Horingsilwer

Horingsilwer (chlorargiriet) is die mineraalvorm van silwerchloried. Dit kom in geoksideerde sones bo-op silwerneerslae voor en kan 'n belangrike silwererts vorm. Dit word in Duitsland, Tjeggië, Engeland, die VSA, Rusland, Meksiko, Chili en Australië aangetref.[2]

Horingsilwer
 
FormuleAgCl 
OnsuiwerhedeI 
Nickel-Strunz (10)3.AA.15  
Kleurkleurloos, heldergroen, grys. Verkleur grys in lig[1] 
Streepwit[1] 
Glansdiamantagtig, harsagtig, wasagtig [1] 
Hardheid1,5-2,5 (Mohs)[1] 
Digtheid5,556 g/cm3[1] 
Optiese eienskappe 
Dubbelbrekingisotroop[1] 
RI-waardesn= 2,071[1] 
Kristalsisteemkubies 
RuimtegroepFm3n 
Strukturbericht-kodeB1 
Nommer225 
Eenheidsela = 5,554(5) Å
* Lys van minerale
Portaal Geologie

Horingsilwer word in Suid-Afrika in die Transvaalmyn naby Delmas in die Victor Khanye Plaaslike Munisipaliteit van die Nkangala-distrik van Mpumalanga aangetref.[1]

Verwysings

  1. "mindat 1014" (in Engels). Besoek op 7 Augustus 2023.
  2. "Chlorargyrite". Dakota Matrix Minerals.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.