Ilse De Vis
Ilse De Vis (Antwerpen, 3 Julie 1981) is 'n Belgiese televisieomroeper. Sy begin haar loopbaan by Belgacom TV, waar sy die eerste digitale omroeper was. Sy bied hier die program Zoom aan, waarvan sy ook die vervaardiger was. Daarna gaan sy na TrendTV (die huidige produksiehuis van Weekendje weg met 5TV), waar sy die internettelevisiekanaal in samewerking met El Horia stig. Sedert 2011 is sy die aanbieder by Kanaal Z waar sy 2 programme aanbied: Z-ondernemen en Immo op Z.
Ilse De Vis | |
Geboorte | 3 Julie 1981 Antwerpen |
---|---|
Nasionaliteit | België |
Beroep(e) | Omroeper, aktrise, model |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Sy is ook 'n model en aktrise (in Ek lief jou).
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.