Indrajayavarman
Indrajayavarman of Indravarman IV (Khmer: ឥន្រ្ទវរ្ម័នទី៤), ook bekend as Srindrajayavarman (ស្រីន្រ្ទជ័យវរ្ម័ន), was van 1308 tot 1327 koning van die Khmer-ryk. Hy is opgevolg deur Jayavarmadiparamesvara.[1]:228–229 Volgens die argeoloog Charles Higham was dit die laaste Sanskrit rekord van Angkor.[2]:138–139
Indrajayavarman | |
---|---|
Koning van die Khmer-ryk | |
Bewind | 1308-1327 |
Voorganger | Indravarman III |
Opvolger | Jayavarman IX |
Dinastie | Khmer-ryk |
Geskiedenis
Inligting oor Indrajayavarman is verkry van vier inskripsies en enkele stellings oor die Chinese geskiedenis. Een daarvan, verkry by Bayon en gedateer ná 1327, onthul dat Indrajayavarman se bewind tot in 1327 geduur het. Yuan-Shih, wat deur Pelliot aangehaal word, het gesê ’n Chinese sending het in 1320 na Kambodja gekom om olifante te koop.
Verwysings
- Coedès, George (1968). Walter F. Vella (red.). The Indianized States of Southeast Asia. vert. Susan Brown Cowing. University of Hawaii Press. ISBN 978-0-8248-0368-1.
- Higham, C., 2001, The Civilization of Angkor, Londen: Weidenfeld & Nicolson, ISBN 9781842125847
Eksterne skakels
- Theroyalforums.com
- Info-regenten.de
Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.