndodder Cuscuta suaveolens Fringed dodder
Lucern dodder
Indringer 1b Noord-Amerika
Madagaskarsaliehout Buddleja madagascariensis Madagascar sagewood Indringer 3 Madagaskar
Madagaskar-rubberklimop Cryptostegia madagascariensis Madagascar rubber vine Indringer 1b Madagaskar
Madeira wingerdstok Anredera cordifolia Madeira vine
Bridal wreath
Lamb's tails
Potato vine
Indringer 1b Suid-Amerika
Manatoka
Bessieboom
Myoporum tenuifolium Manatoka Indringer 3 Nieu-Kaledonië
Mauritiusdoring
Kraaldoring
Caesalpinia decapetala Mauritius thorn
Mysore thorn
Shoofly
Indringer 1b Asië
Mexikaanse ageratum
Tuinageratum
Ageratum houstonianum Mexican ageratum
Garden ageratum
Indringer 1b Meksiko
Misblom Ageratina riparia Mistflower
Creeping crofton weed
Indringer 1b Meksiko
Motvanger Araujia serifera Moth catcher Indringer 1b Suid-Amerika
Muskietvaring Azolla pinnata Mosquito fern
Pine tree fern
Water velvet
Indringer 1b Afrika, Madagaskar, Indië, Suidoos-Asië, China, Japan, Maleisië, Die Filippyne, Nieu-Guinee en Australië
Nagblom Cereus hexagonus Queen of the night Indringer 1b Suid-Amerika
Nagblom Cereus hildmannianus Queen of the night Indringer 1b Suid-Amerika
Nagblom Cereus jamacaru Queen of the night Indringer 1b Noordoos-Brasilië
Netelboom Celtis australis Nettle tree
European hackberry
Indringer 3 Suidelike Europa, Noord-Afrika en Asië
Nieu-Seelandse perdestert Metrosideros excelsa New Zealand christmas tree Indringer 1a Nieu-Seeland en Australië
Opblaasboontjie
Blaasklimop
Cardiospermum grandiflorum Balloon vine
Heart pea
Indringer 1b Brasilië en Argentinië
Oranjesestrum Cestrum aurantiacum Orange cestrum
Orange-flowering jessamine
Indringer 1a Noord-Amerika en Suid-Amerika
Orgideëboom Bauhinia variegata Orchid tree Indringer 1b: KwaZulu-Natal, Limpopo, Mpumalangaen Oos-Kaap.
3: alle ander provinsies
Asië
Oumansoutbos
Grootsoutbos
Australiesebrakbos
Atriplex nummularia Old man saltbush
Alstons saltbush
Australian saltbush
Indringer 2 Australië
Pampasgras Cortaderia jubata Purple pampas grass
Jubata grass
Indringer 1b Ecuador, Peru en Argentinië
Paradysvoëlblom Caesalpinia gilliesii Bird of paradise flower Indringer 1b Peru, Argentinië, Chili en Uruguay
Paraffienbos Chromolaena odorata Triffid Weed
Siam Weed
Paraffin Weed
Indringer 1b Sentraal-Amerika en Argentinië
Peperboomwattel Acacia elata Pepper tree wattle Indringer 1b Australië
Perdestertboom Casuarina equisetifolia Horsetail tree Indringer 2 Burma, Vietnam, Malaysië, Nieu-Kaledonië, Vanuatu en Australië
Pers wandelende jood[5] Tradescantia zebrina Purple wandering jew Indringer 1b Meksiko
Portjacksonboom Acacia saligna Port Jackson willow Indringer 1b Australië
Pompombossie Campuloclinium macrocephalum Pompom weed Indringer 1b Suid-Amerika
Purperwinde Ipomoea purpurea Morning glory Indringer 1b Tropiese Amerika
Raak-my-nie Mimosa pigra Giant sensitive plant Indringer 1b Brasilië
Radiataden Pinus radiata Radiata pine
Monterey pine
Indringer 2: Plantasies en windskerms
1b: Elders
Nie gelys: nasionale erfenisbome of nasionale monumentbome in terme van die Wet op Nasionale Erfenishulpbronne, 1999 (Wet No. 25 van 1999).
Nie gelys: bome met 'n deursnee van meer as 400 mm by 1000 mm hoogte ten tye van die publikasie van die kennisgewing in die Staatskoerant (26 Julie 2016) vir stedelike gebiede in Kaapstad, Overberg-distriksmunisipaliteit, Kaapse Wynlande-distriksmunisipaliteit, behalwe in oewergebiede waar dit steeds in kategorie 1b is.
Vrygestel vir bestaande plantasies buite die Wes-Kaap.
Noord-Amerika
Rietkaktus Austrocylindropuntia cylindrica Cane cactus
Coral cactus
Indringer 1b Suid-Amerika
Rooibloekom Eucalyptus camaldulensis Red river gum Indringer 1b: Rivieroewers en bewaringsgebiede
1b: Fynbos, grasveld, savanne, Albanie-ruigte, woudgebiede en Indiese Oseaan kusstrook.
