Ian Rankin

Ian Rankin (28 April 1960 -) is 'n Skotse skrywer wat veral met misdaadfiksie, waaronder sy reeks rondom polisie-inspekteur Rebus, internasionale bekendheid verwerf het. Rankin het hom daarnaas as literêre kritikus bekwaam.

Ian Rankin
Gebore28 April 1960
Cardenden, Fife, Skotland
NasionaliteitSkots
BeroepSkrywer
EggenootMiranda
KindersJack en Kit

Vroeë lewe

Rankin is op 28 April 1960 in Cardenden, Fyfe gebore en het die Beath-hoërskool in Cowdenbeath bygewoon. Nadat hy 'n akademiese graad aan die Universiteit van Edinburg behaal het, het Rankin vier jaar lank in Tottenham, Londen gebly en daarna ses jaar lank op die Franse platteland gewoon.[1] In hierdie periode het hy sy loopbaan as skrywer begin. Hy is as dosent vir letterkunde aan die Universiteit van Edinburg aangestel en is danksy sy betrokkenheid by die James Tait Black Memorial Prize steeds aan dié universiteit verbonde.

Voordat hy sy literêre loopban as voltydse skrywer begin het, was Rankin as druiweplukker, varkwagter, belastingbeampte, dranknavorser, hoëtrou-joernalis, sekretaris by 'n kollege en punk-musikus werksaam.[2]

Literêre loopbaan

Rankin was oorspronklik nie van voorneme om hom op misdaadfiksie toe te spits nie en het sy eerste twee romans, Knots and Crosses en Hide and Seek, eerder as hoofstroomboeke beskou wat in die tradisie van Skotse skrywers soos Robert Louis Stevenson en selfs Muriel Spark (die onderwerp vam Rankin se onvoltooide doktorale tesis vir die graad Ph.D.) gestaan het.

Ramkin se Inspector Rebus-romans speel hoofsaaklik in Edinburg af en word as belangrike bydraes tot die genre van Tartan Noir-literatuur beskou. Tien van die romans is as televisiereeks verfilm en deur die Britse ITV-netwerk uitgesaai. Die akteur John Hannah het die hoofrol van Rebus in reeks 1 & 2 vertolk, terwyl Ken Stott die rol in die reekse 3 tot 5 oorgeneem het.

Privaat lewe

Ian Rankin woon tans met sy vrou Miranda in Edinburg. Uit die huwelik is twee seuns gebore, Jack en Kit.

Bibliografie

Tot op datum het Ian Rankin 25 romans, twee bundels met kortverhale, een Original Graphic-roman en een nie-fiksie-boek geskryf, naas 'n inskrywing in Quick Reads in 2009:

JaarRomanNotas
1986The Flood
1987Knots and Crosses1ste Inspector Rebus-roman
1988Watchman
1990Westwind
1991Hide and Seek2de Inspector Rebus-roman
1992Tooth and Nail3de Inspector Rebus-roman
Strip Jack4de Inspector Rebus-roman
A Good Hanging and Other StoriesKortverhale
1993Witch HuntGeskryf onder die skuilnaam Jack Harvey
The Black Book5de Inspector Rebus-roman
1994Bleeding HeartsOnder die skuilnaam Jack Harvey
Mortal Causes6de Inspector Rebus-roman
1995Blood HuntOnder die skuilnaam Jack Harvey
Let it Bleed7de Inspector Rebus-roman
1997Black and Blue8ste Inspector Rebus-roman
bekroon met die Gold Dagger vir fiksie
1998The Hanging Garden9de Inspector Rebus-roman
1999Dead Souls10de Inspector Rebus-roman
2000Set in Darkness11de Inspector Rebus-roman
2001The Falls12de Inspector Rebus-roman
2002Resurrection Men13de Inspector Rebus-roman
bekroon met die Edgar Award
Beggars BanquetKortverhale
2003A Question of Blood14de Inspector Rebus-roman
2004Fleshmarket Close15de Inspector Rebus-roman
2005Rebus's Scotland: A Personal JourneyNie-fiksie
bekroon met die CWA se Cartier Diamond Dagger
2006The Naming of the Dead16de Inspector Rebus-roman
2007Exit Music17de Inspector Rebus-roman
bekroon met die ITV3 Crime Thriller Award
2008Doors Open
2009A Cool HeadQuick Reads 2009
The Complaints1ste Malcolm Fox-roman
Dark EntriesVertigo Crime met John Constantine
2011The Impossible Dead2de Malcolm Fox-roman
2012Standing in Another Man's Grave18de Inspector Rebus- & 3de Malcolm Fox-roman

Verwysings

  1. Ian Rankin: Tooth & Nail. Londen: Orion 1998, bl. vii
  2. January Magazine, April 2005: Profile: Ian Rankin

Eksterne skakels

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.