Ieper

Ieper (Frans: Ypres) is 'n Belgiese stad in die Vlaamse provinsie Wes-Vlaandere. Die stad het 34 978 inwoners (2013). Ieper vervul 'n aantal ekonomiese en kulturele funksies op streeksvlak.

Ieper

Ypres
Dorp
Lakenhalle, Belfort en Sint-Maartenskerk
Lakenhalle, Belfort en Sint-Maartenskerk
Vlag van Ieper
Vlag
Wapen van Ieper
Wapen
Ligging van Ieper in die provinsie Wes-Vlaandere
Ligging van Ieper in die provinsie Wes-Vlaandere
Koördinate: 50°51′05″N 02°53′03″O
LandVlag van België België
Gewes (deelstaat) Vlaandere
Provinsie Wes-Vlaandere
ArrondissementYpres
Regering
  BurgemeesterEmmily Talpe
Oppervlak
  Totaal130,61 km2 (50,43 vk. myl)
Bevolking
  Totaal35 087
  Digtheid270/km2 (700/vk. myl)
Poskode
8900, 8902, 8904, 8906, 8908
Skakelkodes057
Webwerfwww.ieper.be
Ieperse vestingen
Ieper 1581-1588, Braun en Hogenberg

Geskiedenis

Tydens die 14de eeu was dorp bekend vir sy vervaardiging van wol, linne en kantprodukte. Louis XIV van Frankryk het die dorp in 'n sterk fort omskep in 1688. Dit was een van die sterkste forte van die Lae Lande. Later het die stad se kommersiële waarde begin afneem.

Eerste Wêreldoorlog

Twee groot veldslae het tydens die Eerste Wêreldoorlog plaasgevind wat die stad vernietig het. Die stad is later herbou.

  • Eerste Slag van Ypres
  • Tweede Slag van Ypres het op 22 April 1915 plaasgevind.

Besienswaardighede

  • Lakenhalle
  • Sint-Maartenskerk. Die toring is 100 meter hoog.
  • Menenpoort

Geboortes

  • Renaat Landuyt (1958), politikus
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.