Huis van Zogoe
Die Huis van Zogoe is ’n Europese koningshuis wat gestig is deur Zogoe Pasja, wat in die laat 15de eeu na Mati, Albanië, geïmmigreer het en aangestel is as goewerneur van Mati. Dit het ’n erflike posisie in die Zogoe-familie geword.
Huis van Zogoe | |
---|---|
Landswapen van die Albaniese Koninkryk | |
Land | Albanië |
Titels | Koning van die Albaniërs |
Stigter | Zogoe Pasja |
Laaste Heerser | Zog van Albanië |
Huidige Hoof | Kroonprins Leka |
Stigtingsjaar | 1928 (as koningshuis) |
Afsetting | 1939 |
Etnisiteit | Albanies |
Die beroemdste lid van die dinastie was Zog I, Skanderbeg III, wat in 1928 koning van Albanië geword het. Hy het geheers tot die Italiaanse inval in 1939, waarna hy deur Victor Emmanuel III van Italië afgesit is. Victor Emmanuel het toe heerser van Albanië geword.
Die huidige hoof van die dinastie is koning Zog se seun Leka, kroonprins van Albanië.
Eksterne skakels
- Maison Royale d’Albanie Amptelike webtuiste van die Huis van Zogoe, in Frans.
- Albanese koningsgesin
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.