Horingdraers
Die Horingdraers (Bovidae) is die grootste familie van ewehoewige soogdiere. Daar is byna 140 spesies en 8 subfamilies in die familie. Dit sluit beeste, bokke, skape en wildsbokke in. Die familie het sowat 20 miljoen jaar gelede in die vroeë Mioseen-tydperk ontstaan.
Bovidae | |
---|---|
'n Swartwitpens | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | Bovidae Gray, 1821 |
Subfamilies | |
Bovinae |
Die familie is wyd verspreid en kom oor al die vastelande van die Aarde, behalwe in Suid-Amerika, Australië en Antarktika voor. Die meeste spesies kom in Afrika voor, maar ook in Asië, terwyl enkele spesies in Europa en Noord-Amerika aangetref word.
Die mees opvallende eienskap van die familie is die onvertakte horings met 'n kern van beenweefsel wat met 'n laag keratien bedek is. By sommige spesies het slegs die bulle horings, by ander het die koeie kleiner horings.
Hulle is almal herkouers, met 'n dubbele maag om plantegroei te kan verteer.
Taksonomie
- Familie Bovidae (Horingdraers)
- Subfamilie Neotraginae
- Subfamilie Peleinae
- Genus Pelea
- Vaalribbok (Pelea capreolus)
- Genus Pelea
- Subfamilie Antilopinae (Egte wildsbokke)
- Subfamilie Cephalophinae (Duikers)
- Subfamilie Alcelaphinae
- Genus Connochaetes: Wildebees
- Genus Damaliscus: Blesbok
- Subfamilie Aepycerotinae
- Genus Aepyceros
- Rooibok (Aepyceros melampus)
- Genus Aepyceros
- Subfamilie Hippotraginae (Perdagtige bokke)
- Subfamilie Reduncinae (Rietbokke en waterbokke)
- Subfamilie Tragelaphinae
- Subfamilie Bovinae (Beesagtiges)
- Subfamilie Caprinae (Bokke)
Eksterne skakels
- Wikispecies het meer inligting verwant aan Horingdraers
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Horingdraers.