2: Plantasies, brandhoutbospersele, byeboerderye, windskerms, en die voering van paaie.
Nie gelys: Nama-Karoo, Sukkulente Karoo en Woestynbiome.
Nie gelys: op bewerkte grond wat minstens 50 meter vanaf onbewerkte grond is, uitsluitende bome in enige gebied wat reeds as 1b gelys is.
Nie gelys: bome wat binne 50 m van 'n opstal op 'n plaas geleë is en bome met 'n deursnee van meer as 400 mm by 1000 mm hoogte ten tye van die publikasie van die kennisgewing in die Staatskoerant (26 Julie 2016), uitsluitende bome in enige gebied wat reeds as 1b gelys is.
Vrygestel vir bestaande plantasies.
Australië
Rooikrans Acacia cyclops Red eye Indringer 1b Australië
Rooivuurdoring Pyracantha crenulata Himalayan firethorn Indringer 1b China
Rooiwatervaring Azolla filiculoides Red water fern Indringer 1b Suid-Amerika
Roseakaktus Cylindropuntia fulgida Boxing glove cactus
Jumping cholla
Indringer 1b Sentraal-Amerika en Noord-Amerika
Rubberklimop Cryptostegia grandiflora Rubber vine Indringer 1b Madagaskar
Salignabloekom Eucalyptus grandis
Eucalyptus saligna
Saligna gum
Rose gum
Indringer 1b: Rivieroewers en bewaringsgebiede
1b: Fynbos, grasveld, savanne, Albany-ruigte, woudgebiede en Indiese Oseaan kusstrook.
2: Plantasies, brandhoutbospersele, byeboerderye, windskerms, en die voering van paaie.
Nie gelys: Nama-Karoo, Sukkulente Karoo en Woestynbiome.
Nie gelys: op bewerkte grond wat minstens 50 meter vanaf onbewerkte grond is, uitsluitende bome in enige gebied wat reeds as 1b gelys is.
Nie gelys: bome wat binne 50 m van 'n opstal op 'n plaas geleë is en bome met 'n deursnee van meer as 400 mm by 1000 mm hoogte ten tye van die publikasie van die kennisgewing in die Staatskoerant (26 Julie 2016), uitsluitende bome in enige gebied wat reeds as 1b gelys is.
Vrygestel vir bestaande plantasies.
Australië
Sambreelden Pinus pinea Stone pine Kompeterende boom Sedert 2014 nie gelys. Mediterreens
Sandhawer Ammophila arenaria Marram grass
Beach grass
Indringer 3 Europa en Noord-Afrika
Seringboom
Maksering
Bessieboom
Melia azedarach Syringa
Cape lilac
Indringer 1b
3: In stedelike gebiede.
Asië tot Australië
Silwerdwergmispel Cotoneaster pannosus Silver leaf Cotoneaster Indringer 1b China
Silwergras
Pampasgras
Cortaderia selloana Common pampas grass Indringer 1b
Nie gelys: steriele kultivars of kruisings
Suid-Amerika
Silwerhakea Hakea sericea Needlebush
Silky Hakea
Indringer 1b Australië
Silwerwattel Acacia dealbata Silver wattle Indringer 2 Australië en Tasmanië
Sintjosefslelie
Trompetlelie
Lilium formosanum St Joseph’s lily
Trumpet lily
Formosa lily
Indringer 1b Taiwan
Sisblom Aristolochia elegans Dutchman’s pipe
Calico flower
Indringer 1b Suid-Amerika en Wes-Indië
Skoenlapperorgideëboom Bauhinia purpurea Butterfly orchid tree Indringer 1b: KwaZulu-Natal, Limpopo, Mpumalanga en Oos-Kaap
3: alle ander provinsies
Asië
Skoefpeulwattel Acacia implexa Screw pod wattle Indringer 1a Australië
Skulpgemmer Alpinia zerumbet Shell ginger
Pink porcelain lily
Indringer 3 Suidoos-Asië
Spaanse riet Alpinia zerumbet Giant reed
Bamboo reed
Spanish reed
Indringer 1b Mediterreens
Styweblaarperdestert Alpinia zerumbet Giant reed
Bamboo reed
Spanish reed
Indringer 1b Mediterreens
Suikerbloekom Eucalyptus cladocalyx Sugar gum Indringer 1b: Rivieroewers en bewaringsgebiede
1b: Fynbos, grasveld, savanne, Albany-ruigte, woudgebiede en Indiese Oseaan kusstrook.
2: Plantasies, brandhoutbospersele, byeboerderye, windskerms, en die voering van paaie.
Nie gelys: Nama-Karoo, Sukkulente Karoo en Woestynbiome.
Nie gelys: op bewerkte grond wat minstens 50 meter vanaf onbewerkte grond is, uitsluitende bome in enige gebied wat reeds as 1b gelys is.
Nie gelys: bome wat binne 50 m van 'n opstal op 'n plaas geleë is en bome met 'n deursnee van meer as 400 mm by 1000 mm hoogte ten tye van die publikasie van die kennisgewing in die Staatskoerant (26 Julie 2016), uitsluitende bome in enige gebied wat reeds as 1b gelys is.
