Ierse See
Die Ierse See (Engels: Irish Sea, Iers-Gaelies: Muir Éireann, Manx-Gaelies: Mooir Vannin, Skots: Erse Sea, Skots-Gaelies: Muir Èireann, Ulster-Skots: Airish Sea, Wallies: Môr Iwerddon; in die antieke tydperk bekend onder sy Latynse naam Oceanus Hibernus; daarnaas ook Manx-see genoem[1]) is 'n seearm van die Noordelike Atlantiese Oseaan wat Ierland (in die weste) van Groot-Brittanje (in die ooste) skei. Die Eiland Man is in die sentrum en Anglesey in die suide van die Ierse See geleë.
Ierse See | |
---|---|
Nasa-Satellietbeeld van die Ierse See | |
Kaart van die Ierse See | |
Koördinate: | 53°N 5°W |
Ligging: | Republiek van Ierland, Verenigde Koninkryk, Eiland Man |
Soort: | See van die Atlantiese Oseaan |
Oppervlakte: | 46 007 km² (17 763 myl²) |
Maksimum diepte: | 175 m (576 vt) |
Volume: | 2 800 km³ (580 myl³) |
Lengte: | 210 km (130 myl) |
Breedte: | 240 km (150 myl) |
Eiland/e: | Eiland Man, Anglesey |
Nedersettings: | Douglas (Man) Dublin (Republiek van Ierland) Blackpool en Liverpool (Engeland) |
Afhangende van die konteks – histories, kultureel en oseanografies – is daar verskillende uitgangspunte waarvolgens die Ierse See se grense afgebaken kan word. Die Internasionale Hidrografiese Organisasie gee die see se oppervlakte volgens suiwer oseanografiese kenmerke as 46 007 km³, insluitende die Sint George's-kanaal.[2] Die see strek oor 'n lengte van 130 myl (210 km) en is 150 myl (240 km) wyd. Dit word in die noorde deur die Noordkanaal (Engels: North Channel) tussen Noord-Ierland en Skotland en in die suide deur die Sint-Georgekanaal tussen die uiterste suidooste van Ierland en Suidwes-Wallis met die Atlantiese Oseaan verbind.
Die diepste punt met 576 voet (175 m) is by die Mull of Galloway (Skotland se mees suidelike punt[3]) geleë, naby die see se verbinding met die Noordkanaal.[4] Belangrike seehawens is die Ierse hoofstad Dublin of Baile Átha Cliath, die Engelse hawestede Blackpool en Liverpool asook die hoofstad van die Eiland Man, Douglas.
Fotogalery
- Brittas Bay maak deel uit van die Ierse graafskap Wicklow se kuslyn
- Die kranse van Howth Head buite Dublin, met die Baily-vuurtoring in die agtergrond
- Die North Hoyle-windplaas in Liverpoolbaai is in 2003 as Engeland se eerste groot hernubare energieprojek op see in bedryf gestel
- Die eerste oggendsonstrale breek deur oor die Mull of Galloway, Skotland
Verwysings
- Irish Sea Conservation Zones: Irish Sea Facts. Besoek op 14 Augustus 2017
- "IHO Marine Regions. Besoek op 14 Augustus 2017". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Desember 2014. Besoek op 14 Augustus 2017.
- Mull of Galloway Trust: The Mull of Galloway Experience. Besoek op 14 Augustus 2017
- "Irish Sea" (in Engels). Encyclopædia Britannica. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Desember 2019. Besoek op 14 Augustus 2017.
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Ierse See.