Hoogteburg
'n Hoogteburg is 'n burg of kasteel wat op 'n natuurlike heuweltop of begpiek opgerig is. Dié benaming spruit voort uit die kategorisering van kasteelkomplekse volgens hul topografiese ligging. Volgens hierdie onderverdeling kan burge as hoogte- en vlakteburge gekategoriseer word. Die laasgenoemde was gewoonlik deur water omring.
![](../I/Wierschem%252C_Burg_Eltz%252C_2012-08_CN-01.jpg.webp)
Burg Eltz is 'n 12de eeuse hoogteburg wat op 320 m bo seevlak in die Duitse deelstaat Rynland-Palts geleë is
![](../I/Burg_Hohenzollern_mit_Schwarzwald2-b.jpg.webp)
Burg Hohenzollern in die Duitse deelstaat Baden-Württemberg, stamkasteel van die gelyknamige Duitse dinastie
![](../I/Marksburg%252C_Rhein.jpg.webp)
Die kasteel Marksburg troon bo-oor die Rynvallei
![](../I/Blick_auf_Ruine_Aggstein_003.jpg.webp)
Die (gedeeltelike) bouval van die kasteel Aggstein in Neder-Oostenryk
Die bou van hoogteburge was oorspronklik 'n voorreg van die hoë adel.
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.