Huis (astrologie)

Die huise in astrologie is die twaalfvoudige verdeling van die horoskoop wat betrekking het op die verskillende lewensterreine. Die stand van ’n planeet weerspieël hiervolgens op watter gebied die planeet werksaam is. Daar is verskeie huisstelsels in gebruik, waarvan dié van Placidus die gewildste is.

’n Kaart van die ontstaan van astrologie.

Ooreenstemming met die sterretekens

Die indeling van die horoskoop in huise het op dieselfde wyse ontstaan as die indeling van die 12 tekens van die diereriem:

  1. Sterretekens: Binne ’n jaar volg die son ’n skynbare baan al met die 12 tekens van die diereriem langs. Hieruit het die vierdelige verdeling ontstaan op die basis van die volgende kardinale punte: die twee nagewenings en die twee sonkeerpunte wat die begin van die 4 seisoene aandui: Ram op 0 grade vir die lente (in die Noordelike Halfrond), die lentepunt genoem, Kreef op 90 grade vanaf die lentepunt vir die somer, Weegskaal op 180 grade vir die herfs en Steenbok op 270 grade vir die winter. Elke kwadrant dek 3 maande.
  2. Huise: Binne ’n dag (24 uur) kom die son op, is hy op sy hoogste punt, gaan hy onder en is hy op sy laagste punt. Hierdie 4 punte dui die 4 belangrikste punte van die 12 huise aan: die assendent (ASC, sonsopkoms), die midhemele (MC, hoogste punt in die middag), die desendent (DESC, die sonsondergang) en die laer midhemele (IC, laagste punt).
Huis 1 = ASC = assendent
Huis 4 = IC = laer midhemele
Huis 7 = DESC = desendent
Huis 10 = MC = midhemele

So het dus ook 4 kwadrante ontstaan wat eweneens opgedeel word in 3 huise elk, en so het die 12 huise ontstaan.

Die 12 huise

Die Latynse name van die huise met hul vertaling, verwante sterretekens, asook die betekenisse en tradisionele assosiasies.

Huis Teken Latyn Vertaling Moderne naam Interpretasie
1steAriesVitaLeweHuis van die SelfFisieke verskyning, karaktertrekke, eerste indrukke, algemene ingesteldheid teenoor die wêreld, ego. ’n Begin, initiatief.
2deTaurusLucrumWeeldeHuis van WaardeMateriële en niemateriële dinge van waarde, geld, besittings, eiendom, oes, selfwaardering.
3deGeminiFratresBroersHuis van KommunikasieLaer opleiding en vroegste omgewing, geestelike vermoëns, broers en susters, die buurt, kort reise en verplasings.
4deCancerGenitorOuer(s)Huis van Gesin en FamilieVoorouers, erfenis, wortels, die moeder of moederfigure, sorg vir die huishouding, die uiteindelike afloop van sake.
5deLeoNatiKindersHuis van PlesierOntspanning, plesierige dinge, spel en dobbel, kinders, liefdesverhoudings, seks, kreatiewe selfuitdrukking.
6deVirgoValetudoGesondheidHuis van GesondheidRoetine, pligte, vaardighede of opleiding, werk, gesondheid en gevoel van welsyn, diensbaarheid aan ander, sorgsaamheid, huisdiere en ander klein diere.
7deLibraUxorEggenoteHuis van LewensmaatsHegte, vertroulike verhoudings van alle soorte, huweliks- en sakevennote, ooreenkomste en kontrakte, diplomatieke sake, openlike vyande, die karaktertrekke wat ons soek in lewensmaats.
8steScorpioMorsDoodHuis van ReïnkarnasieSiklusse van die dood en wedergeboorte, seksuele verhoudings, diepgevoelde verhoudings van alle soorte, gesamentlike beleggings en finansiering, die okkulte, die psigiese, taboes, selftransformasie.
9deSagittariusIterReiseHuis van FilosofieLang reise na die buiteland, kultuur, godsdiens, wette en etiek, hoër opleiding, kennis, ervaring deur ontwikkeling.
10deCapricornusRegnumKoninkrykHuis van Sosiale StatusAmbisies, motiverings, loopbaan, status in die maatskappy, regering, outoriteit, die vader of vaderfiguur, die broodwinner, iemand se openbare verskyning of die indruk wat hy wek.
11deAquariusBenefactaVriendskapHuis van VriendskappeVriende en kennisse, geesgenote, groepe, klubs en verenigings, voordele en rykdom uit ’n loopbaan, iemand se hope en wense.
12dePiscesCarcerGevangenisHuis van Verlies van die SelfMistisisme, afgesonderde plekke soos hospitale en gevangenisse, vir jouself verborge dinge wat vir ander wel duidelik is, ontwyking, geheimhouding, terugtrekking, oordenking en selfopoffering, die onbewuste, onbekende vyande.

Verwysings

Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Nederlandse Wikipedia-artikel nl:Huizen in de astrologie
    This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.