Hotazel

Hotazel is 'n dorpie in die noordeooste van die Noord-Kaap, Suid-Afrika, 60 km van Kuruman.

Hotazel
Dorp
Hotazel se welkombord
Hotazel se welkombord
Hotazel is in Noord-Kaap
Hotazel
Hotazel
 Hotazel se ligging in Noord-Kaap
Koördinate: 27°12′0″S 22°57′0″O
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieNoord-Kaap
DistrikJohn Taolo Gaetsewe
MunisipaliteitJoe Morolong
Oppervlak
  Totaal20,08 km2 (7,75 vk. myl)
Bevolking
 (2011)[1]
  Totaal1 756
  Digtheid87/km2 (230/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
  Wit mense22.6%
  Indiërs/Asiërs0.9%
  Bruin mense14.6%
  Swart mense61.8%
  Ander0.2%
Taal (2011)
  Tswana48.8%
  Afrikaans37.9%
  Engels5.0%
  Suid-Sotho2.8%
  Ander5.6%
Poskode (strate)
8490
Poskode (posbusse)
8490
Skakelkode053

Geskiedenis

Reeds sedert die 1870's is vermoed dat daar groot neerslae mangaan, ystererts en asbes in die omgewing is. In die volgende 70 jaar het geoloë van die Britse, Kaapse en Suid-Afrikaanse regerings en privaat maatskappye die gebied verken. Teen die einde van die Tweede Wêreldoorlog is die ontsaglike rykdom in minerale bevestig en grootskaalse ontginning het eers in 1958 begin. Twee jaar later is die spoorlyn van Sishen na Hotazel verleng.

Die dorp het sy naam gekry toe twee landmeters die gebied uitgemeet het gedurende 1917. Hulle was Dirk Roos en J.W. Waldeck. Een aand na 'n warm dag het Roos in die hotel in sy stoel gaan sit en sy kaart voor hom oopgevou. Nadat hy die posisie na aan die Ga-Mogararivier gemerk het, het hy die plaas wat hy pas opgemeet het "Hot as hell" genoem. Hy het nie geweet dat hy op die rykste mangaanneerslag ter wêreld sit nie.

Distrik

Daar is mangaanmyne by Hotazel en by Black Rock. Mangaanmynbou is die belangrikste deel van die ekonomie.

Sien ook

Bron

  1. "Hoofplek Hotazel". Sensus 2011.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.