iBooks Author
iBooks Author is sagteware om e-boeke mee te skryf. Dokumente wat in iBooks Author geskep is kan as ’n PDF-lêer gestoor word of na Apple se iBooks-boekwinkel gepubliseer word. iBooks Author is gratis beskikbaar in die Mac-toepwinkel.
iBooks Author | |
Ontwikkelaar | Apple Inc. |
---|---|
Aanvanklike vrystelling | 19 Januarie 2012 |
Nuutste weergawe | 1.1/ 7 Maart 2012 |
Bedryfstelsel | Mac OS X 10.7.2[1] |
Grootte op skyf | 184 MB |
Beskikbaar in | 19 tale |
Kategorie | Woordverwerker, Lessenaarpublikasie, Digitale verspreiding |
Lisensie | Eiendomsagteware |
Webblad | www.apple.com/ibooks-author |
Apple het iBooks Author op 19 Januarie 2012 tydens ’n spesiale onderwys-gefokusde geleentheid in New York Stad bekend gestel.[2] Terselfdertyd het Apple ook iBooks 2 en ’n nuwe kategorie in die iBooks-boekwinkel vir handboeke bekendgestel.[3] Dit is eiendomsagteware en is slegs beskikbaar vir Mac OS X.
Apple beskryf iBooks Author as ’n hulpmiddel vir “opvoeders en kleiner uitgewers om hul eie boeke te skep”.[2] Dokumente wat in iBooks Author geskep is mag slegs teen ’n koste verkoop word indien dit deur Apple aanvaar en versprei word,[4][5] maar outeurs het steeds die opsie om hul werk elders te versprei indien dit gratis gedoen word.[6]
Baie Aspekte van ’n dokument insluitend teks, lettertipes, kleure, voor- en agtergrondbeelde, interaktiewe dingesies (widgets) en grafieke, kan in Wusiwuk (Wat u sien is wat u kry)-modus geredigeer word. Inhoudsopgawes en woordelyste kan met ’n mate van outomatisering bestuur word. Die gebruikerskoppelvlak en redigereingseienskappe word beskryf as byna identies aan Apple se Keynote en Pages-produkte.[7]
Apple het sy posisie oor die regte van eboeke wat deur iBooks Author geskep is op 3 Februarie 2012 verduidelik om die kontroversie rondom die uitsluitlike verkoop van die eboeke deur die iBooks-boekwinkel aan te spreek. Hulle het gespesifiseer dat slegs boeke wat die .ibooks-agtervoegsel dra blootgestel is aan sulke beperkings.[8] Apple het ook gespesifiseer dat die gebruik van die sagteware om teks of PDF-lêers te skep binne die gebruikersooreenkoms val. Daar word steeds van uitgewers van boeke wat te koop is in die iBooks-boekwinkel verwag om ’n ISBN te koop maar die verspreiding van gratis boeke het nie dieselfde vereiste nie.[9]
Die uitset van iBooks Author is ’n lêerformaat soortgelyk aan die EPUB-standaard, en is die besitreg van Apple en het uitbreidings wat dit verhoed om universeel leesbaar of wysigbaar te wees as ’n EPUB-dokument.[10] Die formaat gebruik ongedokumenteerde, gepatenteerde XML-naamruimtes en ongedokumenteerde uitbreidings vir CSS.[11]
Verwysings
- (en) "Mac-toepwinkel - iBooks Author". Apple Inc. Besoek op 21 Januarie 2012.
- Chloe Albanesius (19 Januarie 2012). "Apple teiken opvoeders via iBooks 2, iBooks Author, iTunes U Toep" (in Engels). PCMag.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Oktober 2018.
- Josh Lowensohn (19 Januarie 2012). "Apple stel iBooks 2 bekend vir digitale handboeke, self-pub-toep (regstreekse blog)" (in Engels). CNET. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 September 2013.
- "Indien u met iBooks Author uitgee, 'besit' Apple u?" (in Engels). Los Angeles Times. 20 Januarie 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Oktober 2018.
- Gary Marshall (20 Januarie 2012). "Prakties: iBooks Author-resensie" (in Engels). TechRadar.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Februarie 2012. Besoek op 28 April 2012.
- (en) Apple wysig EULA vir iBooks: mask geen aanspraak op inhoud, last outeur toe om elders te versprei. 9to5Mac. URL besoek op 4 Februarie 2012.
- Dilger, Daniel. "Eerste indruk: Apple se nuwe iBooks Author" (in Engels). Apple Insider. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Februarie 2017. Besoek op 22 Januarie 2012.
- "Apple dater iBooks Author-lisensie op, verduidelik verkoopsbeperkings" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Junie 2017. Besoek op 28 April 2012.
- "Vier oop vrae omtrent iBooks Author" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 November 2015.
- Bott, Ed (22 Januarie 2012). "Hoe Apple die pop standaard vir digitale boeke saboteer" (in Engels). ZDNet. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Oktober 2014. Besoek op 30 Januarie 2012.
- Daniel Glazman (20 Januarie 2012). "iBooks Author, 'n goeie werktuig maar…" (in Engels). www.glazman.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 April 2020. Besoek op 6 Februarie 2012.