Ian Wessels
Ian van Zyl Wessels (14 April 1960 – 19 April 2021)[1] was bekend as 'n radio-omroeper op RSG. Hy was ook staatsaanklaer, regsadviseur vir 'n makelaarsfirma, skrywer, motiveringspreker en komediant. Hy het ook die programme, Loslip en Regsake aangebied.
Hy is op Caledon gebore en later het sy gesin na Paarl verhuis. Hy matrikuleer aan Paarl Gimnnasium en verwerf 'n BA LL.B-graad aan die Universiteit van Stellenbosch. Hy sterf aan pankreaskanker in sy huis in Johannesburg.
Bron
- 'Fynproewer van die taal' met groot liefde onthou. Rapport Weekliks 25 April 2021
Verwysings
- "argiefkopie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 April 2021. Besoek op 28 April 2021.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.