Huis van Normandië
Die Huis van Normandië is die naam wat gebruik word vir die konings van Engeland ná die Normandiese verowering in 1066. Die invallende Normandiërs en hul nageslag het die Engelse heersersklas vervang. Die adel van Engeland was deel van ’n enkele Franssprekende kultuur en baie het grond weerskante van die Engelse kanaal besit. Die vroeë Normandiese konings van Engeland was as Hertoë van Normandië onderhorig aan die koning van Frankryk. Hulle het Engeland nie noodwendig as hul belangrikste eiendom beskou nie (hoewel dit hulle die titel koning besorg het – ’n belangrike statussimbool).
Huis van Normandië | |
---|---|
Engelse koningshuis | |
Land | Engeland |
Voorganger | Huis van Wessex |
Opvolger | Huis van Plantagenet |
Eerste heerser | Willem die Veroweraar |
Laaste heerser | Stephen of Matilda (betwis) |
Die bewind van die Huis van Normandië het geduur tot met die totstandkoming van die Plantagenet-dinastie in 1154. Dit het Willem die Veroweraar en sy erfgename tot in 1135 ingesluit. Daarna is dit betwis deur Willem se kleinkinders Matilda en Stephen van die Huis van Blois (of die Blesevin-dinastie).
Dit was eers ná die Normandiese verowering dat Engelse monarge volgens die Franse manier genommer is, hoewel die vroeëre gebruik om konings deur byname te onderskei, nie dadelik uitgesterf het nie.
Engelse monarge van die Huis van Normandië
Monarg | Portret | Gebore | Huwelik | Oorlede |
---|---|---|---|---|
Willem I die Veroweraar 25 Desember 1066–1087[1] | c. 1028 Falaise-kasteel seun van Robert I, Hertog van Normandië en Herleva[1] | Matilda van Vlaandere Chapel Notre Dame, Normandië 1053 10 kinders[1] | 9 September 1087 Sint Gervais in Rouen op sowat 59.[1] Begrawe in Etienne-abdy (Abbaye aux Hommes) in Caen | |
Willem II Rufus (Willem le Roux) 26 September 1087–1100[1] | c. 1060 Normandië seun van Willem die Veroweraar en Matilda van Vlaandere[1] | ongetroud | 2 Augustus 1100 New Forest op sowat 40[1] | |
Hendrik I (Henri Beauclerc) 5 Augustus 1100–1135[2] | September 1068 Selby seun van Willem die Veroweraar en Matilda van Vlaandere[2] | (1) Edith van Skotland Westminster-abdy 11 November 1100 vier kinders (2) Adeliza van Louvain Windsor-kasteel 29 Januarie 1121 geen kinders[2] | 1 Desember 1135 Kasteel van Lyons-la-Forêt (Saint-Denis-en-Lyons) op 67.[2] Begrawe in Reading-abdy | |
Stephen I (Étienne de Blois) 22 Desember 1135–1154[3] | c. 1096 Blois seun van Stephen, Graaf van Blois en Adela van Normandië[2] | Matilda van Boulogne Westminster 1125 vyf kinders[2] | 25 Oktober 1154 Dover-kasteel op sowat 58[2] | |
Matilda (Mathilde ou Mahaut l'emperesse) 7 April – 1 November 1141[4] Titel betwis | 7 Februarie 1102 Sutton Courtenay enigste wettige dogter van Hendrik I en Edith van Skotland[5] | (1) Hendrik V, Heilige Romeinse Keiser Mainz 6 Januarie 1114 geen kinders (2) Geoffrey V, Graaf van Anjou Le Mans-katedraal 22 Mei 1128 drie kinders | 10 September 1167 Notre Dame du Pré in Rouen op 65[4] |
Verwysings
Wikimedia Commons bevat media in verband met Huis van Normandië. |
- Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel en:Norman dynasty
- "thePeerage.com – Person Page 10203". Besoek op 25 Oktober 2007.
- "thePeerage.com – Person Page 10204". Besoek op 25 Oktober 2007.
- "STEPHEN (of Blois) – Archontology.org" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Junie 2009. Besoek op 25 Oktober 2007.
- Matilda het dieselfde tyd as Stephen regeer, maar haar bewind is betwis. "thePeerage.com – Person Page 10204". Besoek op 27 Oktober 2007.
- "MATILDA (the Empress) – Archontology.org" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Junie 2009. Besoek op 27 Oktober 2007.