IJsselmonde (eiland)
IJsselmonde is 'n eiland in die Nederlandse provinsie Zuid-Holland.
![](../I/IJsselmonde_osm.png.webp)
Die IJsselmonde-eiland (die Zwijndrechtse Waard is deel van die eiland)
![](../I/Knooppunt_Ridderkerk_-_RWS_187204.jpg.webp)
Verkeersknooppunt Ridderkerk
![](../I/Classification_yard_Kijfhoek_01.jpg.webp)
Rangeerwerf Kijfhoek naby Heerjansdam
![](../I/Brienenoord_-_panoramio.jpg.webp)
Van Brienenoordbrug in Rotterdam
![](../I/Shell_Pernis_refinery_2019.jpg.webp)
![](../I/Capitulatiemonument_Rijsoord_(1).jpg.webp)
Kapitulasiemonument in Rijsoord
Die eiland word omsluit deur die Nuwe Maas-rivier in die noorde, die Noord-rivier in die ooste en die Ou Maas-rivier in die suide en weste.
Die opgedamde Waaltje-rivier vloei deur IJsselmonde en verdeel die eiland in die suidooste onder in die Zwijndrechtse Waard.
Die eiland is hoogs verstedelik en lê sowat één meter onder seevlak.
Munisipaliteite
IJsselmonde-eiland bestaan uit die volgende ses munisipaliteite:
Oppervlak (km²) | |||||
---|---|---|---|---|---|
Munisipaliteit | Inwoners (2022) |
- totaal | - land | - water | Digtheid |
Albrandswaard | 26 000 | 24 | 22 | 2 | 1 197 |
Barendrecht | 49 000 | 22 | 20 | 2 | 2 488 |
Hendrik-Ido-Ambacht | 32 000 | 12 | 10 | 2 | 3 107 |
Ridderkerk | 47 000 | 25 | 23 | 2 | 2 006 |
Rotterdam-Suid ª [1] | 248 000 | 46 | 41 | 5 | 6 049 |
Zwijndrecht | 45 000 | 23 | 20 | 2 | 2 205 |
Totaal | 447 000 | 152 | 136 | 15 | 3 287 |
ª Rotterdam-Suid is op die linker-Maasoewer van Rotterdam en bestaan uit die bestuursgebiede Charlois, Feyenoord, Hoogvliet, IJsselmonde en Pernis.
Naburige streke
Delfland | Schieland | Krimpenerwaard |
Voorne-Putten | ![]() | Alblasserwaard |
Hoeksche Waard | Eiland van Dordrecht |
Sien ook
- IJsselmonde (dubbelsinnig)
Verwysings
- Gebieden in Rotterdam (2021), AlleCijfers
Eksterne skakels
- Plaatsengids
- Die midde van IJsselmonde: 51°51′N 4°32′O
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.