Hoogste-Alemanniese Duits
Hoogste-Alemannies (Duits: Höchstalemannisch, Alemannies: Hegschtalemannisch) is 'n tak van die Alemanniese dialekte en behoort tot die Duitse taal al is onderlinge verstaanbaarheid met Standaardduits en ander nie-Alemanniese Duitse dialekte baie beperk.
Hoogste-Alemanniese Duits Hegschtalemannisch | ||
---|---|---|
Gepraat in: | Switserland Italië Oostenryk | |
Gebied: | Alpe | |
Totale sprekers: | omstreeks 500 000 | |
Taalfamilie: | Indo-Europees Germaans Wes-Germaans Opperduits Alemanniese Duits Hoogste-Alemanniese Duits | |
Skrifstelsel: | Latynse alfabet | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | geen | |
ISO 639-2: | ||
ISO 639-3: | gsw | |
Hoogste-Alemanniese dialekte word in die Alpe in Switserland gepraat: In die Bernse Boland (Duits: Berner Oberland), in die Duitssprekende dele van die Fribourg Kanton, in die Valais (kyk Walliser Duits) en in die Walser nedersettings (meestal in Switserland maar ook in Italië en in Oostenryk; kyk Walserduits). In die Weste, die Suide en die Suidooste, word die dialekte omring deur Romaanse tale; in die Noorde, deur Hoogalemanniese dialekte.
Eienskappe
Die eiesoortige eienskap van die Hoogste-Alemanniese dialekte is die gebrek aan hiaat diftongifering, byvoorbeeld [ˈʃniː.ə(n)] 'om te sneeu', [ˈb̥uː.ə(n)] 'om te bou' teenoor Hoog-Allemaniese [ˈʃnei̯jə], [ˈb̥ou̯wə]. Die eienskap word verder in die onderstaande tabel geïllustreer:
Hoogste-Alemannies (Senslerdeutsch) | Hoogalemannies (Bernduits) | Standaardduits |
---|---|---|
schnye | schneie | schneien (mit [aɪ]) |
bue | boue | bauen |
'n Ander eienskap is die Erhalt van Deklinasie van predikatiewe byvoeglike naamwoorde:
Hoogste-Alemannies (Senslerdeutsch) | Hoogalemannies (Bernduits) | Standaardduits |
---|---|---|
as isch schöns | äs isch schön | es ist schön |
si isch schöni | si isch schön | sie ist schön |
Baie Hoogalemanniese dialekte het ander werkwoordeindes in die meervoud geval vir al drie persone, byvoorbeeld wir singe(n) 'ons sing', ir singet 'julle sing', si singent 'hulle sing'.
Daar is Hoogalemanniese dialekte wat die -n bewaar het wat in meeste Opperduitse dialekte laat vaar is.
Die Hoogste-Alemanniese dialekte word as die mees konserwatiewe dialekte, die wat die minste verandering as gevolg van klankverskuiwings ondergaan het, van Duits beskou. Die dialek van die Lötschental het byvoorbeeld die drie afsonderlike klasse van swak werkwoorde tot die begin van die 20ste eeu behou (soos in Ou Hoogduits).
In baie Hoogste-Alemanniese dialekte het 'n besondere meervoudsvorm van die vroulike substantiewe aangetref. Anders as in die geval van die vorige eienskappe handel dit heir nie oor 'n argaïese gebruik nie maar 'n innovasie wat moontlik ontstaan het onder die invloed van aangrensende romaanse dialekte:
enkelvoud | meervoud | |
---|---|---|
Hoogste-Alemannies (Senslerdeutsch) | a Tana | zwo Tane |
Hoogste-Alemannies (Berner Oberländisch) | e Tanne | zwo Tanni |
Hoogalemannies (Berndeutsch) | e Tanne | zwo Tanne |
Standaardduits | eine Tanne | zwei Tannen |