Vrygestel vir 'n bestaande plantasies.
Australië
Swaardvaring Nephrolepis exaltata Sword fern Indringer 1b: KwaZulu-Natal, Mpumalanga, Limpopo, Oos-Kaap en Wes-Kaap
3: Vrystaat, Gauteng, Noordwes en Noord-Kaap.
Noord-Amerika en Sentraal-Amerika
Swartwattel Acacia mearnsii Black wattle Indringer 2
Vrygestel vir bestaande plantasies.
Australië en Tasmanië
Swartysterbasbloekom Eucalyptus sideroxylon Black ironbark
Red ironbark
Indringer by rivieroewers Sedert 2014 nie gelys. Australië
Tipoeboom Tipuana tipu Tipu tree Indringer 3 Brasilië, Bolivia en Argentinië
Tjirden Pinus roxburghii Chir pine
longifolia pine
Indringer 2
Vrygestel vir 'n bestaande plantasies.
Subtropiese Himalaja
Toonboom Toona ciliata Toon tree Indringer 3 Asië
Treurden Pinus patula Patula pine Indringer 2
Vrygestel vir 'n bestaande plantasies.
Meksiko
Treurperdestert Callistemon viminalis Weeping bottlebrush Indringer 1b: Oos-Kaap, KwaZulu-Natal, Limpopo en Mpumalanga
Vrystaat, Gauteng, Noordwes, Noord-Kaap en Wes-Kaap
Nie gelys: steriele kultivars of kruisings
Australië
Treurwilger Salix babylonica Weeping willow Indringer Sedert 2014 nie gelys. China
Tropiese rooiwatervaring Azolla cristata Tropical red water fern Indringer 1b Suid-Amerika
Trosden Pinus pinaster Cluster pine Indringer 2: Plantasies en windskerms
1b: Elders
Nie gelys: nasionale erfenisbome of nasionale monumentbome in terme van die Wet op Nasionale Erfenishulpbronne, 1999 (Wet No. 25 van 1999).
Vrygestel vir bestaande plantasies buite die Wes-Kaap.
Mediterreens
Vaalmimosa Acacia podalyriifolia Pearl acacia Indringer 1b Australië
Vaalpopulier Populus x canescens Grey poplar
Matchwood poplar
Indringer 2 Europa en Asië
Valswitstinkhout Celtis occidentalis Common hackberry Indringer 3 Noord-Amerika
Voëltjiebos Crotalaria agatiflora Canary bird bush
Birdflower
Indringer 1b Tanzanië and Kenia
Wallangarra-wattel Acacia adunca Cascade wattle
Wallangarra wattle
Indringer 1a Australië
Wandelende jood[6] Tradescantia fluminensis Wandering Jew Indringer 1b Suid-Amerika
Wateralisma Alisma plantago-aquatica Mud plantain
Water alisma
Indringer 1b Noord-Afrika
Witakasia Robinia pseudoacacia Black locust Indringer 1b Noord-Amerika
Wilde-aarbei Duchesnea indica Wild strawberry Indringer 1b Indië
Wilderoos Rosa rubiginosa Eglantine
Sweetbriar
Indringer 1b Europa en Asië
Wildetabak Nicotiana glauca Wild tobacco Indringer 1b Suid-Amerika
Wilgerblaarpronkbessie Cotoneaster salicifolius Willow-leaved show-berry Indringer 1b China
Witblom-bloudissel Argemone ochroleuca White-flowered Mexican poppy
Devil’s fig
Texas poppy
Indringer 1b Meksiko
Witmoerbei
Gewone moerbei
Morus alba White mulberry
Common mulberry
Indringer 3
Nie gelys: indien die vrug vir menslike gebruik gekweek word.
Asië
Witpopulier Populus alba White poplar Indringer 2 Europa, Asië and Noord-Afrika

Verwysings

  1. http://www.environment.co.za/weeds-invaders-alien-vegetation/alien-invasive-plants-list-for-south-africa.html
  2. Wiersema, John H.; León, Blanca (2016). World Economic Plants: A Standard Reference, Second Edition. CRC Press. p. 541.
  3. Greater periwinkle, Vinca major. Invasive Species South Africa. URL besoek op 2018-09-22.
  4. "Gums & Bees, a roadmap for landowners in South Africa" (PDF). SANBI. Besoek op 27 Mei 2017.[dooie skakel]
  5. Wandering jew, Tradescantia zebrina. Invasive Species South Africa. URL besoek op 2018-09-22.
  6. ARC-PPRI fact sheet on invasive alien plants and their control in South Africa: Wandering Jew (Tradescantia fluminensis). Landbounavorsingsraad. URL besoek op 2018-09-22.

Bronne

Sien ook

Eksterne skakel

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.