Huis van Sleeswyk-Holstein-Sonderburg-Glücksburg

Sleeswyk-Holstein-Sonderburg-Glücksburg (Deens: Slesvig-Holsten-Sønderborg-Glucksborg), van Glücksburg in Noord-Duitsland, is ’n lyn van die Huis van Oldenburg wat afstam van koning Christiaan III van Denemarke. Sy lede sluit in die koningshuise van Denemarke en Noorweë, die afgesette koningshuis van Griekeland en die erfgename van die trone van die Verenigde Koninkryk en vyftien ander Statebondryke.

Huis van Glücksburg

Stam af van Huis van Oldenburg
Lande Duitsland, Denemarke, Griekeland en Noorweë
Hoof Christopher, Hertog van Sleeswyk-Holstein
Stigter Friedrich Wilhelm, Hertog van Sleeswyk-Holstein-Sonderburg-Glücksburg
Gestig 1825
Titels Hertog van Sleeswyk-Holstein, Koning van Denemarke, Koning van Griekeland, Koning van Noorweë

Hierdie spesifieke lyn kom van die Hertoë van Sleeswyk-Holstein-Sonderburg-Beck. Die laaste een van hulle het die Hertog van Glücksburg geword en sy titel verander na Frederik Wilhelm, Hertog van Sleeswyk-Holstein-Sonderburg-Glücksburg. Hy was getroud met prinses Louise Caroline van Hesse-Kassel, ’n kleindogter van koning Frederik V van Denemarke.

Nie Hertoë van Beck of van Glücksburg was soewereine heersers nie – hul grond was leengrond van die soewereine Hertoë van Sleeswyk en Holstein – die konings van Denemarke en (voor 1773) die Hertoë van Holstein-Gottorp.

Koninklike wapen van Denemarke.
Koninklike wapen van Griekeland (1936–1973).
Koninklike wapen van Noorweë.

Christiaan IX, die vierde seun van Frederik Wilhelm, is deur die kinderlose koning Frederik VII van Denemarke as opvolger gekies omdat Christiaan getroud was met Frederik se niggie, Louise van Hesse-Kassel. Wilhelm, die tweede seun van kroonprins Christiaan en kroonprinses Louise, is op 30 Maart 1863 gekies as koning van Griekeland. Hy het George I van Griekeland geword. Sy pa het op 15 November 1863 koning van Denemarke geword as Christiaan IX. Prins Karel, die tweede seun van Frederik VIII van Denemarke, Christiaan IX se oudste seun, het op 18 November 1905 koning van Noorweë geword as Haakon VII. Christiaan IX se dogters Alexandra van Denemarke en Dagmar (wat Maria Fjodorowna geword het) het getrou met onderskeidelik Edward VII van die Verenigde Koninkryk en Aleksander III van Rusland. Teen 1914 was Christiaan IX se afstammelinge net so algemeen op Europese trone as dié van koningin Victoria.

Konings van Denemarke, 1863 – hede

Christiaan IX van Denemarke1863–1906.
Frederik VIII van Denemarke1906–1912.
Christiaan X van Denemarke1912–1947.
Frederik IX van Denemarke1947–1972.
Margrethe II van Denemarke1972–2024.
Frederik X van Denemarke2024–hede.

Konings van Griekeland, 1863–1973

George I van Griekeland1863–1913.
Konstantyn I van Griekeland1913–1917, 1920–1922.
Alexander van Griekeland1917–1920.
George II van Griekeland1922–1924, 1935–1947.
Paul van Griekeland1947–1964.
Konstantyn II van Griekeland1964–1973.

Konings van Noorweë, 1905 – hede

Haakon VII van Noorweë1905–1957.
Olav V van Noorweë1957–1991.
Harald V van Noorweë1991 – hede.

Verwysing

Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel en:House of Schleswig-Holstein-Sonderburg-Glücksburg
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.