Horsham

Horsham (uitspraak /ˈhɔːrʃəm/) is 'n markdorp in die Suidoos-Engelse graafskap Wes-Sussex. Die stad is 50 km suidsuidwes van Londen, 30 km noordwes van Brighton en 42 km noordoos van Chichester.

Horsham
Stad
Die orkesverhoog, middedorp van Horsham.
Die orkesverhoog, middedorp van Horsham.
Horsham is in Engeland
Horsham
Horsham
Koördinate: 51°3′43.2″N 0°19′30″W
LandVlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
LandVlag van Engeland Engeland
GraafskapWes-Sussex
DistrikHorsham
Administratiewe parogieHorsham
Oppervlak
  Totaal11,8 km2 (4,6 vk. myl)
Bevolking
  Totaal50,934
  Digtheid4,322/km2 (11,19/vk. myl)
TydsoneUTC+00:00 (MGT)
  SomertydUTC+01:00 (BST)
Poskodedistrik
RH12
Skakelkodes01403
Webwerfhorsham.gov.uk

Horsham het rondom die Carfax ('n oop voetgangersplein) ontwikkel. Suid van die Carfax is die Causeway. Hierdie straat bestaan uit huise wat in die 17de, 18de en vroeë 19de eeu opgerig is.

In die verlede was Horsham 'n markdorp wat handel dryf in beeste, skape en mielies. Teen die 19de eeu was brouery, baksteenmakery, ystersmelting en drukwerk die dominante nywerhede.

Deesdae is die belangrike nywerhede finansiële dienste, farmaseutiese produkte en tegnologie. Horsham is 'n pendeldorp wat Londen, Lughawe Londen-Gatwick en die Suidooskus bedien.

This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.