Hongbao
Hongbao of rooi koevertjie is een van die items wat tydens die Chinese Nuwejaar geskenk word, en wel hoofsaaklik tydens bainian. Die Kantonese noem 'n hongbao in Standaardkantonees Laj Sie. 'n Getroude persoon gee 'n hongbao aan jonger ongetroude mense. Tydens nuwejaarsbyeenkomste kry benewens jong kinders, ook persone bo sewentig jaar 'n hongbao. Hierin word geld gesit. Soms word hongbao's tydens nuwejaar in Chinatowns uitgedeel deur iemand wat as Caishen aangetrek is.
'n Ander konnotasie van rooi koeverte is naamlik diƩ van omkopery en omkoopgeld. 'n Omkoopbedrag staan naamlik in China ook as 'n "rooi koevert" bekend.[1]
- Hongbao met Fulushou
- Nog 'n voorbeeld van 'n hongbao
Verwysings
- MVO China: corruptie, Rijksdienst voor Ondernemend Nederland, 2013
This article is issued from Wikipedia. The text is licensed under Creative Commons - Attribution - Sharealike. Additional terms may apply for the media files.